GENESIS 9:20-22
GENESIS 9:20-22 Die Boodskap (DB)
Noag was ’n boer en hy was die eerste mens wat ná die vloed weer ’n wingerd geplant het. Hy het wyn gemaak en daarvan gedrink. Hy het te veel gedrink en dronk geword. Toe het hy sonder klere op sy bed in die tent gaan lê. Toe Gam, die voorvader van al die Kanaäniete, sien dat sy pa kaal in die tent lê, het hy sy twee broers daarvan vertel.
GENESIS 9:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het. Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê. Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
GENESIS 9:20-22 Bybel vir almal (ABA)
Noag was 'n boer en hy het 'n wingerd geplant. Hy het die druiwe gepluk en wyn gemaak. Toe het hy die wyn gedrink en dronk geword. Hy het sy klere uitgetrek en hy het kaal in sy tent gelê. Gam, die voorvader van die Kanaäniete, het gesien Noag was kaal, en hy het na sy pa gekyk. Hy het uit die tent gegaan en hy het dit vir sy broers gaan vertel.
GENESIS 9:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Noag het as landbouer 'n wingerd begin plant. Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê. En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
GENESIS 9:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het. Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê. Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
GENESIS 9:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Noag, 'n man van die grond, was die eerste wat 'n wingerd geplant het. Hy het van die wyn gedrink, dronk geword en homself kaal uitgetrek in sy tent. Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien en dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
GENESIS 9:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Noag het 'n landbouer begin word, en hy het 'n wingerd geplant. Hy het van die wyn gedrink en dronk geword; en hy was ontbloot in sy tent. Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien en dit aan sy twee broers daarbuite vertel.