GENESIS 19:12-27
GENESIS 19:12-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mans by Lot sê toe vir hom: “Wie van jou mense is nog hier? Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle uit die plek uit! Ons gaan hierdie plek verdelg. Daar is 'n groot geroep by die Here oor die plek en sy mense, en Hy het ons gestuur om die plek te verdelg.” Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak 'n grap. Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.” Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” Maar hy sê vir hulle: “Asseblief tog, Menere, u was al so goed vir my en u het my al so 'n groot guns bewys deur my lewe te spaar, maar ek sal nie berge toe kan vlug nie. Die ramp sal my inhaal voor ek daar is en ek sal omkom. Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.” Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks aan die ander stede doen voordat jy in die dorpie aangekom het nie.” Dit is waarom hulle die dorpie Soar noem. Net toe die son opkom, het Lot in Soar aangekom. Toe het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reën op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander. Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die Here gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die mans vra toe vir Lot: “Wie van jou mense is nog hier in die stad – 'n skoonseun, jou seuns, jou dogters, of enige iemand van jou? Neem hulle uit hierdie plek, want ons gaan hierdie plek verdelg. Ja, die noodkreet teen hulle by die HERE is groot, en die HERE het ons gestuur om die stad te verdelg.” Lot het uitgegaan en met sy skoonseuns, wat sy dogters as vrou sou neem, gepraat. Hy het gesê: “Maak gereed en gaan uit hierdie plek uit! Want die HERE gaan die stad verdelg.” Maar in sy skoonseuns se oë was dit asof hy gekskeer. Net toe die dag breek, het die engele Lot aangespoor: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is, anders word julle meegesleur oor die sondeskuld van die stad.” Hy het nog gehuiwer, toe gryp die mans hom, sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE Hom oor hom ontferm het. Hulle het hom uitgelei en buite die stad gelaat. Net nadat hulle hulle na buite uitgelei het, sê een van die mans: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moet nêrens in die hele Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die berge, anders word jy meegesleur.” Maar Lot het vir hulle gesê: “Asseblief nie, my Heer! Kyk, u dienskneg het guns gevind in u oë, en U het u troue liefde oorvloedig aan my bewys deur my te laat leef. Ek sal egter nie na die berge kan ontvlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterf nie. Kyk, hierdie dorp is naby genoeg om daarheen te kan vlug, en dit is 'n klein dorpie. Ek wil graag daarheen ontvlug; dit is mos maar klein; dan kan ek my lewe behou.” Hy het hom geantwoord: “Kyk, Ek sal jou ook in hierdie saak tegemoetkom deur nie die dorp waarvan jy praat, te verwoes nie. Vlug vinnig daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.” Daarom word die dorp Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar aankom. Die HERE het op Sodom en Gomorra swael en vuur laat reën wat van die HERE af uit die hemelruim kom. Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. Sy vrou het egter omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Bybel vir almal (ABA)
Die twee mans vra toe vir Lot: “Is hier nog van jou mense? Neem jou skoonseuns, jou seuns en dogters en al jou mense. Neem hulle uit hierdie stad uit, want ons gaan die stad verwoes. Die Here het gehoor wat hierdie stad se mense gedoen het, en Hy het ons gestuur om die plek te verwoes.” Lot het gegaan en met die skoonseuns gepraat wat met sy dogters sou trou. Hy het gesê: “Kom, julle moet uit hierdie plek uitgaan, want die Here gaan die stad verwoes.” Maar sy skoonseuns het gedink Lot maak 'n grap. Toe dit dag word, het die engele vir Lot gesê hy moet gou maak. Hulle het gesê: “Kom, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, sodat die Here jou nie ook straf wanneer Hy die stad straf