Handelinge 6:8-15

Handelinge 6:8-15 AFR20

En Stefanus, vol genade en krag, het groot wonders en tekens onder die volk verrig. Sommige van die Sinagoge van die Libertyne, soos dit bekend gestaan het, Sireneërs en Aleksandryne, asook sommige mense uit Silisië en Asië, het na vore getree en met Stefanus geredeneer; maar hulle was nie opgewasse teen die wysheid waarmee, en die Gees deur wie, hy gespreek het nie. Toe het hulle mans aangehits om te verklaar: “Ons het hom lasterlike dinge oor Moses en God hoor sê.” Hierdeur het hulle die volk, die familiehoofde en die skrifkenners opgesweep. Toe het hulle na hom gegaan, hom gegryp en voor die Sanhedrin gebring. Hulle het ook vals getuies na vore laat kom wat verklaar het: “Hierdie man hou nie op om teen hierdie heilige plek en die wet te praat nie. Ons het hom hoor sê, ‘Hierdie Jesus van Nasaret sal hierdie plek afbreek en die gebruike verander wat Moses aan ons oorgelewer het.’ ” Almal wat in die Sanhedrin gesit het, het stip na Stefanus gekyk en gesien dat sy gesig soos dié van 'n engel lyk.