HANDELINGE 24:14-16
HANDELINGE 24:14-16 Bybel vir almal (ABA)
“Maar een ding is waar, ek is een van die mense wat behoort aan ‘ Die Pad.’ Die Jode sê ons is 'n groep mense wat verkeerde dinge glo. Ek aanbid die God van ons voorvaders en ek glo alles wat in die Wette van Moses geskryf is en alles wat die profete geskryf het. Ek glo en weet dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, die mense wat reg gedoen het en ook die mense wat verkeerd gedoen het. Die Jode glo dit ook. Daarom probeer ek altyd baie hard om so te lewe dat ek kan weet en kan glo dat ek alles reg doen, soos God wil hê ek moet doen en soos mense wil hê ek moet doen.
HANDELINGE 24:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, en 'n hoop op God het, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges. Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.
HANDELINGE 24:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit erken ek wel voor u: Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus wat hulle 'n dwaalrigting noem. Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan. Ek het my hoop op God gestel, en net soos hulle verwag ek dat alle mense, goeies en slegtes, uit die dood sal opstaan. Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd 'n skoon gewete voor God en die mense te hê.
HANDELINGE 24:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit erken ek egter voor u: dat ek die God van ons voorvaders dien ooreenkomstig die Weg, waarna hulle as 'n sekte verwys. Ek glo alles wat volgens die Wet is en in die Profete geskryf staan. Ek vestig dieselfde hoop op God as waaraan hierdie mense ook vashou, naamlik dat daar 'n opstanding van die •regverdiges en ook die onregverdiges sal wees. Daarom doen ek self ook my uiterste bes om my gewete in alle opsigte skoon te hou voor God en die mense.
HANDELINGE 24:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit bely ek vir jou dat ek volgens die weg wat hulle dwaalleer noem, die God van my vaders so aanbid deur alles te glo wat in die wet en in die profete geskrywe is. En hoop op God, wat hulle self ook toelaat, dat daar 'n opstanding sal wees van die dooies, van regverdiges sowel as onregverdiges. En hierin oefen ek myself om altyd 'n gewete sonder aanstoot te hê teenoor God en teenoor mense.
HANDELINGE 24:14-16 Die Boodskap (DB)
“My aanklaers is wel reg op een punt: dat ek ’n lid is van daardie beweging van Christus wat hulle ’n sekte noem. Maar ek moet dadelik bysê dat ek nog steeds dieselfde God dien as wat my voorouers gedien het. Ek glo alles wat in ons Heilige Skrif staan. “En ek glo ook, net soos my voorouers,dat God eendag al die dooies sal laat opstaan, goed en sleg. “Daarom luister ek na wat God sê. Ek probeer ook nie om ander mense aanstoot te gee deur wat ek sê en doen nie.
HANDELINGE 24:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Dít erken ek egter wel voor u: Die God van my voorvaders dien ek volgens ‘Die Pad’; hulle noem ons ’n splintergroep. Ek handhaaf alles wat in die wet voorgeskryf is en in die profeteboeke geskryf staan. Ek het my hoop op God gestel – iets wat hulle self ook verwag – dat God die opstanding van die goeies en die slegtes gaan laat plaasvind. Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê.