Hebreërs 10:5-12

Hebreërs 10:5-12 ABA

Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie 'n offer en 'n present hê nie, U het my liggaam gemaak en U wil my liggaam hê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. Toe het Ek gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê, o God. Dit is oor My geskryf in die boek waarin u wette is.” Christus het eers gesê: U het nie offers en presente en brand-offers en sonde-offers gevra nie, en U wou nie al hierdie offers hê nie. Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring. Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.” So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek. Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy. En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God