GENESIS 43:16
GENESIS 43:16 Bybel vir almal (ABA)
Toe Josef vir Benjamin by hulle sien, het hy vir die bestuurder van sy huis gesê: “Bring die manne na my huis. Slag 'n bees en maak kos gaar, want hulle sal vanmiddag saam met my eet.”
GENESIS 43:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.
GENESIS 43:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toe hy sien Benjamin is by hulle, sê hy vir sy hoofamptenaar: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat 'n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.”
GENESIS 43:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Josef vir Benjamin by hulle sien, sê hy vir die hoof van sy huishouding: “Neem die manne na die huis, slag 'n dier en berei dit voor, want hulle gaan vanmiddag saam met my eet.”
GENESIS 43:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die owerste van sy huis: Bring hierdie manne huis toe en maak dood en maak gereed; want hierdie manne sal die middag saam met my eet.