HEBREËRS 11:30-31
HEBREËRS 11:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het in God geglo, en daarom het die mure van Jerigo geval nadat die Israeliete sewe dae lank om die mure van Jerigo geloop het. Ragab, die prostituut, het in God geglo, en daarom het sy gesê dat die spioene van die Israeliete welkom is by haar, daarom het sy nie gesterf nie.
HEBREËRS 11:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was. Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
HEBREËRS 11:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie.
HEBREËRS 11:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur geloof het die mure van Jerigo geval, nadat daar vir sewe dae rondom die stad getrek is. Deur geloof het Ragab, die prostituut, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
HEBREËRS 11:30-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur geloof het die mure van Jerigo geval nadat hulle omtrent sewe dae lank omsingel was. Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie omgekom saam met die ongelowiges nie, toe sy die spioene met vrede ontvang het.
HEBREËRS 11:30-31 Die Boodskap (DB)
Op dieselfde manier het die mure van Jerigo inmekaargesak nadat God se mense sewe dae lank elke dag om die stad getrek het. En dan was daar nog Ragab, die straatvrou. Sy het in God geglo en die Israelitiese spioene gehelp. Daarom het God haar nie saam met al die ander ongehoorsame mense van die stad doodgemaak nie.
HEBREËRS 11:30-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat die Israeliete geglo het, het hulle vir sewe dae om Jerigo marsjeer en sy mure het ineengestort. Omdat sy geglo het, het Ragab die prostituut die spioene vriendelik ontvang en nie saam met die mense van haar stad, wat aan God ongehoorsaam was, gesterf nie.