EKSODUS 28:1
EKSODUS 28:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar hulle moet na jou toe kom. Ek het hulle gekies om priesters vir My te wees.
EKSODUS 28:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAN moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.
EKSODUS 28:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy moet jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar na jou toe laat kom uit die volk Israel uit en hulle aanstel om My as priesters te dien.
EKSODUS 28:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Jy self moet dan jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die geledere van die Israeliete na jou laat nader kom, sodat hy as priester vir My kan optree. Dit is Aäron, en ook Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron.
EKSODUS 28:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En neem jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die kinders van Israel na jou toe, dat hy vir my die priesteramp kan bedien, naamlik Aäron, Nadab en Abíhu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron.