ESEGIËL 40:28-49

ESEGIËL 40:28-49 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daarna het die man my deur die suidpoort na die binneste voorhof toe gebring, en die suidpoort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Elke poortgebou het 'n toegangsportaal gehad van twaalf en 'n half meter lank en twee en 'n half meter wyd. Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe. Daarna het die man my na die oostekant van die binneste voorhof toe gebring en die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe. Daarna het die man my na die noordpoort toe gebring en dit gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Daar was sykamers, tussenmure en 'n toegangsportaal, en daar was vensteropenings rondom. Die poortgebou was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Sy toegangsportaal was na die buitenste voorhof toe, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante en ag trappe op na die poort toe. Daar was 'n vertrek met sy deuropening in die toegangsportaal van die noordelike binnepoort. Dit is waar die brandoffers afgespoel is. In die toegangsportaal was daar aan weerskante twee tafels waarop die diere vir die brandoffer, die sondeoffer en die skuldoffer afgeslag is. Buite langs die toegangsportaal, by die noordelike poortingang, was daar twee tafels, en aan die ander kant van die toegangsportaal was daar ook twee tafels. Daar was dus aan weerskante van die poortingang vier tafels, altesaam ag, en die slagwerk is op hulle gedoen. Daar was vir die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen 'n driekwart meter in die vierkant en 'n half meter hoog. Die gereedskap waarmee die offerdiere geslag is, is gebêre op lyste van 'n kwart meter breed wat rondom teen die gebou aangebring is, en die vleis vir die offers is op die tafels neergesit. Buitekant die binneste poort, in die binneste voorhof, was die vertrekke van die sangers. Die vertrekke was teen die noordpoort en het suid gekyk. Daar was ook teen die oospoort 'n vertrek, wat noord gekyk het. Die man het vir my gesê: “Een vertrek wat suid kyk, is bedoel vir die priesters wat in die tempel diens doen. Die vertrek wat noord kyk, is bedoel vir die priesters wat by die altaar diens doen. Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok kan na die altaar toe kom om die diens aan die Here te verrig.” Die man het die voorhof gemeet. Dit was vyftig meter in die vierkant. Die altaar was voor die tempel. Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring en die mure weerskante van die portaal se ingang gemeet. Hulle was twee en 'n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en 'n half meter breed aan weerskante. Die portaal was tien meter lank en ses meter breed, en die ingang is bereik deur middel van tien trappe. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.

ESEGIËL 40:28-49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Toe neem hy my na die binneste voorhof, deur die suidpoort. Hy het die suidpoort gemeet: dit was soos die ander afmetings. Die dienskamers, die afskortingsmure en die portaal was soos die ander afmetings. Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Daar was portale reg rondom, vyf-en-twintig el lank en vyf el breed. Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure. Sy buitetrap het agt trappe gehad. Toe neem hy my na die binneste voorhof aan die oostekant. Hy het die poort gemeet; dit was soos die ander afmetings. Die dienskamers, die afskortingsmure en die portaal was soos die ander afmetings. Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Sy buitetrap het agt trappe gehad. Toe neem hy my na die noordpoort. Hy het gemeet, en dit was soos die ander afmetings – die dienskamers, afskortingsmure en die portaal. Dit het vensters reg rondom gehad. Dit was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Die portaal daarvan was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Die buitetrap daarvan het agt trappe gehad. Daar was 'n vertrek waarvan die toegang by die buitenste afskortingsmure van die poort was. Daar het hulle die •brandoffers afgespoel. In die portaal van die poort was daar twee tafels aan hierdie en aan daardie kant om die brandoffers, •reinigingsoffers en •hersteloffers op te slag. Daar langsaan, aan die buitekant, waar 'n mens opklim na die ingang van die noordpoort, was