nie.” Lot het nog 'n bietjie gewag. Toe gryp die twee mans sy hand en sy vrou se hand en sy twee dogters se hande en hulle neem hulle almal tot buite die stad. Die Here wou Lot se lewe spaar. Nadat die twee mans vir Lot en sy mense tot buite die stad gebring het, sê een van die mans: “Julle moet vlug as julle wil lewe! Moenie agtertoe kyk nie, en moenie êrens in die vallei stilstaan nie. Vlug na die berge, anders sal julle sterf!” Maar Lot sê vir hulle: “Nee, Menere, julle was baie vriendelik met my en julle het so baie vir my gedoen om my lewe te red. Maar ek kan nie na die berge vlug nie. Ek sal nie tot daar kan kom nie en ek sal sterf. Hier naby is 'n stad. Dit is klein, maar ek kan tot daar vlug. Laat my asseblief daarnatoe vlug, ek sal daar veilig wees.” Die engel sê toe vir Lot: “Goed, jy mag dit ook doen. Ek sal nie daardie stad verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks doen voor jy daar gekom het nie.” Dit is hoekom hulle daardie stad Soar noem. Toe die son opkom, het Lot in die stad Soar aangekom. Die Here het toe swael wat brand en vuur uit die lug laat val op Sodom en Gomorra. Hy het daardie stede verwoes, en die hele suide van die Jordaan-vallei, ook al die mense wat in die stede gewoon het, en al die plante. Lot se vrou het agtertoe gekyk en toe verander sy in 'n soutpilaar. Abraham het daardie oggend vroeg na die plek gegaan waar die Here met hom gepraat het.
GENESIS 19:12-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad — bring hulle uit die plek uit; want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes. Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer. En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad. En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here! Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie. Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe! En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie. Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar. Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom. En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel, en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei. En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mans by Lot sê toe vir hom: “Wie van jou mense is nog hier? Skoonseuns of seuns of dogters of wie jy ook al in die stad het, vat hulle uit die plek uit! Ons gaan hierdie plek verdelg. Daar is 'n groot geroep by die Here oor die plek en sy mense, en Hy het ons gestuur om die plek te verdelg.” Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg,” maar hulle het gedink Lot maak 'n grap. Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.” Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” Maar hy sê vir hulle: “Asseblief tog, Menere, u was al so goed vir my en u het my al so 'n groot guns bewys deur my lewe te spaar, maar ek sal nie berge toe kan vlug nie. Die ramp sal my inhaal voor ek daar is en ek sal omkom. Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.” Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks aan die ander stede doen voordat jy in die dorpie aangekom het nie.” Dit is waarom hulle die dorpie Soar noem. Net toe die son opkom, het Lot in Soar aangekom. Toe het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reën op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander. Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die Here gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die mans vra toe vir Lot: “Wie van jou mense is nog hier in die stad – 'n skoonseun, jou seuns, jou dogters, of enige iemand van jou? Neem hulle uit hierdie plek, want ons gaan hierdie plek verdelg. Ja, die noodkreet teen hulle by die HERE is groot, en die HERE het ons gestuur om die stad te verdelg.” Lot het uitgegaan en met sy skoonseuns, wat sy dogters as vrou sou neem, gepraat. Hy het gesê: “Maak gereed en gaan uit hierdie plek uit! Want die HERE gaan die stad verdelg.” Maar in sy skoonseuns se oë was dit asof hy gekskeer. Net toe die dag breek, het die engele Lot