ESTER 7:10
ESTER 7:10 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het vir Haman opgehang aan die paal wat hy laat inplant het om vir Mordegai op te hang. Die koning was toe tevrede.
ESTER 7:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai laat bou het. Daarna het die woede van die koning bedaar.
ESTER 7:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het Haman toe gehang aan die paal wat hy vir Mordegai voorberei het. Daarna het die woede van die koning bedaar.
ESTER 7:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.
ESTER 7:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai voorberei het. Toe is die koning se toorn tot bedaring gekom.