ESTER 2:17-18
ESTER 2:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het Ester liefgehad, meer as al die vroue. Sy het voor hom guns en welwillendheid geniet, meer as al die maagde. Hy het toe die hooftooisel op haar kop gesit, en haar koningin gemaak in Vasti se plek. Die koning het 'n groot feesmaal gehou vir al sy •hoë amptenare en dienaars – 'n feesmaal ter ere van Ester. Hy het geskenke uitgedeel soos daar van 'n koning verwag word.
ESTER 2:17-18 Die Boodskap (DB)
Die koning het meer van haar gehou as van enige van die ander meisies. Hy was so beïndruk met haar dat hy haar dadelik as koningin in Vasti se plek gekroon het. Om hierdie geleentheid te vier het die koning ’n groot onthaal ter ere van Ester gegee waarheen hy al sy hoë amptenare en ander mense wat in sy diens was, uitgenooi het. Hy het dit ook ’n openbare vakansiedag gemaak en geskenke aan die mense uitgedeel.
ESTER 2:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning het Ester meer liefgehad as enige van die ander jong meisies. Sy was meer na sy sin as enigeen van die ander. Hy het toe die koningin se kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. Ter ere van Ester het die koning ’n groot onthaal gereël vir al sy hoë amptenare en almal wat in sy diens was. Hy het daarvan ’n vakansiedag in al die provinsies gemaak. Hy het rojaal geskenke vir almal uitgedeel.
ESTER 2:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Die koning het baie lief geword vir Ester, meer lief as vir al die ander vroue. Hy het meer van haar gehou as van die ander meisies. Hy het 'n kroon op haar kop gesit en hy het haar die koningin gemaak. Voorheen was Vasti die koningin. Die koning het 'n groot fees gehou vir al sy amptenare en ministers. Dit was 'n fees vir Ester. Die koning het gesê die mense van die provinsies moet 'n tyd lank nie belasting betaal nie en hy het vir baie mense presente gegee.
ESTER 2:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!
ESTER 2:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die koning het meer van Ester gehou as van enigeen van die ander vrouens en hy was meer in sy skik met haar as met enige ander jongmeisie. Hy het toe die kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. Die koning het toe 'n groot onthaal gegee vir al sy hoë amptenare en almal wat in sy diens was, 'n onthaal ter ere van Ester. Hy het die verpligtinge van sy onderdane in al die provinsies verminder en geskenke uitgedeel met koninklike vrygewigheid.
ESTER 2:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het Ester liefgehad, meer as al die vroue. Sy het voor hom guns en welwillendheid geniet, meer as al die maagde. Hy het toe die hooftooisel op haar kop gesit, en haar koningin gemaak in Vasti se plek. Die koning het 'n groot feesmaal gehou vir al sy •hoë amptenare en dienaars – 'n feesmaal ter ere van Ester. Hy het geskenke uitgedeel soos daar van 'n koning verwag word.
ESTER 2:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning het Ester bo al die vroue liefgehad, en sy het genade en guns in sy oë verkry meer as al die maagde; sodat hy die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak het in die plek van Vasti. Toe het die koning 'n groot feesmaal vir al sy vorste en sy dienaars berei, naamlik Ester se fees; en hy het die provinsies vrygelaat en geskenke gegee volgens die toestand van die koning.