aangespoor: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is, anders word julle meegesleur oor die sondeskuld van die stad.” Hy het nog gehuiwer, toe gryp die mans hom, sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE Hom oor hom ontferm het. Hulle het hom uitgelei en buite die stad gelaat. Net nadat hulle hulle na buite uitgelei het, sê een van die mans: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moet nêrens in die hele Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die berge, anders word jy meegesleur.” Maar Lot het vir hulle gesê: “Asseblief nie, my Heer! Kyk, u dienskneg het guns gevind in u oë, en U het u troue liefde oorvloedig aan my bewys deur my te laat leef. Ek sal egter nie na die berge kan ontvlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterf nie. Kyk, hierdie dorp is naby genoeg om daarheen te kan vlug, en dit is 'n klein dorpie. Ek wil graag daarheen ontvlug; dit is mos maar klein; dan kan ek my lewe behou.” Hy het hom geantwoord: “Kyk, Ek sal jou ook in hierdie saak tegemoetkom deur nie die dorp waarvan jy praat, te verwoes nie. Vlug vinnig daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.” Daarom word die dorp Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar aankom. Die HERE het op Sodom en Gomorra swael en vuur laat reën wat van die HERE af uit die hemelruim kom. Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. Sy vrou het egter omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die manne vir Lot: Het jy hier nog skoonseuns, seuns, dogters en alles wat jy in die stad het, bring hulle uit hierdie plek. Want ons sal hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot geword het voor die aangesig van die HERE; en die HERE het ons gestuur om dit te vernietig. Lot het uitgegaan en met sy skoonseuns gespreek wat met sy dogters getrou het, en gesê: Staan op, gaan weg uit hierdie plek; want die HERE sal hierdie stad verwoes. Maar hy het gelyk soos iemand wat met sy skoonseuns spot. En toe die môre aanbreek, het die engele vir Lot gehaas en gesê: Staan op, neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is; dat jy nie deur die ongeregtigheid van die stad omkom nie. En terwyl hy vertoef, het die manne sy hand en die hand van sy vrou en die hand van sy twee dogters gegryp; die HERE was hom genadig, en hulle het hom uitgelei en hom buitekant die stad gesit. En toe die hy, hulle na buite gebring het, sê hy: Ontvlug vir jou lewe; kyk nie agter jou nie, en bly nie in die hele vlakte nie; vlug na die berg, dat jy nie verteer word nie. En Lot sê vir hulle: Ag, nie so nie, my Meester! Kyk nou, U kneg het genade in U oë gevind, en U het U barmhartigheid grootgemaak wat U aan my bewys het deur my lewe te red; en ek kan nie na die berg ontvlug nie, sodat die onheil my nie oorval en ek sterwe nie. Kyk nou, hierdie stad is naby om na te vlug, en dit is 'n kleintjie: Ag, laat my daarheen vlug (is dit nie 'n kleintjie nie?) en my siel sal lewe. En hy sê vir hom: Kyk, Ek het jou ook oor hierdie saak behaag, dat Ek hierdie stad, oor wie jy gespreek het, nie sal vernietig nie. Haas jou, vlug daarheen; want ek kan niks doen voordat jy daaraann gekom het nie. Daarom is die naam van die stad Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar ingegaan het. Toe het die HERE swael en vuur op Sodom en Gomorra laat reën vanuit die hemel; Hy het daardie stede omgekeer en die hele vlakte en al die inwoners van die stede en wat op die grond gegroei het. Maar sy vrou het van agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham het die môre vroeg opgestaan na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het.
GENESIS 19:12-27 Die Boodskap (DB)
