HANDELINGE 6:8-15
HANDELINGE 6:8-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis. Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie. Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God. En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring. En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie. Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander. En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was.
HANDELINGE 6:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Party van die lede van die Sinagoge van die Vrygelate Slawe, soos dit genoem is, wat bestaan het uit Jode wat van Sirene en Aleksandrië afkomstig was, het toe saam met Jode wat van die provinsies Silisië en Asië gekom het, met Stefanus begin redeneer. Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid wat hy van die Gees ontvang het en waarmee hy gepraat het nie. Toe het hulle mense omgekoop om te sê: “Ons het hom teen Moses en God hoor laster.” Hulle het die volk en die familiehoofde en die skrifgeleerdes opgesweep. Dié het op hom afgestorm, hom gegryp en voor die Joodse Raad gebring en vals getuies gekry om te sê: “Hierdie man wil nie ophou om dinge teen die heilige tempel en die wet van Moses te sê nie. Ons het hom hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal afbreek en die voorskrifte wat Moses vir ons gegee het, sal verander.” Toe al die lede van die Raad stip na Stefanus sit en kyk, sien hulle dat sy gesig soos dié van 'n engel lyk.
HANDELINGE 6:8-15 Bybel vir almal (ABA)
God was genadig vir Stefanus en Hy het vir hom ook baie krag gegee, Stefanus het wonderwerke en groot tekens gedoen. Al die mense het geweet daarvan. Daar was Jode wat aan een van die sinagoges behoort het. Hierdie Jode was eers slawe maar toe het die Romeine gesê hulle mag vry wees. Hulle het gekom van Sirenië, Aleksandrië, Silisië en Asië. Hulle het begin om baie met Stefanus te praat en te stry. Maar hulle was nie so slim soos Stefanus nie. Stefanus het met wysheid gepraat, die Heilige Gees het vir hom gesê wat hy moet sê. Toe het die Jode omkoopgeld betaal vir party manne, en hierdie manne het gesê: “Ons het gehoor dat Stefanus vir Moses en God beledig.” Die manne van die sinagoge het vir die mense van Jerusalem en die familieleiers en die skrifgeleerdes kwaad gemaak vir Stefanus. Die mense het na Stefanus toe gehardloop, hulle het hom gegryp en na die Joodse Raad gebring. Die mense het vals getuies gekry wat sê: “Stefanus wil nie ophou om slegte dinge te sê teen hierdie gewyde woonplek en teen die Wette van Moses nie. Want ons het gehoor Stefanus sê dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie tempel sal afbreek en dat hy die dinge sal verander wat Moses vir ons geleer het.” Almal in die Joodse Raad het reguit na Stefanus gekyk. Hulle het gesien dat sy gesig soos 'n engel se gesig lyk.
HANDELINGE 6:8-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis. Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie. Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God. En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring. En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie. Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander. En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van 'n engel was.
HANDELINGE 6:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Party van die lede van die Sinagoge van die Vrygelate Slawe, soos dit genoem is, wat bestaan het uit Jode wat van Sirene en Aleksandrië afkomstig was, het toe saam met Jode wat van die provinsies Silisië en Asië gekom het, met Stefanus begin redeneer. Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid wat hy van die Gees ontvang het en waarmee hy gepraat het nie. Toe het hulle mense omgekoop om te sê: “Ons het hom teen Moses en God hoor laster.” Hulle het die volk en die familiehoofde en die skrifgeleerdes opgesweep. Dié het op hom afgestorm, hom gegryp en voor die Joodse Raad gebring en vals getuies gekry om te sê: “Hierdie man wil nie ophou om dinge teen die heilige tempel en die wet van Moses te sê nie. Ons het hom hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal afbreek en die voorskrifte wat Moses vir ons gegee het, sal verander.” Toe al die lede van die Raad stip na Stefanus sit en kyk, sien hulle dat sy gesig soos dié van 'n engel lyk.
HANDELINGE 6:8-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Stefanus, vol genade en krag, het groot wonders en tekens onder die volk verrig. Sommige van die Sinagoge van die Libertyne, soos dit bekend gestaan het, Sireneërs en Aleksandryne, asook sommige mense uit Silisië en Asië, het na vore getree en met Stefanus geredeneer; maar hulle was nie opgewasse teen die wysheid waarmee, en die Gees deur wie, hy gespreek het nie. Toe het hulle mans aangehits om te verklaar: “Ons het hom lasterlike dinge oor Moses en God hoor sê.” Hierdeur het hulle die volk, die familiehoofde en die skrifkenners opgesweep. Toe het hulle na hom gegaan, hom gegryp en voor die Sanhedrin gebring. Hulle het ook vals getuies na vore laat kom wat verklaar het: “Hierdie man hou nie op om teen hierdie heilige plek en die wet te praat nie. Ons het hom hoor sê, ‘Hierdie Jesus van Nasaret sal hierdie plek afbreek en die gebruike verander wat Moses aan ons oorgelewer het.’ ” Almal wat in die Sanhedrin gesit het, het stip na Stefanus gekyk en gesien dat sy gesig soos dié van 'n engel lyk.
