HABAKUK 2:19-20
HABAKUK 2:19-20 Die Boodskap (DB)
Daar wag slegte dinge vir mense wat vir ’n lewelose beeld van hout of klip sê: “Word wakker, kom aan die gang!” ’n Afgodsbeeld kan mos nie vir julle nuwe dinge bekendmaak of goed laat verstaan wat julle vroeër nie verstaan het nie. Nie eens die feit dat die beelde met goud of silwer oorgetrek is, maak dat hulle iets besonders is nie. Hulle bly leweloos! Dit kan julle weet, daar is niemand so besonders soos die Here nie. Hy is by sy volk teenwoordig en daarom moet alle mense op aarde liewer uit respek vir Hom stilbly.
HABAKUK 2:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal sleg gaan met iemand wat vir 'n stuk hout of 'n klip sê: “Jy moet wakker word, jy moet opstaan!” Die beeld kan nie vir hom iets leer nie. Hy het die beeld oorgetrek met goud of silwer, maar die beeld lewe nie. Die Here is in sy gewyde tempel. Almal op die aarde moet stil wees voor Hom.
HABAKUK 2:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie! Maar die HERE is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!
HABAKUK 2:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: “Word wakker!” of vir 'n dooie stuk klip: “Staan op!” Kan 'n afgod jou iets leer? Al is hy met goud of silwer oorgetrek, is daar geen lewe in hom nie. Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!
HABAKUK 2:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee hom wat vir 'n stuk hout sê, ‘Word tog wakker!’ en ‘Staan op!’ vir 'n stom klip. Kan dié ding jou iets leer? Kyk, hy is wel oorgetrek met silwer en goud, maar daar is geen lewensasem in nie. Maar die HERE is in sy •heilige •tempel – wees stil voor Hom, o ganse aarde!”
HABAKUK 2:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee hom wat vir die bos sê: Ontwaak! na die stomme klip: Staan op, hy sal leer! Kyk, dit is oorgetrek met goud en silwer, en daar is glad geen asem daarin nie. Maar die HERE is in sy heilige tempel; laat die hele aarde voor Hom swyg.
HABAKUK 2:19-20 Die Boodskap (DB)
Daar wag slegte dinge vir mense wat vir ’n lewelose beeld van hout of klip sê: “Word wakker, kom aan die gang!” ’n Afgodsbeeld kan mos nie vir julle nuwe dinge bekendmaak of goed laat verstaan wat julle vroeër nie verstaan het nie. Nie eens die feit dat die beelde met goud of silwer oorgetrek is, maak dat hulle iets besonders is nie. Hulle bly leweloos! Dit kan julle weet, daar is niemand so besonders soos die Here nie. Hy is by sy volk teenwoordig en daarom moet alle mense op aarde liewer uit respek vir Hom stilbly.
HABAKUK 2:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wee julle wat vir ’n stuk hout sê: ‘Word wakker! Kom red ons!’ Kan julle by ’n lewelose klip iets leer? Kan ’n stom klip sê wat om te doen? Al is dit oorgetrek met goud en silwer is dit heeltemal sonder lewe. Die HERE is in sy heilige tempel; laat almal op aarde stil wees in sy teenwoordigheid!”