GENESIS 24:7-8
GENESIS 24:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Die Here, die God van die hemel wat my uit my pa se familie en uit my geboorteland laat trek het, het met my gepraat en Hy het vir my belowe: ‘Ek sal hierdie land vir jou nageslag gee.’ Die Here sal sy engel stuur en jy sal hom volg, sodat jy vir my seun daar in my eie land 'n vrou kan kry. As die vrou nie saam met jou wil kom nie, dan kan jy nie doen wat jy belowe het nie. Maar jy moet nooit my seun daarnatoe laat teruggaan nie.”
GENESIS 24:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee — Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal. Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie.
GENESIS 24:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here die God van die hemel het my weggevat uit my familie, uit die wêreld waar ek gebore is, en my met 'n eed beloof: ‘Ek gee hierdie land waar jy nou is, aan jou nageslag.’ Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring. As die vrou nie saam met jou hierheen wil kom nie, is jy vrygestel van hierdie verpligting. Maar jy mag nie my seun laat teruggaan nie.”
GENESIS 24:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my ouerhuis en die land van my herkoms geneem het, en wat aan my 'n belofte gemaak en dit aan my met 'n eed bevestig het deur te sê, ‘Aan jou nageslag gee Ek hierdie land,’ Hy self sal sy engel voor jou uit stuur, en jy sal daar vir my seun 'n vrou gaan haal. As die vrou jou nie wil volg nie, is jy vry van hierdie eed teenoor my. My seun mag jy net nie daarheen terugneem nie.”
GENESIS 24:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE, die God van die hemel, wat my weggeneem het uit die huis van my vader en uit die land van my familie, en wat met my gespreek en vir my gesweer en gesê het: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee; hy moet sy engel voor jou uit stuur, en jy moet daarvandaan vir my seun 'n vrou neem. En as die vrou nie gewillig is om jou te volg nie, dan moet jy van hierdie my eed ontslae raak: bring net my seun daarheen nie terug nie.
GENESIS 24:7-8 Die Boodskap (DB)
Baie lank gelede het die Here, die God van die hemele, my laat wegtrek van my pa se huis en van my mense se land. En die Here het my beloof dat Hy hierdie land waarin ek nou woon, eendag aan my nageslag sal gee. Moet dus nie bang wees nie, want die Here sal sy engel voor jou uitstuur en hy sal jou help om vir Isak ’n vrou te kry. As die jongmeisie nie wil saamkom nie, hoef jy nie verder te soek nie. Dan is jy vry van jou belofte aan my. Jy moet tog net nie my seun daarheen neem nie.”
GENESIS 24:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE, die God van die hemel wat my uit my pa se huis en my geboorteland geroep het, het met ’n eed belowe om hierdie land aan my nageslag te gee. Hy sal sy engel voor jou uitstuur en sorg dat jy daar ’n meisie kry wat met my seun sal trou. Maar as sy onwillig is om saam met jou terug te kom, sal hierdie eed jou nie meer bind nie. Maar jy mag my seun nie daarheen terugneem nie.”