HEBREËRS 10:5-12
HEBREËRS 10:5-12 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie 'n offer en 'n present hê nie, U het my liggaam gemaak en U wil my liggaam hê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. Toe het Ek gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê, o God. Dit is oor My geskryf in die boek waarin u wette is.” Christus het eers gesê: U het nie offers en presente en brand-offers en sonde-offers gevra nie, en U wou nie al hierdie offers hê nie. Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring. Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.” So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek. Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy. En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God
HEBREËRS 10:5-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word — het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
HEBREËRS 10:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: “Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gesê: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.” Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel. Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit.
HEBREËRS 10:5-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sê Hy met sy koms na die wêreld: “Offerande en offergawe wou U nie hê nie, maar 'n liggaam het U vir My voorberei; ja, •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie tevrede gestel nie. Toe het Ek gesê, ‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God! Dit is in die boekrol oor My geskryf.’ ” Eers sê Hy hierbo, “Offerandes en offergawes”, en “brandoffers en reinigingsoffers wou U nie hê, en het U nie tevrede gestel nie” – dit is wat volgens die wet geoffer word. Dan sê Hy: “Kyk, hier is Ek om u wil te doen!” Hy beëindig die eerste, sodat Hy die tweede tot stand kan bring. Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus •Christus, eens en vir altyd. Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit.
HEBREËRS 10:5-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, wanneer Hy in die wêreld kom, sê Hy: Slagoffer en gawe wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei. In brandoffers en sondeoffers het jy geen behae gehad nie. Ek het toe gesê: Kyk, Ek kom (in die boekrol is dit van My geskrywe) om u wil te doen, o God. Hierbo toe hy gesê het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondeoffer wou jy nie hê nie, en jy het geen behae daarin gehad nie; wat deur die wet aangebied word; Toe sê hy: Kyk, ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg, om die tweede te bevestig. Deur watter wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus eens vir altyd. En elke priester staan daagliks en bedien en bring dikwels dieselfde offers, wat nooit die sondes kan wegneem nie. Maar hierdie man, nadat hy een offer vir die sondes vir ewig gebring het, het gaan sit aan die regterhand van God
HEBREËRS 10:5-12 Die Boodskap (DB)
Daarom lees ons in die Skrif dat toe Christus na die wêreld toe gekom het, Hy vir God gesê het: “Allerhande geskenke en offers is nie wat U regtig wil hê nie. Wat U wil hê, is die menslike liggaam wat U vir My gegee het. Diere wat verbrand word ter wille van al die verkeerde dinge wat mense gedoen het, stel U nie in belang nie. Toe het Ek gesê: ‘Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen, net soos daar in die Skrif oor My geskryf is.’” Eers het Christus gepraat oor al die verskillende offers en die diere wat geslag word en dat God dit eintlik nie wil hê nie. (Die wet het wel gesê dat dit gedoen moes word.) Toe het Hy gesê: “Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen.” Hy het die ou offers eenkant toe geskuif om sy eie offer te bring. So het Jesus gedoen wat God wou hê. Hy het eens en vir altyd sy liggaam as ’n offer vir ons gegee. Op dié manier het ons God s’n en net Syne geword. Die priesters sloof hulle elke dag met dieselfde ou offers af. Hulle doen dit dagin en daguit. Die offers kan tog nooit maak dat God nie meer die verkeerde dinge raaksien wat mense doen nie. Maar met Christus is dit baie anders. Hy het net een enkele offer gebring en dit was genoeg vir altyd. Daarna het Hy op die ereplek by God in die hemel gaan sit.
HEBREËRS 10:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom het Christus, toe Hy hierdie wêreld ingekom het, verklaar: “Diere- of graanoffers is nie wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U vir My voorberei het. U was nie tevrede met brandoffers of sonde-offers nie. Toe het Ek gesê: ‘Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil uit te voer – so staan dit van My in die Skrif geskryf.’” Eers sê Hy: “Diere- of graanoffers of brandoffers of sonde-offers wou U nie hê nie en stel U nie tevrede nie” – alhoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil uit te voer.” Hy skaf dus die eerste reëling af om dit met ’n tweede een te vervang. Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is. Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar ons Hoofpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit.