DEUTERONOMIUM 30:13
DEUTERONOMIUM 30:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê, ‘Wie sal vir ons oorgaan tot oorkant die see, sodat hy dit vir ons kan gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan uitvoer?’
DEUTERONOMIUM 30:13 Bybel vir almal (ABA)
As die wette oorkant die see was, dan sou iemand moes oorgaan na die ander kant om dit vir ons te kry sodat ons kan hoor wat die wette sê en sodat ons dit kan doen.
DEUTERONOMIUM 30:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
DEUTERONOMIUM 30:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy nie hoef te sê: ‘Wie sal vir ons oorvaar na die oorkant toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie.
DEUTERONOMIUM 30:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is nie anderkant die see nie, dat jy moet sê: Wie sal vir ons oor die see gaan en dit na ons toe bring, dat ons dit kan hoor en dit kan doen?