Eksodus 34:29-33

Eksodus 34:29-33 AFR20

Toe Moses van die berg Sinai afkom – die twee kliptafels met die Getuienis was in Moses se hand toe hy van die berg afkom – het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig stralend was omdat hy met God gepraat het nie. Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, was die vel van sy gesig stralend! Hulle was toe te bang om naby hom te kom. Maar Moses het na hulle geroep, en Aäron en al die leiers in die volksvergadering het teruggedraai na hom, en toe het Moses met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete ook nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE vir hom op die berg Sinai gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek.

Video vir Eksodus 34:29-33