daar twee tafels. En langsaan, aan die ander kant van die poort se portaal, was daar ook twee tafels, altesaam vier tafels aan die een kant en vier tafels aan die ander kant langs die poort – agt tafels waarop geslag kon word. Daar was ook vier tafels van gekapte klip vir die brandoffers, elkeen een en 'n half el lank, een en 'n half el breed en een el hoog. Daarop is die gereedskap neergesit waarmee die brandoffers en ander offers geslag is. Dubbelhake van een handbreedte is oral in die gebou aangebring. Op die tafels sou die vleis vir die offers wees. Buite die binneste poort was daar twee vertrekke in die binneste voorhof – een wat suid front, langs die noordpoort, en een wat noord front, langs die suidpoort. Die man praat toe met my: “Hierdie vertrek wat suid front, is vir die priesters wat verpligtinge by die tempel nakom; en die vertrek wat noord front, is vir die priesters wat verpligtinge by die altaar nakom. Hulle is Sadokiete, uit die geslag van Levi, wat mag nader kom na die HERE om vir Hom diens te verrig.” Hy meet toe die voorhof. Dit was vierkantig, honderd el lank en honderd el breed. Die altaar was voor die tempel. Toe neem hy my na die portaal van die tempel, en hy meet die afskortingsmure van die portaal. Dit was vyf el dik aan albei kante. Die breedte van die poort was veertien el, en die sykante van die poort was drie el aan albei kante. Die lengte van die portaal was twintig el, en die breedte elf el. Met tien trappe kon 'n mens daarheen opklim. Daar was pilare by die afskortingsmure, een aan elke kant.

ESEGIËL 40:28-49 Bybel vir almal (ABA)

Toe neem hy my deur die suid-poort na die binneste oop stuk grond. Toe hy die binneste suid-poort meet, was dit so groot soos die ander poorte. Die kamers en die pilare en die voorportaal was so groot soos die ander kamers en pilare en voorportale. Daar was ook vensters in al die mure. Daar was vensters in al die mure van die poort en die voorportaal. Die poort was 50 el lank en 25 el breed. Elke poort het 'n voorportaal gehad, dit was 25 el lank en vyf el breed. 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om op die oop stuk grond by die buitekant te kom. Daar was palmbome uitgesny op die pilare en 'n mens het teen ag trappe opgegaan in die poort. Toe bring die man my na die binneste oop stuk grond, dit was langs die oostekant. Daar was 'n poort, en hy het die poort gemeet. Dit was so groot soos die ander poorte. Die kamers in die poort en die pilare en die voorportaal was so groot soos die ander kamers en pilare en voorportale. Die voorportaal het ook vensters gehad. Die poort was 50 el lank en 25 el breed. 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om op die oop stuk grond by die buitekant te kom. Daar was palmbome uitgesny op die pilare langs altwee kante, en 'n mens het teen ag trappe opgegaan in die poort. En toe bring die man my na die noord-poort en hy meet die poort. Dit was so groot soos die ander poorte. Daar was kamers en pilare en 'n voorportaal en vensters in al die mure. Die poort was 50 el lank en 25 el breed. 'n Mens kon deur die voorportaal gaan om in die buitenste oop stuk grond te kom, en daar was palmbome uitgesny op die pilare langs altwee kante. 'n Mens het teen ag trappe opgegaan in die poort. Daar was nog 'n kamer. Die kamer se deur was in die voorportaal van die poort. Hulle het die vleis vir die brand-offer daar afgespoel. In die voorportaal van die poort was twee tafels langs elke kant. Hulle het die diere vir die brand-offer en die sonde-offer en die skuld-offer op die tafels geslag. Daar was twee tafels buite, langs die trappe waar 'n mens in die noord-poort ingaan, en daar was twee tafels by die ander kant van die voorportaal van die poort. Daar was vier tafels buite en vier tafels binne-in die poort. Die priesters het die diere vir die offers op die tafels geslag. Die vier tafels waar hulle die diere vir die brand-offer geslag het, was gemaak van gekapte klip. Elke tafel was een en 'n halwe el lank en een en 'n halwe el breed en een el hoog. Daar was lae muurtjies teen die mure van die poort, die lae muurtjies was een handbreedte breed. Die priesters het die diere geslag vir die brand-offer en die ander offers, en hulle het dan hulle gereedskap op die lae muurtjies neergesit. Hulle het die offer-vleis op die tafels neergesit. Langs