EKSODUS 34:29-33
EKSODUS 34:29-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom. Eers toe Moses hulle nader roep, het Aäron en al die leiers van die volk na hom toe gekom, en hy het met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig met 'n doek toegemaak.
EKSODUS 34:29-33 Bybel vir almal (ABA)
Moses het afgekom van Sinai-berg. Hy het die twee plat klippe in sy hande gedra. Die tien gebooie was op die klippe. Moses se gesig het geblink omdat God met hom gepraat het, maar Moses het dit nie geweet nie. Aäron en al die Israeliete het gesien dat Moses se gesig blink, en hulle was bang om naby hom te kom. Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die leiers van die volk het na hom toe gekom. Moses het met hulle gepraat. Daarna het al die ander Israeliete ook nader gekom, en Moses het vir hulle alles gesê wat die Here met hom op Sinai-berg gepraat het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig toegemaak met 'n sluier.
EKSODUS 34:29-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Moses van die berg Sinai afdaal — die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal — het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie. En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom. Maar Moses het hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moses het met hulle gespreek. En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai. Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek.
EKSODUS 34:29-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie. Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom. Eers toe Moses hulle nader roep, het Aäron en al die leiers van die volk na hom toe gekom, en hy het met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig met 'n doek toegemaak.
EKSODUS 34:29-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Moses van die berg Sinai afkom – die twee kliptafels met die Getuienis was in Moses se hand toe hy van die berg afkom – het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig stralend was omdat hy met God gepraat het nie. Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, was die vel van sy gesig stralend! Hulle was toe te bang om naby hom te kom. Maar Moses het na hulle geroep, en Aäron en al die leiers in die volksvergadering het teruggedraai na hom, en toe het Moses met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete ook nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE vir hom op die berg Sinai gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek.
EKSODUS 34:29-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Moses van die berg Sinai afklim met die twee getuienistafels in Moses se hand, toe hy van die berg afklim, het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink terwyl hy met hom praat nie. En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink; en hulle was bang om naby hom te kom. En Moses het hulle geroep; en Aäron en al die owerstes van die vergadering het na hom teruggekeer, en Moses het met hulle gespreek. En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles opdrag gegee wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai. En totdat Moses klaar met hulle gepraat het, het hy 'n sluier oor sy gesig gesit.
EKSODUS 34:29-33 Die Boodskap (DB)
Toe Moses van die berg Sinai afkom met die plat klippe in sy hand - die bewys van hulle ooreenkoms met God - het Moses nie geweet dat die vel op sy gesig geblink het nadat hy met God gepraat het nie. Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, en hulle sien ook hoe sy gesig blink, het hulle bang geword om naby hom te kom. Moses het hulle egter nader geroep. Toe Aäron en al die mans nader kom, het Moses met hulle begin praat. Toe al die Israeliete by hom was, het Moses alles wat die Here vir hom op die berg Sinai gesê het, aan hulle oorgedra. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy ’n doek oor sy gesig gesit.
EKSODUS 34:29-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het van Sinaiberg afgeklim met die twee plat klippe waarop die bepalings van die verbond geskryf was in sy hande. Toe hy afklim, het hy nie geweet dat sy gesig blink omdat God met hom gepraat het nie. Aäron en die Israeliete het gesien hoe sy gesig blink en was bang om naby hom te kom. Moses het hulle egter nadergeroep. Toe Aäron en die leiers naderkom, het hy met hulle begin praat. Die hele volk het nadergekom, en Moses het alles oorvertel wat die HERE vir hom op Sinaiberg gesê het. Nadat Moses met hulle gepraat het, het hy ’n doek oor sy kop gegooi.