KOLOSSENSE 4:17-18
KOLOSSENSE 4:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir Argippus sê hy moet onthou dat die Here vir hom 'n werk gegee het om te doen. Hy moet aanhou om dit te doen. Hier skryf ek, Paulus, nou self: Groete vir julle! Julle moet onthou dat ek in die tronk is en julle moet dink aan my. Ek bid dat God genadig sal wees vir julle.
KOLOSSENSE 4:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul. Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.
KOLOSSENSE 4:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
En sê vir Argippus: “Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het, sodat jy dit kan voltooi.” Nou skrywe ek met my eie hand. Groete, Paulus. Dink aan my waar ek hier gevange sit. Die genade sal by julle wees.
KOLOSSENSE 4:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sê ook vir Argippus: “Let op die bedieningsopdrag wat jy van die Here ontvang het, sodat jy dit uitvoer.” Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. Dink aan my boeie.
KOLOSSENSE 4:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sê vir Arippus: Pas op vir die bediening wat jy in die Here ontvang het, dat jy dit vervul. Die groete van Paulus met my eie hand. Onthou my boeie. Genade met jou. Amen. (Geskryf uit Rome tot Kolossense deur Tichicus en Onesimus.)
KOLOSSENSE 4:17-18 Die Boodskap (DB)
En, o ja, sê asseblief vir Argippus dat hy moet volhou met die taak wat die Here vir hom gegee het. Hy moet sorg dat hy dit klaarmaak. Met my eie handskrif wil ek, Paulus, julle graag groet. Moet my asseblief nie vergeet waar ek hier in die tronk sit nie. Dink aan my. Mag God vir julle baie goed wees, nog meer as wat julle verdien.