EKSODUS 38:17-20
EKSODUS 38:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die voetstukke was van koper en al die relings en hakies was van silwer. Die regop pale was aan hulle bokante met silwer oorgetrek. Die relings waaraan die materiaal vir die mure gehang het, was ook van silwer. Die gordyn by die ingang van die binnehof is gemaak van geweefde linne. Daar was blou, pers en bloedrooi wol ingeweef en dit was ook geborduur. Dit was tien meter breed en soos die hele afskorting van die binnehof reg rondom, twee meter hoog. Dit het aan vier regop pale op vier kopervoetstukke gehang. Die bopunte van die regop pale, die relings tussen die pale waaraan die materiaal gehang het en die hakies wat gebruik is, was alles van silwer. Al die tentpenne waarmee die tabernakel en die mure rondom die voorhof geanker was, was van koper.
EKSODUS 38:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die voetstukke van die staanders was van brons, die hakies en hegplekke van die staanders was van silwer, die plaatwerk aan die bopunte was van silwer. Die staanders is van silwerhegplekke voorsien, al die staanders van die binneplein. Die gordyn by die ingang van die binneplein is van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak – met die kundigheid van 'n borduurder. Dit was twintig el lank en die hoogte oor die volle breedte was vyf el, in ooreenstemming met die behangsels van die binneplein. Die vier staanders en vier voetstukke was van brons. Hulle hakies was van silwer, en die plaatwerk aan die bopunte en hulle hegplekke was van silwer. Al die tentpenne rondom die •tabernakel en die binneplein was van brons.
EKSODUS 38:17-20 Bybel vir almal (ABA)
Hy het die voetstukke van die pale van brons gemaak en die hake en ringe van die pale het hy van silwer gemaak. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en daar was silwer ringe aan al die pale rondom die oop stuk grond. Hy het vir die gordyn in die ingang blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal gebruik. Die gordyn was 20 el lank en vyf el hoog, soos die gordyne rondom die oop stuk grond. Daar was vier pale met vier brons voetstukke en silwer hake. Hy het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer, en ook die ringe. Hy het al die penne rondom die tempel-tent en die oop stuk grond van brons gemaak.
EKSODUS 38:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien. En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte — tewens die breedte van die stof — vyf el, net soos die behangsels van die voorhof. Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer. En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.
EKSODUS 38:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die voetstukke vir die style was van brons, hulle kramme en gordynstokke van silwer. Hulle kopstukke was met silwer oorgetrek. Al die style van die voorhof het silwergordynstokke gehad. Die afskorting in die ingang van die voorhof was tien meter breed en net soos die gordyne van die voorhof was dit twee en 'n half meter hoog. Dit was van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne, netjiese borduurwerk. Daar was ook nog vier style met bronsvoetstukke, en silwerkramme. Die style se kopstukke was met silwer oorgetrek, en die gordynstokke was van silwer. Al die penne rondom die tabernakel en rondom die voorhof was van brons.
EKSODUS 38:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die voetstukke van die staanders was van brons, die hakies en hegplekke van die staanders was van silwer, die plaatwerk aan die bopunte was van silwer. Die staanders is van silwerhegplekke voorsien, al die staanders van die binneplein. Die gordyn by die ingang van die binneplein is van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne gemaak – met die kundigheid van 'n borduurder. Dit was twintig el lank en die hoogte oor die volle breedte was vyf el, in ooreenstemming met die behangsels van die binneplein. Die vier staanders en vier voetstukke was van brons. Hulle hakies was van silwer, en die plaatwerk aan die bopunte en hulle hegplekke was van silwer. Al die tentpenne rondom die •tabernakel en die binneplein was van brons.
EKSODUS 38:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die voetstukke vir die pilare was van koper; die kramme van die pilare en hulle ringe van silwer; en die oortreksel van hulle kapiteins van silwer; en al die pilare van die voorhof was vol silwer. En die behangsel vir die poort van die voorhof was naaldwerk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; en twintig el was die lengte en die hoogte in die breedte vyf el, volgens die behangsels van die voorhof. En hulle pilare was vier en hulle voetstukke van koper vier; hulle kramme van silwer en die oortreksel van hulle kapiteins en hulle ringe van silwer. En al die penne van die tabernakel en van die voorhof rondom was van koper.
EKSODUS 38:17-20 Die Boodskap (DB)
Die voetstukke van al die pale was van koper gemaak. Die hakies waaraan die materiaal gehang het en die gordynstokke waardeur dit geryg is, was alles van silwer. Die gordyn by die ingang na die binnehof aan die oostekant, is gemaak van geweefde linne met blou, pers en bloedrooi weefwerk en borduursel. Dit was nege meter lank en, soos die hele afskorting van die binnehof reg rondom, bykans twee meter hoog. Dit is aan vier pale met hulle voetstukke van koper gehang. Die pale se bopunte, die hakies wat gebruik is en die gordynstokke waaraan dit hang, was van silwer. Die tentpenne waarmee die tent en die gordyn geanker is, is van koper gemaak.