HANDELINGE 17:26-28
HANDELINGE 17:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’
HANDELINGE 17:26-28 Die Boodskap (DB)
Dit alles het begin toe Hy lank terug die heel eerste mens gemaak het van wie al die volke afstam wat nou op die aarde woon. God het toe vir elke volk ’n plek gegee om te bly. Hy het ook besluit hoe lank hulle daar sou bly. God wil hê dat al die volke op die aarde Hom moet dien. Hy wil hê dat ons almal voor Hom moet buig. Gelukkig is God naby aan ons almal.” “Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy dit so wil. Een van julle digters het dit mooi opgesom toe hy gesê het
HANDELINGE 17:26-28 Bybel vir almal (ABA)
God het een mens, Adam, gemaak, en al die volke kom van Adam. God het gesê die mense moet op die hele aarde woon en Hy het besluit hoe lank en waar hulle sal woon. God het dit gedoen sodat die mense vir Hom sal probeer soek soos mense wat rondvoel in die donker om Hom te probeer kry. Maar Hy is nie ver van elkeen van ons nie. “Want
HANDELINGE 17:26-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
HANDELINGE 17:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’
HANDELINGE 17:26-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal, sodat hulle God kon soek, en miskien na Hom sou uitreik en Hom sou vind, aangesien Hy nie ver van een van ons af is nie. Want deur Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle digters inderdaad gesê het, “ ‘Ons is ook van sy geslag.’
HANDELINGE 17:26-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het uit een bloed al die nasies van mense gemaak om op die hele aarde te woon, en het vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek bepaal; dat hulle die Here sou soek, as hulle Hom miskien kon aanvoel en Hom vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons af nie. Want in Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons; soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy nageslag.
HANDELINGE 17:26-28 Die Boodskap (DB)
Dit alles het begin toe Hy lank terug die heel eerste mens gemaak het van wie al die volke afstam wat nou op die aarde woon. God het toe vir elke volk ’n plek gegee om te bly. Hy het ook besluit hoe lank hulle daar sou bly. God wil hê dat al die volke op die aarde Hom moet dien. Hy wil hê dat ons almal voor Hom moet buig. Gelukkig is God naby aan ons almal.” “Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy dit so wil. Een van julle digters het dit mooi opgesom toe hy gesê het
HANDELINGE 17:26-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Uit een mens het Hy elke nasie van die mensdom gemaak, om oor die hele aarde te woon. Hy het die tye van hulle bestaan bepaal, en die grense van hulle blyplek. “God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan. Soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons is sy nageslag.’