DEUTERONOMIUM 24:8
DEUTERONOMIUM 24:8 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet versigtig wees wanneer iemand melaats is, julle moet alles doen wat die priesters uit die nageslag van Levi vir julle sê, julle moet doen soos ek vir hulle gesê het.
DEUTERONOMIUM 24:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
DEUTERONOMIUM 24:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy moet versigtig wees as melaatsheid jou tref. Jy moet versigtig wees en presies doen wat die Levitiese priesters jou voorhou. Ek het hulle alles beveel, en jy moet versigtig wees en dit doen.
DEUTERONOMIUM 24:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wees uiters versigtig in die geval van 'n uitbraak van huidsiekte om op te tree net soos die Levitiese priesters julle sal leer. Wat ek hulle beveel het, moet julle nougeset nakom.
DEUTERONOMIUM 24:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op vir die plaag van melaatsheid, dat jy ywerig onderhou en doen net soos die Levietepriesters julle moet leer; soos Ek hulle beveel het, so moet julle sorgvuldig doen.