Moses het toe twee plat klippe gekap wat soos die eerste twee klippe gelyk het. Hy het vroeg die oggend opgestaan en teen Sinai-berg opgegaan soos die Here vir hom gesê het. Hy het die twee plat klippe saam met hom geneem. Die Here het toe in 'n wolk afgekom na die berg. Hy het by Moses gaan staan en Hy het sy Naam “die Here” hard gesê. Die Here het voor Moses verbygegaan en Hy het hard gesê: “Ek is die Here! Ek is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en Ek is genadig. Ek is baie geduldig en vol liefde. Ek doen wat Ek belowe het. Ná 1 000 geslagte sal Ek nog altyd lief wees vir mense. Ek vergewe mense wanneer hulle verkeerd doen en opstandig is en sonde doen. Maar as Ek wil, dan sal Ek iemand straf wat skuldig is. As die pa verkeerd gedoen het, dan straf Ek ook sy kinders en kleinkinders en hulle kinders.” Moses het vinnig op die grond gekniel en hy het voor die Here gebuig.
Lees Eksodus 34
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Eksodus 34:4-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's