die buitekant van die binneste poort was daar kamers vir die mense wat moes sing. Dit was op die binneste oop stuk grond. Die een kamer was langs die noord-poort. Die voorkant van die kamer was suid. Die ander kamer was langs die oos-poort. Die voorkant van hierdie kamer was noord. Die man het vir my gesê: “Een van hierdie kamers langs die noord-poort is vir die priesters wat in die tempel werk. Die kamer langs die oos-poort, is vir die priesters wat by die altaar werk. Hulle is almal die nageslag van Sadok. Net hierdie priesters uit die nageslag van Levi mag naby die altaar kom om vir die Here te werk.” Toe het die man die oop stuk grond gemeet. Dit was vierkantig, 100 el lank en 100 el breed. Die altaar was voor die tempel. Daarna het die man my gebring na die voorportaal van die tempel. Hy het die mure langs altwee kante van die deur gemeet. Elke muur was vyf el lank. Die deur by elke kant was drie el breed. Die voorportaal was 20 el lank en elf el breed. Daar was trappe om op te gaan in die voorportaal. Daar was pilare langs altwee kante van die voorportaal.

ESEGIËL 40:28-49 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Verder het hy my deur die suidpoort gebring na die binneste voorhof; en hy het die suidpoort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad. En sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal was volgens dié mate; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el. En daar was voorportale al rondom; die lengte was vyf-en-twintig el en die breedte vyf el. En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte, en sy trap het agt trappies gehad. Daarop het hy my na die binneste voorhof gebring, na die ooste; en hy het die poort gemeet: dit het dieselfde afmetinge gehad. Ook sy sykamers en sy deurposte en sy voorportaal volgens die vorige afmetinge; en dit het vensters gehad, ook sy voorportaal, al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el. En sy voorportaal het na die buitenste voorhof gelê; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad. Daarop het hy my na die noordpoort gebring; en hy het gemeet volgens die vorige afmetinge: sy sykamers, sy deurposte en sy voorportaal; ook het dit vensters gehad al rondom; die lengte was vyftig el en die breedte vyf-en-twintig el. En sy voorportaal was na die buitenste voorhof toe; ook was daar palmbome op sy deurposte aan weerskante; en sy trap het agt trappies gehad. En 'n kamer met sy ingang was by die deurposte by die poorte; daar het hulle die brandoffer afgespoel. En in die voorportaal van die poort was twee tafels aan die een en twee tafels aan die ander kant om daarop die brandoffer en die sondoffer en die skuldoffer te slag. En aan die buitenste symuur, noord van wie na die ingang van die poort opgaan, was twee tafels; en aan die ander symuur wat by die voorportaal van die poort was, twee tafels: vier tafels aan die een en vier tafels aan die ander kant, by die symuur van die poort: agt tafels waar hulle op geslag het. En daar was vier tafels vir die brandoffer, van gekapte klippe, die lengte anderhalf el, en die breedte anderhalf el, en die hoogte een el — daarop het hulle die gereedskap neergesit waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het. En die gaffelvormige hake van 'n handbreedte was aan die binnekant al rondom bevestig; en op die tafels was die offervleis. En buitekant die binneste poort was twee kamers in die binneste voorhof, een aan die symuur van die noordpoort, met die voorkant na die suide toe; een was aan die symuur van die suidpoort, met die voorkant na die noorde toe. En hy het vir my gesê: Hierdie kamer, waarvan die voorkant na die suide lê, is vir die priesters wat die diens van die huis waarneem. En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die HERE mag nader kom om Hom te dien. En hy het die voorhof gemeet: die lengte honderd el en die breedte honderd el, 'n vierkant; en die altaar was voor die huis. Toe het hy my gebring in die voorportaal van die huis; en hy het elke deurpos van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort: drie el aan die een, en drie el aan die ander kant. Die lengte van die voorportaal was twintig el, en die breedte elf el, en dit by die trappe waarmee 'n mens daarheen opgaan; ook was daar pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant.