Toe het die twee mans vir Lot gesê: “Ons sal moet vinnig spring. As daar nog ’n seun of ’n dogter saam met jou in die huis is, moet jy hulle dadelik roep. En as daar nog een van jou mense in die stad is, moet jy hulle nou uit hierdie plek kry. Ons is op die punt om die stad te verwoes. Hierdie stad se sondes is so groot dat die Here ons gestuur het om dit vernietig.” Lot is toe haastig weg na die skoonseuns wat met sy oudste dogters getroud was, en het uitasem vir hulle gesê: “Staan op en gaan dadelik weg, want die Here is op die punt om die stad te vernietig.” Lot se skoonseuns het gelag, want hulle het gedink hy maak ’n grap. Teen dagbreek het die engele Lot aangejaag en gesê: “Nou moet julle regtig baie vinnig vertrek. As jy en jou vrou en die twee dogters nie nou vertrek nie, sal julle saam met die stad vergaan.” Lot het nog aanhou draai. Toe gryp die engele hulle hande en lei hulle na ’n veilige plek buite die stad. Die Here het vir Lot-hulle omgegee; daarom het Hy hulle veilig uitgelei. Toe hulle veilig was, het een van die engele gesê: “Vlug vir julle lewe. Moet net nie omkyk nie en moet nie sommer op enige plek gaan stop nie. Vlug liewers berge toe. Doen dit nou, anders sterf julle almal.” Lot het egter vinnig geantwoord: “Nee, Meneer, dit kan nie gebeur nie. U het my tot nog toe net gehelp. U was albei so goed vir ons en u het ons lewe gespaar. Maar, Meneer, ek kan nie nou berge toe vlug nie. Ek sal dood wees nog voordat ek daar kom. Daar is egter ’n dorpie net agter die eerste bult. Dit is maar ’n klein ou plekkie, maar daar sal ons veilig wees. Niemand sal ons daar kry nie en geen ellende sal ons daar tref nie. So, asseblief, Meneer, laat ons tog daarheen gaan.” Hy het toe geantwoord: “Goed dan, julle kan daarheen vlug. Ek sal aan julle dink en die dorpie nie verwoes nie. Maar maak tog net gou, want ek kan niks doen voordat julle daar is nie.” Daarom noem hulle die dorpie Soar (wat “’n onbeduidende ding” beteken). Die son was net op toe Lot-hulle in Soar aankom. Toe het die hel losgebars. Die Here het swaelvuur op Sodom en Gomorra laat neerreën. Hierdie vuur het alles en almal voor die voet verdelg. Die Here het al die stede in die omgewing heeltemal vernietig, al die inwoners doodgemaak en al die plante tot op die grond verwoes. Niks het oorgebly nie. Lot se vrou het egter omgekyk en onmiddellik in ’n soutpilaar verander. Vroeg die volgende oggend is Abraham terug na die plek waar hy die vorige dag nog met die Here gepraat het.
GENESIS 19:12-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Het jy enige ander bloedverwante hier in die stad?” vra die engele. “Kry hulle uit hierdie plek uit, of dit nou skoonseuns, seuns, dogters of wie ook al is. Ons gaan hierdie plek heeltemal verwoes omdat die mense so sondig is. Daarom het die HERE ons gestuur om die plek te verwoes.” Lot is toe vinnig na sy dogters se aanstaande mans om hulle te vertel: “Maak gou, gaan uit die stad uit! Die HERE gaan dit verwoes!” Maar die jong mans het gedink hy maak ’n grap. Teen dagbreek die volgende dag het die engele by hulle aangedring: “Maak gou! Neem jou vrou en twee dogters wat by jou is uit hierdie plek, anders sal die verwoesting van die stad julle ook tref.” Toe Lot nog talm, gryp die engele sy hand en dié van sy vrou en twee dogters, en lei hulle haastig uit die stad uit, want die HERE was hulle genadig. Buite die stad waarsku een van die engele: “Vlug vir julle lewe! Moet nêrens in die vlakte gaan stilstaan nie! En moenie omkyk nie! Vlug na die berge, anders sal julle doodgaan.” “Ag nee tog, Menere,” pleit Lot. “Julle was nou so goed om my lewe te red en het ook guns aan my betoon. Maar ek sal nie die berge haal nie. Die ramp sal my inhaal en ek sal doodgaan. Kyk, hier naby is ’n klein dorpie. Laat my asseblief tog daarheen vlug. Kyk net hoe klein is dit! Dan sal my lewe gespaar word.” “Goed,” sê die engel, “ek sal aan jou versoek voldoen. Ek sal die klein dorpie spaar. Maar maak gou om daar te kom, want ek kan niks doen voordat jy daar is nie.” Van toe af is die klein dorpie Soar genoem. Net toe die son opkom, het Lot by die dorpie aangekom. Toe het die HERE vuur en brandende swael uit die hemel op Sodom en Gomorra laat neerreën. Hy het hierdie stede en hulle omgewing totaal verwoes met al hulle inwoners en die plante en die diere. Agter hom het Lot se vrou omgekyk en toe in ’n soutpilaar verander. Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die HERE gestaan het.