EKSODUS 34:4-8
EKSODUS 34:4-8 Bybel vir almal (ABA)
Moses het toe twee plat klippe gekap wat soos die eerste twee klippe gelyk het. Hy het vroeg die oggend opgestaan en teen Sinai-berg opgegaan soos die Here vir hom gesê het. Hy het die twee plat klippe saam met hom geneem. Die Here het toe in 'n wolk afgekom na die berg. Hy het by Moses gaan staan en Hy het sy Naam “die Here” hard gesê. Die Here het voor Moses verbygegaan en Hy het hard gesê: “Ek is die Here! Ek is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en Ek is genadig. Ek is baie geduldig en vol liefde. Ek doen wat Ek belowe het. Ná 1 000 geslagte sal Ek nog altyd lief wees vir mense. Ek vergewe mense wanneer hulle verkeerd doen en opstandig is en sonde doen. Maar as Ek wil, dan sal Ek iemand straf wat skuldig is. As die pa verkeerd gedoen het, dan straf Ek ook sy kinders en kleinkinders en hulle kinders.” Moses het vinnig op die grond gekniel en hy het voor die Here gebuig.
EKSODUS 34:4-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem. En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep. En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
EKSODUS 34:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het toe twee plat klippe soos die voriges gekap. Nadat hy vroeg die oggend opgestaan het, het hy net soos die Here hom beveel het, Sinaiberg uitgeklim met die twee plat klippe in sy hand. Die Here het in 'n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep. Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” Moses het toe vinnig gebuig in eerbied
EKSODUS 34:4-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hy twee kliptafels soos die eerstes uitgekap het, het Moses vroeg die oggend opgestaan en teen die berg Sinai uitgeklim, net soos die HERE hom beveel het. Hy het die twee kliptafels met hom saamgeneem. Die HERE het in die wolk neergedaal en daar by hom plek ingeneem en die Naam “die HERE” uitgeroep. Die HERE het reg voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Die HERE, die HERE, 'n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid, wat troue liefde vir duisende bly handhaaf, wat skuld, oortreding en sonde vergewe, maar wat beslis niks ongestraf laat nie, wat vir die sondeskuld van ouers, kinders en kleinkinders laat boet, ook die derde en vierde geslag. ” Moses het haastig op die grond gekniel en in aanbidding gebuig.
EKSODUS 34:4-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het twee kliptafels gekap soos die eerstes; En Moses het die môre vroeg opgestaan en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem. En die HERE het in die wolk neergedaal en daar by hom gaan staan en die Naam van die HERE uitgeroep. En die HERE het voor hom verbygegaan en uitgeroep: Die HERE, die HERE God, barmhartig en genadig, lankmoedig en oorvloedig van goedheid en waarheid! Bewaar barmhartigheid vir duisende, vergewe ongeregtigheid en oortreding en sonde, en dit sal geensins die skuldiges skoonmaak nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. En Moses het hom gou gemaak en sy hoof na die aarde gebuig en aanbid.
EKSODUS 34:4-8 Die Boodskap (DB)
Moses het toe twee plat klippe uitgekap wat net soos die eerstes gelyk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het en die oggend vroeg opgestaan. Hy het teen Sinaiberg uitgeklim met die klippe in sy hand. Die Here het in ’n wolk afgekom en by Moses gaan staan. Hy het sy Naam “Die Here” uitgeroep. Terwyl die Here by Moses verbygaan, roep Hy uit: “Ek is die Here. Ek is die God wat mense help. Ek is jammer vir mense en geduldig met hulle. Ek bly altyd getrou. Jy kan op My reken. Ek bly getrou aan derduisende mense. Ek vergeet alles wat hulle verkeerd gedoen het. Maar Ek laat nie met My mors nie. Ek straf die kinders en die agterkleinkinders vir oortredings van die ouers wat nie na My wou luister nie. Ek onthou wat hulle verkeerd gedoen het vir ’n hele paar geslagte daarna.” Moses het dadelik op sy knieë gegaan en tot die Here begin bid.
EKSODUS 34:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het toe twee plat klippe soos die eerstes gereed gekry. Hy het vroeg die oggend opgestaan en teen die berg begin uitklim, soos die HERE vir hom gesê het. Hy het die twee plat klippe in sy hande gedra. Die HERE kom toe in ’n wolk af, gaan staan by Moses en roep hardop sy eie Naam, “die HERE”, uit. Terwyl Hy by Moses verbybeweeg, het Hy uitgeroep: “Ek is die HERE. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou. Ek bly vol liefde oor al die geslagte. Ek vergeef alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verbygaan nie. Ek straf selfs die kinders tot in die derde en vierde geslag daarna vir die sonde wat hulle voorouers gedoen het.” Moses het diep vooroor gebuig en begin bid.