EFESIËRS 6:1-2
EFESIËRS 6:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Kinders, julle behoort aan die Here. Daarom moet julle gehoorsaam wees aan julle ouers. Dit is die regte ding om te doen. In die Ou Testament is geskryf: Jy moet jou ouers respekteer. Dit is die eerste wet waarin die Here ook iets vir ons belowe.
EFESIËRS 6:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte
EFESIËRS 6:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by
EFESIËRS 6:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, wees in die Here aan julle ouers gehoorsaam, want dit is hoe dit hoort. “Eer jou vader en jou moeder,” dit is die eerste gebod met 'n belofte
EFESIËRS 6:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kinders, gehoorsaam julle ouers in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder; (wat die eerste gebod met belofte is;)
EFESIËRS 6:1-2 Die Boodskap (DB)
Vir die kinders wil ek die volgende sê: as Christene moet julle na julle ouers luister. Dit is wat God van julle vra. Die Skrif sê: “Jy moet jou pa en ma respekteer” - kyk mooi hoe gaan hierdie gebod verder, want dit is die eerste gebod waarin God iets beloof