EFESIËRS 6:10-12,18
EFESIËRS 6:10-12 Die Boodskap (DB)
Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees.
Efesiërs 6:18 Die Boodskap (DB)
Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie.
EFESIËRS 6:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil vir julle nog één ding sê: Julle behoort aan die Here. Hy is baie sterk, Hy sal vir julle sy krag gee, en julle moet sterk wees. Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle. Ons veg nie teen mense nie, ons veg teen bose geeste en hulle leiers. Die mense van die wêreld luister na geeste, maar ons veg teen slegte geeste in die lug.
Efesiërs 6:18 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet julle bid, julle moet vir God vra wat julle nodig het. Ja, julle moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense.
EFESIËRS 6:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
EFÉSIËRS 6:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
EFESIËRS 6:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
EFESIËRS 6:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
EFESIËRS 6:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim.
Efesiërs 6:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges.
EFESIËRS 6:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ten slotte, my broeders, word sterk in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstel nie teen vlees en bloed nie, maar teen owerhede, teen magte, teen die owerhede van die duisternis van hierdie wêreld, teen geestelike boosheid in die hoogtes.
Efesiërs Efesiërs 6:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bid altyd met alle gebed en smeking in die Gees, en waak daartoe met alle volharding en smeking vir al die heiliges
EFESIËRS 6:10-12 Die Boodskap (DB)
Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees.
Efesiërs 6:18 Die Boodskap (DB)
Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie.
EFESIËRS 6:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.