EKSODUS 23:1-3
EKSODUS 23:1-3 Bybel vir almal (ABA)
“Jy mag nie skinder van ander mense nie. Jy mag nie leuens vertel om iemand te help wat skuldig is nie. Jy moet altyd die waarheid in die hof vertel. As jy moet vertel wat gebeur het, en baie ander mense vertel leuens, dan mag jy nie saam met hulle leuens vertel nie. Jy mag ook nie goed wees vir 'n arm mens in die hof net omdat hy arm is nie.”
EKSODUS 23:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie. Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie. Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie.
EKSODUS 23:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met 'n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie. Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook. Wanneer jy regspreek, mag jy 'n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie.
EKSODUS 23:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Jy mag nie valse gerugte versprei nie. Moenie saamspan met 'n skuldige deur 'n kwaadwillige getuie te wees nie. Jy mag nie die meerderheid volg in verkeerde dade nie. Jy mag nie in 'n saak getuig en die reg verdraai deur jou by die meerderheid te skaar nie. 'n Arm persoon mag jy nie in sy regsaak bevoordeel nie.
EKSODUS 23:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag geen valse gerug bekend maak nie; moenie jou hand met die goddelose steek om 'n onregverdige getuie te wees nie. Jy mag 'n menigte nie volg om kwaad te doen nie; en jy mag nie spreek om te verwerp na baie om die oordeel te vernietig nie. Jy mag ook nie 'n arm man in sy regsaak aanskou nie.
EKSODUS 23:1-3 Die Boodskap (DB)
“Jy moenie praatjies oor ander mense verder oorvertel as jy weet dit is nie waar nie. Jy moenie met oortreders saamsweer om saam met hulle in die hof te lieg nie. Jy moenie iets doen omdat almal dit doen nie. Jy moenie saam met almal iets doen as jy weet dit is verkeerd nie. Jy moet ook nie met almal saampraat wanneer hulle die waarheid verdraai net omdat jy wil hê hulle moet van jou hou nie. Jy moenie in ’n hofsaak die arm man se kant kies net omdat hy arm is en jy hom jammer kry nie.”
EKSODUS 23:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie valse gerugte versprei nie. Moenie met misdadigers saamsweer en valse getuienis in hulle guns aflê nie. “Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie. Wanneer jy in ’n hofsaak moet getuig, moet jy nie agter die meerderheid aanhardloop en die waarheid verdraai nie. Jy mag ook nie jou getuienis verdraai ter wille van iemand net omdat hy of sy arm is nie.