EKSODUS 36:2-3
EKSODUS 36:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het toe vir Besaleël en Oholiab geroep en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid gegee het, almal wat aangebied het om die werk te doen. Hulle het van Moses al die offergawes ontvang wat deur die Israeliete gebring is om die heiligdom op te rig. Die volk het elke oggend nog vrywillige offers na Moses toe gebring.
EKSODUS 36:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Moses het vir Besaleël en Oholiab geroep, en ook al die ander ambagsmanne vir wie die Here vaardig gemaak het, elkeen wat wou help om te werk. Moses het hulle geroep om nader te kom om die werk te kom doen. Moses het vir hulle al die presente gegee wat die Israeliete gebring het vir die werk by die tempel. Die Israeliete het elke oggend nog presente na Moses toe gebring.
EKSODUS 36:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak. En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring.
EKSODUS 36:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het Besaleël en Oholiab toe ontbied, en ook elke vaardige persoon in wie se hart die HERE wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom daartoe gebring het om aan te meld vir die uitvoering van die taak. Om dit te kon doen, het hulle elke •wydingsgeskenk wat die Israeliete gebring het vir die werk aan die oprigting van die heiligdom, van Moses ontvang. Die Israeliete het steeds elke oggend vrywillige offers vir hom gebring.
EKSODUS 36:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het Besáleël en Oholiab geroep en elke wyse van hart in wie se hart die HERE wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom aangespoor het om na die werk te gaan om dit te doen. En hulle het van Moses al die offer ontvang wat die kinders van Israel gebring het vir die werk van die diens van die heiligdom, om dit mee te maak. En hulle het nog elke môre gratis-offers vir hom gebring.
EKSODUS 36:2-3 Die Boodskap (DB)
Moses het Besaleël en Oholiab laat kom en almal wat bekwaam was en daarvoor kans gesien het om die werk te doen. Moses het die boumateriaal wat die Israeliete gegee het, vir hulle beskikbaar gestel om met die werk te begin. Die volk het egter aangehou om elke oggend weer nuwe voorraad te bring.
EKSODUS 36:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het toe Besaleël en Oholiab laat kom saam met al die ander vir wie God toegerus het en wat gewillig was om die werk te doen. Hulle het by Moses alles gekry wat die Israeliete gegee het om die heiligdom te bou. Die volk het elke oggend nog meer vrywillige offers gebring.