HANDELINGE 26:1-2
HANDELINGE 26:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Agrippa sê toe vir Paulus: “Jy kan maar jou saak stel.” Met 'n handbeweging het Paulus sy verdediging begin: “Koning Agrippa, ek ag my gelukkig dat ek my vandag juis voor u teen al die beskuldigings van die Jode kan verdedig
HANDELINGE 26:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Koning Agrippa het vir Paulus gesê: “Jy mag nou iets sê oor jouself.” Toe het Paulus sy hand uitgesteek en hy het begin sê hoekom hy onskuldig is. Hy het gesê: “Koning Agrippa, die Jode beskuldig my en hulle sê ek het baie verkeerde dinge gedoen, maar ek is bly dat ek vandag voor jou kan staan en kan sê hoekom ek onskuldig is.
HANDELINGE 26:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself: Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word
HANDELINGE 26:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Agrippa sê toe vir Paulus: “Jy kan maar jou saak stel.” Met 'n handbeweging het Paulus sy verdediging begin: “Koning Agrippa, ek ag my gelukkig dat ek my vandag juis voor u teen al die beskuldigings van die Jode kan verdedig
HANDELINGE 26:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Agrippa het vir Paulus gesê: “Jy het vergunning om jou saak te stel.” Toe het Paulus sy hand uitgestrek en homself verdedig: “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippa, dat ek my vandag voor u gaan verdedig teen alles waarvan ek deur die Jode aangekla is
HANDELINGE 26:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Agrippa vir Paulus: Jy mag vir jouself praat. Toe steek Paulus die hand uit en antwoord vir homself: Ek dink ek is gelukkig, koning Agrippa, want ek sal my vandag voor jou verantwoording doen oor al die dinge waarvan ek deur die Jode beskuldig word.
HANDELINGE 26:1-2 Die Boodskap (DB)
Agrippa het toe vir Paulus gesê: “Stel nou jou kant van die saak.” Paulus het met ’n handgebaar gewys dat hy gereed was om te praat. Toe sê hy: “Geagte koning Agrippa, ek is baie bly dat ek juis voor u mag antwoord op die aanklagte wat die Jode teen my ingebring het.
HANDELINGE 26:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Agrippa rig hom toe tot Paulus: “Jy het geleentheid om jou saak te stel.” Paulus het met sy hand beduie en sy verdediging begin: “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippa, dat ek my vandag juis voor u kan verdedig teen al die beskuldigings waarvan ek deur die Jode aangekla word