ESEGIËL 40:28-49 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daarna het die man my deur die suidpoort na die binneste voorhof toe gebring, en die suidpoort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Elke poortgebou het 'n toegangsportaal gehad van twaalf en 'n half meter lank en twee en 'n half meter wyd. Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe. Daarna het die man my na die oostekant van die binneste voorhof toe gebring en die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe. Daarna het die man my na die noordpoort toe gebring en dit gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Daar was sykamers, tussenmure en 'n toegangsportaal, en daar was vensteropenings rondom. Die poortgebou was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. Sy toegangsportaal was na die buitenste voorhof toe, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante en ag trappe op na die poort toe. Daar was 'n vertrek met sy deuropening in die toegangsportaal van die noordelike binnepoort. Dit is waar die brandoffers afgespoel is. In die toegangsportaal was daar aan weerskante twee tafels waarop die diere vir die brandoffer, die sondeoffer en die skuldoffer afgeslag is. Buite langs die toegangsportaal, by die noordelike poortingang, was daar twee tafels, en aan die ander kant van die toegangsportaal was daar ook twee tafels. Daar was dus aan weerskante van die poortingang vier tafels, altesaam ag, en die slagwerk is op hulle gedoen. Daar was vir die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen 'n driekwart meter in die vierkant en 'n half meter hoog. Die gereedskap waarmee die offerdiere geslag is, is gebêre op lyste van 'n kwart meter breed wat rondom teen die gebou aangebring is, en die vleis vir die offers is op die tafels neergesit. Buitekant die binneste poort, in die binneste voorhof, was die vertrekke van die sangers. Die vertrekke was teen die noordpoort en het suid gekyk. Daar was ook teen die oospoort 'n vertrek, wat noord gekyk het. Die man het vir my gesê: “Een vertrek wat suid kyk, is bedoel vir die priesters wat in die tempel diens doen. Die vertrek wat noord kyk, is bedoel vir die priesters wat by die altaar diens doen. Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok kan na die altaar toe kom om die diens aan die Here te verrig.” Die man het die voorhof gemeet. Dit was vyftig meter in die vierkant. Die altaar was voor die tempel. Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring en die mure weerskante van die portaal se ingang gemeet. Hulle was twee en 'n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en 'n half meter breed aan weerskante. Die portaal was tien meter lank en ses meter breed, en die ingang is bereik deur middel van tien trappe. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.

ESEGIËL 40:28-49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Toe neem hy my na die binneste voorhof, deur die suidpoort. Hy het die suidpoort gemeet: dit was soos die ander afmetings. Die dienskamers, die afskortingsmure en die portaal was soos die ander afmetings. Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Daar was portale reg rondom, vyf-en-twintig el lank en vyf el breed. Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure. Sy buitetrap het agt trappe gehad. Toe neem hy my na die binneste voorhof aan die oostekant. Hy het die poort gemeet; dit was soos die ander afmetings. Die dienskamers, die afskortingsmure en die portaal was soos die ander afmetings. Die poort en sy portaal het vensters reg rondom gehad. Die poort was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Sy portaal was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Sy buitetrap het agt trappe gehad. Toe neem hy my na die noordpoort. Hy het gemeet, en dit was soos die ander afmetings – die dienskamers, afskortingsmure en die portaal. Dit het vensters reg rondom gehad. Dit was vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. Die portaal daarvan was aan die buitenste voorhof, met palmette teen die afskortingsmure aan hierdie en aan daardie kant. Die buitetrap daarvan het agt trappe gehad. Daar was 'n vertrek waarvan die toegang by die buitenste afskortingsmure van die poort was. Daar het hulle die •brandoffers afgespoel. In die portaal van die poort was daar twee tafels aan hierdie en aan daardie kant om die brandoffers, •reinigingsoffers en •hersteloffers op te slag. Daar langsaan, aan die buitekant, waar 'n mens opklim na die ingang van die noordpoort, was daar twee tafels. En langsaan, aan die ander kant van die poort se portaal, was daar ook twee tafels, altesaam vier tafels aan die een kant en vier tafels aan die ander kant langs die poort – agt tafels waarop geslag kon word. Daar was ook vier tafels van gekapte klip vir die brandoffers, elkeen een en 'n half el lank, een en 'n half el breed en een el hoog. Daarop is die gereedskap neergesit waarmee die brandoffers en ander offers geslag is. Dubbelhake van een handbreedte is oral in die gebou aangebring. Op die tafels sou die vleis vir die offers wees. Buite die binneste poort was daar twee vertrekke in die binneste voorhof – een wat suid front, langs die noordpoort, en een wat noord front, langs die suidpoort. Die man praat toe met my: “Hierdie vertrek wat suid front, is vir die priesters wat verpligtinge by die tempel nakom; en die vertrek wat noord front, is vir die priesters wat verpligtinge by die altaar nakom. Hulle is Sadokiete, uit die geslag van Levi, wat mag nader kom na die HERE om vir Hom diens te verrig.” Hy meet toe die voorhof. Dit was vierkantig, honderd el lank en honderd el breed. Die altaar was voor die tempel. Toe neem hy my na die portaal van die tempel, en hy meet die afskortingsmure van die portaal. Dit was vyf el dik aan albei kante. Die breedte van die poort was veertien el, en die sykante van die poort was drie el aan albei kante. Die lengte van die portaal was twintig el, en die breedte elf el. Met tien trappe kon 'n mens daarheen opklim. Daar was pilare by die afskortingsmure, een aan elke kant.

ESEGIËL 40:28-49 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En hy het my na die binneste voorhof gebring deur die suidpoort; en hy het die suidpoort gemeet volgens hierdie afmetings; En sy kamertjies en sy deurposte en sy voorportaal volgens hierdie afmetings: en daar was vensters daarin en in sy voorportaal rondom; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed. En die voorportaal rondom was vyf en twintig el lank en vyf el breed. En sy voorportaal was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, en die opgang daarheen het agt trappe gehad. En hy het my in die binneste voorhof gebring na die ooste toe; en hy het die poort gemeet volgens hierdie afmetings. En sy kamertjies en sy deurposte en sy voorportaal was volgens hierdie afmetings: en daar was vensters daarin en in sy voorportaal rondom; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed. En sy voorportaal was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, weerskante en weerskante; en die opgang daarheen het agt trappe gehad. En hy het my na die Noordpoort gebring en dit gemeet volgens hierdie mates; Sy kamers, sy deurposte en sy voorportaal, en sy vensters rondom: die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el. En sy deurposte was na die buitenste voorhof; en palmbome was op sy deurposte, weerskante en weerskante; en die opgang daarheen het agt trappe gehad. En die kamers en die ingange daarvan was by die deurposte van die poorte, waar hulle die brandoffer gewas het. En in die voorportaal van die poort was twee tafels aan die een en twee tafels aan die ander kant, om daarop die brandoffer en die sondoffer en die skuldoffer te slag. En aan die buitekant, as mens opgaan na die ingang van die noordpoort, was twee tafels; en aan die ander kant, wat by die voorportaal van die poort was, was twee tafels. Vier tafels was aan hierdie kant en vier tafels aan die ander kant, aan die kant van die poort; agt tafels, waarop hulle hul offers geslag het. En die vier tafels was van gekapte klip vir die brandoffer, anderhalf el lank en anderhalf el breed en een el hoog; waarop hulle ook die gereedskap neergelê het waarmee hulle die brandoffer en die slagoffer geslag het. En binne was hake, 'n hand breed, rondom vasgemaak, en op die tafels was die vleis van die offer. En buitekant die binnepoort was die kamers van die sangers in die binneste voorhof wat aan die kant van die noordpoort was; en hulle vooruitsig was na die suide: een aan die kant van die oostelike poort met uitsig na die noorde. En hy het vir my gesê: Hierdie kamer waarvan die uitsig na die suide is, is vir die priesters wat die diens van die huis waarneem. En die kamer waarvan die vooruitsig na die noorde is, is vir die priesters, wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok onder die seuns van Levi wat na die HERE nader om Hom te dien. En hy het die voorhof gemeet: honderd el lank en honderd el breed, vierkantig; en die altaar wat voor die huis was. En hy het my na die voorportaal van die huis gebring en elke deur van die voorportaal gemeet: vyf el aan die een en vyf el aan die ander kant; en die breedte van die poort was drie el aan die een en drie el aan die ander kant. Die lengte van die voorportaal was twintig el en die breedte elf el; en hy het my by die trappe gebring waarmee hulle daarop geklim het, en daar was pilare by die deurposte, een aan die een en een aan die ander kant.

