EKSODUS 16:14-15
EKSODUS 16:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Toe die dou weggaan, was daar iets soos stof op die grond in die woestyn. Dit was korrels en dit het gelyk soos ryp op die grond. Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “ Manna, wat is dit?” Hulle het nie geweet wat dit is nie.
EKSODUS 16:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond. Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
EKSODUS 16:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toe die wolk wegtrek, was die woestyn oortrek met fyn vlokkies soos ryp. Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit dié?” want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sê Moses vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet.
EKSODUS 16:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die doulaag verdamp – kyk, toe is daar op die oppervlakte van die woestyn iets wat fyn en skilferagtig is, so fyn soos ysryp op die grond. Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit?” Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Moses sê toe vir hulle: “Dit is die brood wat die HERE vir julle gegee het om te eet.
EKSODUS 16:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die dou wat lê, opgaan, kyk, daar lê op die oppervlakte van die woestyn 'n klein ronde ding, so klein soos die ryp op die grond. En toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Dit is manna, want hulle het nie geweet wat dit was nie. Toe sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE aan julle gegee het om te eet.
EKSODUS 16:14-15 Die Boodskap (DB)
Toe die dou verdamp, het daar op die grond ’n dun lagie vlokkies gelê wat soos ryp gelyk het. Die Israeliete het nie geweet wat dit was nie. Hulle het vir mekaar gevra: “Wat is dit?” Moses sê toe vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet.
EKSODUS 16:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die dou later die dag verdwyn, was die grond van die woestyn bedek met fyn vlokkies wat soos ryp lyk. Die Israeliete was verwonderd toe hulle dit sien. Hulle het vir mekaar gevra: “Wat is dit hierdie?” want hulle het dit nie geken nie. Moses antwoord hulle: “Dit is die kos wat die HERE vir julle gee om van te eet.