EKSODUS 26:31-32
EKSODUS 26:31-32 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet vir die tempel-tent 'n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur. Julle moet vier doringhout-pale oortrek met goud en julle moet vier goue hake daaraan vassit. Julle moet vir die pale vier voetstukke van silwer maak.
EKSODUS 26:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs. En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
EKSODUS 26:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy moet 'n voorhangsel maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur. Hang dit aan vier doringhoutstyle wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan. Daar moet goue kramme aan die style wees
EKSODUS 26:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Jy moet 'n voorhangsel maak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne, met gerubs daarop – met die kundigheid van 'n vakman. Jy moet dit met goue hakies ophang aan vier staanders van doringhout wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan.
EKSODUS 26:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne van kunswerk; van gérubs moet dit gemaak word. En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is; hulle kramme moet van goud wees, aan die vier silwervoetstukke.
EKSODUS 26:31-32 Die Boodskap (DB)
“Jy moet ook ’n gordyn maak om die tent in twee te verdeel. Dit moet van geweefde linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad kunstig ingeweef is en waarop figure met vlerke geborduur is. Hang die gordyn aan vier regop akasiahoutpale wat met goud oorgetrek is en waaraan daar hakies is. Elke paal moet ’n silwervoetstuk hê.
EKSODUS 26:31-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maak ’n gordyn om die tent in twee dele af te skort. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Gerubs moet daarop uitgeborduur wees. Hang die gordyn in die tabernakel aan hake bo-aan vier regop balke. Hulle moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Hulle moet elkeen op ’n voetstuk staan wat van silwer gemaak is.