ESEGIËL 40:28-49 Die Boodskap (DB)

Daarna het hy my na die binneste ingang van die suidelike toegang geneem. Hy het hierdie opening gemeet. Dit was dieselfde as die ander ingange tot die huis van die Here se terrein. Ook die kamers aan die kante en die ingangsportaal was presies net so groot soos die ander ingange tot die huis van die Here se kamers en portale. Die gebou en die ingangsportaal het ook vensters in gehad, en dit was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. Elke ingang het ’n ingangsportaal gehad na die binneste opening toe. Hierdie portaal was twaalf en ’n half meter lank en twee en ’n half meter wyd. Die ingang het ook ’n ingangsportaal na die buitekant gehad. Daar was tekeninge van palmbome teen die mure. En daar was agt trappe wat jy moes opklim om by die ingang uit te kom. Daarna het die man my na die oostekant toe geneem, na die ingang daar. Hy het hierdie ingang gemeet. Dit was net so groot soos die ander ingange. Die kamers en die mure en die ingangsportaal was ook net so groot soos in die ander ingange. Die gebou en die ingangsportaal het ook vensters gehad. Dit was ook 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. Die gebou het ook ’n ingangsportaal na die buitekant toe gehad. Teen die mure was daar tekeninge van palmbome. ’n Mens moes agt trappe klim om by die ingang te kom. Daarna het die man met my na die noordekant toe gegaan en dit gemeet. Dit was presies net soos die ander drie ingange. Daar was ook kamers en mure en ingangsportale, en vensters reg rondom. Die gebou was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. Sy ingangsportaal was na die buitekant toe, met palmbome teen die mure geverf en agt trappe waarteen jy moet opklim. Daar was ’n ekstra vertrek wat hier gebou is met ’n opening na die ingangsportaal. Hier is die brandoffers afgespoel wat op die altaar verbrand is. In die ingangsportaal was daar twee tafels aan weerskante teen die muur. Hierop is die diere geslag wat verbrand word sodat die Here mense se slegte dade kan vergewe. Buitekant die ingangsportaal was daar ook twee tafels, en aan die ander kant van die ingangsportaal ook. So was daar agt tafels in totaal. Die diere wat geoffer word, is hier afgeslag. Daar was ook vier tafels wat van klip gemaak is. Elkeen van dié tafels was ’n driekwart meter by ’n driekwart meter en ’n half meter hoog. Bokant die tafels was daar rakke. Hier is die messe en ander gereedskap gebêre waarmee die diere afgeslag is. Buite die ingangsportaal was kamers waar die mense kon bly wat in die huis van die Here musiek gemaak het. Die vertrekke was by die ingang aan die noordekant en het suid gekyk. Teen die ingang aan die oostekant was daar ook ’n kamer, wat noord gekyk het. Die man het toe vir my verduidelik: Die vertrek wat suid kyk, is daar sodat die mense wat in die huis van die Here werk, daarin kan bly. Dis net bedoel vir mense wat in die huis van die Here werk. Slegs hulle wat kleinkinders van Levi is, mag in die huis van die Here werk. Die man het toe die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Dié vertrek was 50 meter by 50 meter. Die altaar waarop die offers gebring is, was voor die huis van die Here. Daarna het die man die mure aan weerskante van die voorste deel van die huis van die Here gemeet. Hulle was twee en ’n half meter lank. Die ingang tot die voorste deel was tien meter lank en ses meter breed. ’n Mens kon die ingang bereik deur tien trappe te klim. Aan weerskante van die ingang was daar ’n pilaar teen elke muur.

