ESEGIËL 1:28
ESEGIËL 1:28 Bybel vir almal (ABA)
Die lig om die vuur was soos die reënboog op 'n reëndag. Dit was die lig wat om die Koning, die Here, is. Toe ek dit sien, het ek gaan lê met my gesig teen die grond. Ek het Iemand gehoor praat.
ESEGIËL 1:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
ESEGIËL 1:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die glans rondom was soos dié van die reënboog in 'n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor 'n stem praat.
ESEGIËL 1:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die helder gloed rondom het gelyk soos 'n reënboog wat in die wolke verskyn op 'n reëndag. Dit is hoe die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk het. Toe ek dit sien, het ek neergeval met my gesig teen die grond. Daarna het ek 'n stem hoor praat.
ESEGIËL 1:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos die voorkoms van die boog wat in die wolk is op die dag van reën, so was die voorkoms van die glans rondom. Dit was die voorkoms van die gelykenis van die heerlikheid van die HERE. En toe ek dit sien, val ek op my aangesig, en ek hoor 'n stem van een wat spreek.
ESEGIËL 1:28 Die Boodskap (DB)
Rondom die Man was die lig so helder dat dit gelyk het of die mooiste veelkleurige reënboog om Hom gedraai was. Ek het toe besef dat dit die Here self was wat in al sy mag aan my verskyn het. En toe ek die Man sien, het ek met my gesig in die stof neergeval. Ek kon nie langer bly staan nie, so het dié gesig my oorweldig. Toe hoor ek iemand wat met ’n helder, duidelike stem met my praat.
ESEGIËL 1:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Reg rondom hom was die lig so helder soos die glans van ’n reënboog tussen die wolke. So het die heerlikheid van die HERE aan my verskyn. Toe ek dit sien, het ek op my gesig op die grond neergeval, en toe het ek gehoor dat iemand met my praat.