HANDELINGE 6:8-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Stefanus, vol geloof en krag, het groot wonders en wonders onder die volk gedoen. Toe het daar sommige van die sinagoge, wat genoem word die sinagoge van die Libertyne, en Cireniërs en Aleksandriërs en van hulle uit Cilicië en Asië, opgestaan, en met Stefanus gestry. En hulle kon die wysheid en die gees waarmee Hy gespreek het, nie weerstaan nie. Toe het hulle manne onder die knie gebring wat gesê het: Ons het hom lasterlike woorde teen Moses en teen God hoor spreek. En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes opgewek en op hom afgekom en hom gevang en na die Raad gebring. En stel valse getuies op wat gesê het: Hierdie man hou nie op om lasterlike woorde teen hierdie heiligdom en die wet te spreek nie. Want ons het hom hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie plek sal vernietig en die gebruike sal verander wat Moses ons oorgelewer het. En almal wat in die Raad sit, kyk stip na hom en sien sy aangesig soos dit die gesig van 'n engel was.
HANDELINGE 6:8-15 Die Boodskap (DB)
Stefanus, een van die sewe helpers, het God se goedheid en krag elke dag beleef. Net soos die apostels het hy ook baie wonderwerke onder die mense gedoen. Daar was ’n klomp Jode wat niks gehou het van wat Stefanus sê nie. Hulle het in ’n sinagoge in Jerusalem bymekaargekom waar mense wat eens op ’n tyd slawe was vir God aanbid het. Hierdie mense, wat uit gebiede soos Sirene, Aleksandrië, Silisië en Asië gekom het, het met hom begin stry. Maar hulle het elke keer sleg daarvan afgekom. Hulle was nie opgewasse teen Stefanus se insig in God se raadsplan nie. Later was hulle so vies dat hulle in die geheim ’n paar mense geld aangebied het om te sê dat Stefanus beledigende dinge teen God en Moses kwytgeraak het. Toe hierdie vals stories by die mense en by die godsdienstige leiers uitkom, was daar groot ongelukkigheid in Jerusalem. Die Joodse Raad het dadelik besluit om in te gryp. Hulle het ’n klompie polisiemanne gestuur om Stefanus te vang en hom voor hulle te daag. Die mense wat allerhande stories oor hom versprei het, het ook by die verhoor opgedaag en gesê: “Hierdie man sê die verskriklikste dinge teen ons heilige tempel en teen die wet van God. Ons het selfs gehoor hoe hy nou die dag gesê het dat daardie Jesus van Nasaret in wie hy glo, die tempel sal afbreek. Hy sal ook al die wette afskaf wat Moses vir ons gegee het.” Toe hierdie aanklag teen Stefanus ingebring is, het die Joodse Raad hom geskok aangestaar. Terwyl hulle nog so kyk, het hulle agtergekom dat sy gesig begin skyn soos ’n engel s’n.
HANDELINGE 6:8-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Stefanus, ’n man vol van God se genade en krag, het wonders en groot tekens onder die mense gedoen. Op ’n dag het ’n klompie lede van die sogenaamde “Sinagoge van die Vrygelate Slawe” met hom in debat getree. Hulle was Jode wat van Sirene en Aleksandrië, en van die provinsies Silisië en Asië gekom het. Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid en die Gees waarmee hy gepraat het nie. Toe het hulle mans omgekoop om oor Stefanus te jok en te sê: “Ons het hom beledigende dinge teen Moses en selfs teen God hoor sê.” Só het hulle dit reggekry om die skares en die familiehoofde en die skrifkenners op te sweep. Dié het Stefanus gearresteer en hom voor die Joodse Raad gebring. Die vals getuies het gesê: “Hierdie man hou aan om afbrekend van die tempel en van die wet van Moses te praat. Ons het hom regtig hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal verwoes en die tradisies wat Moses vir ons gegee het, sal verander.” Al die raadslede het stip na Stefanus gekyk en gesien dat sy gesig soos dié van ’n engel skitter.