ESEGIËL 40:28-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Daarna het die man my deur die suidelike ingang na die binneste voorhof toe gebring. Hy het dit gemeet en die afmetings was dieselfde as by die ander ingange. Die sykamers, die tussenmure en toegangsportaal in dié gebou was dieselfde grootte as in die ander. Daar was ook vensteropenings langs die mure en in die voorportaal wat 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd was. Elke poortgebou het ’n toegangsportaal gehad wat twaalf en ’n half meter lank en twee en ’n half meter wyd is. Die voorportaal van die suidelike ingang het op die buitenste voorhof uitgekyk. Die mure was met palms versier, en agt trappe het na die ingang gelei. Daarna het die man my na die oostelike ingang van die binneste voorhof gevat. Hy het die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander. Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as in die ander. Daar was ook vensteropenings langs die mure en in die voorportaal. Die ingang was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. Die voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk. Daar was palmversierings aan die mure aan weerskante, en agt trappe het na die ingang gelei. Daarna het die man my na die noordelike ingang gevat. Hy het dit gemeet, en die afmetings was dieselfde as die ander ingange. Die sykamers, mure en toegangsportaal het dieselfde afmetings as die ander gehad, en daar was ook vensteropenings rondom. Die ingang was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. Sy voorportaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was versierings van palms aan die mure. Agt trappe het na die ingang gelei. ’n Deur het uit die voorportaal na die binneste ingang aan die noordelike kant gelei, na ’n sykamer waar die vleis vir die offers gewas is voor dit na die altaar geneem is. Aan elke kant van hierdie voorportaal was daar twee tafels waar die offerdiere geslag is vir die brandoffer, sonde-offer en skuldoffer. Buite, langs die voorportaal, aan elke kant van die trappe wat na die noordelike ingang opgaan, was nog twee tafels. Aan die ander kant van die trappe was daar ook twee tafels. Daar was dus agt tafels in totaal, vier binne en vier buite. Dis waar die offers opgesny en voorberei is. Daar was ook vir die voorbereiding van die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen ’n driekwart vierkante meter en ’n half meter hoog. Op hierdie tafels is die slagmesse neergesit om die brandoffer en ander offers te slag. Hier was hake, elkeen agt sentimeter lank, wat aan die voorportaal se muur vas is. Die offervleis is op die tafels neergesit. Binne die binneste voorhof was daar twee geboue met vertrekke vir die sangers, een teen die noordelike ingang wat suid kyk en die ander teen die oostelike ingang wat noord kyk. Die man sê toe vir my: “Die gebou langs die noordelike binneste ingang is vir die priesters wat in die tempel werk. Die vertrek langs die suidelike binne ingang is vir die priesters, die nageslag van Sadok, wat by die altaar diens doen. Net hulle alleen van al die Leviete mag voor die altaar kom om die diens aan die HERE te verrig.” Die man het die binneste voorhof gemeet en dit was 50 vierkante meter. Die altaar het daar in die hof voor die tempel gestaan. Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring. Hy het die pilare gemeet wat die struktuur ondersteun, en dit was twee en ’n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en ’n half meter breed aan weerskante. Die portaal was tien meter lank en ses meter breed. Tien trappe het na die ingang gelei. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.