HANDELINGE 4:36-37
HANDELINGE 4:36-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So was daar byvoorbeeld Josef wat deur die apostels Barnabas genoem is (dit beteken iemand wat mense moed inpraat). Hy was uit die stam van Levi, en is op Siprus gebore. Hy het sy grond verkoop en die geld vir die apostels gebring om vir dié te gee wat tekort het.
HANDELINGE 4:36-37 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man, sy naam was Josef. Die apostels het hom Barnabas genoem. Barnabas beteken “Iemand wat ander mense bemoedig.” Hy was 'n Leviet, hy het van die eiland Siprus gekom. Hy het 'n stuk grond gehad en hy het dit verkoop. Toe bring hy die geld en hy gee dit vir die apostels.
HANDELINGE 4:36-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus, het 'n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
HANDELINGE 4:36-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josef 'n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.
HANDELINGE 4:36-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef, 'n Leviet afkomstig uit Ciprus, wat by die apostels die bynaam Barnabas gekry het – as dit vertaal word, beteken dit Seun van Vertroosting – het 'n stuk grond besit en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
HANDELINGE 4:36-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Joses, wat by die apostels Barnabas genoem is, (dit is, as dit vertaal word: Die seun van vertroosting), 'n Leviet, en van die land Ciprus, Toe hy grond gehad het, het hulle dit verkoop en die geld gebring en dit aan die apostels se voete neergelê.