HANDELINGE 13:16-41

HANDELINGE 13:16-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

Paulus het opgestaan, met 'n handbeweging aandag gevra en gesê: “Israeliete en godvresendes, luister! Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies en hulle 'n groot volk gemaak toe hulle as vreemdelinge in Egipte gewoon het. Hy het hulle deur sy groot mag daarvandaan uitgelei en hulle in die woestyn ongeveer veertig jaar lank geduldig verdra. Daarna het Hy sewe nasies in die land Kanaän uitgewis en hulle land aan die Israeliete gegee. Dit alles het omtrent vier honderd en vyftig jaar lank geduur. “Daarna het Hy rigters oor die land laat regeer tot die tyd van die profeet Samuel. Toe die Israeliete daarna 'n koning wou hê, het God vir Saul, seun van Kis uit die stam Benjamin, aan hulle gegee. Hy het veertig jaar lank geregeer. Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai 'n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer.’ Uit hierdie man se nageslag het God, volgens sy belofte, Jesus as Verlosser vir Israel laat voortkom. Voor Jesus se koms het Johannes die hele Israel opgeroep om hulle te bekeer en te laat doop. En toe hy aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: ‘Wie dink julle is ek? Ek is nie Hy nie. Maar kyk, Hy kom ná my. Ek is selfs nie werd om sy skoene los te maak nie.’ “Broers, nakomelinge van Abraham, en julle, godvresendes, aan ons het God hierdie boodskap van die verlossing gestuur. Die inwoners van Jerusalem en hulle leiers het vir Jesus nie erken nie. Deur Hom te veroordeel het hulle die uitsprake van die profete, wat elke sabbatdag voorgelees word, in vervulling laat gaan. En alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon kry nie, het hulle tog vir Pilatus gevra om Jesus om die lewe te bring. Nadat hulle aan Jesus alles gedoen het wat van Hom in die Skrif geskrywe staan, is Hy van die kruis afgehaal en begrawe. Maar God het Hom uit die dood opgewek. Hy het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea af na Jerusalem toe gegaan het. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk. “En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe: “Jy is my Seun, vandag het Ek aan jou die lewe gegee. “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit vergaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: “Ek sal vir julle die heilige en betroubare beloftes vervul wat Ek aan Dawid toegesê het. “Daarom sê God ook op 'n ander plek: “U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. “En volgens die besluit van God het Dawid tog gesterwe nadat hy die mense van sy tyd gedien het. Hy is by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het vergaan. Maar Jesus se liggaam het nie vergaan nie; God het Hom uit die dood opgewek. “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. Pas dan op dat wat die profete gesê het, nie met julle gebeur nie: “Kyk, julle verag God! Julle sal verstom staan en te gronde gaan, want in julle tyd doen Ek iets wat julle beslis nie sal glo as iemand dit vir julle vertel nie! ”

HANDELINGE 13:16-41 Bybel vir almal (ABA)

Paulus het toe opgestaan en hy het met sy hand gewys dat hulle moet stilbly. Hy het gesê: “Israeliete, en julle ander wat vir God respekteer, julle moet luister na wat ek sê. Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers gekies, en toe hulle vreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte. God was omtrent 40 jaar lank baie geduldig met hulle in die woestyn. Toe het God sewe volke in die land Kanaän verwoes en Hy het die land vir die Israeliete gegee om hulle land te wees, omtrent 450 jaar lank. En toe het God leiers gegee om oor hulle te regeer totdat Samuel, die profeet gekom het. En toe het die Israeliete 'n koning gevra, en God het Saul gegee om hulle koning te wees. Saul was die seun van Kis, 'n man uit die Benjamin-stam. Saul was 40 jaar lank koning. En nadat God vir Saul laat ophou het om koning te wees, het Hy vir Dawid gekies en aangestel om koning te wees oor die Israeliete. God het gesê: ‘ Ek het gesien dat Dawid, die seun van Isai, 'n man is wat lewe soos Ek wil hê. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ God het vir Israel die Redder Jesus laat kom uit hierdie man se nageslag. Dit is wat God belowe het om te doen. Voordat Jesus met sy werk begin het, het Johannes vir die hele volk Israel gepreek. Johannes het gesê die mense moet verander en hulle moet lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop. En toe Johannes aan die einde van sy werk gekom het, het hy baie maal gesê: ‘Wie dink julle is ek? Julle dink ek is die Een wat sal kom, soos God belowe het, maar ek is nie. Later sal daar Iemand kom, en ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.’ “Vriende, julle wat die nageslag van Abraham is, en julle ander wat vir God respekteer, God het vir ons hierdie boodskap gestuur dat Hy ons red. Want die mense wat in Jerusalem woon en hulle leiers wou nie glo dat Jesus die Redder is nie. Toe hulle vir Jesus ge-oordeel het, het hulle die woorde waar laat word wat die profete gesê het. Die Jode lees dit elke Sabbatdag in die boeke van die profete. Hierdie mense van Jerusalem en hulle leiers wou vir Jesus laat doodmaak, maar hulle kon nie sê hoekom hulle dit wou doen nie. Hulle het toe vir Pilatus gevra om te sê dat die soldate vir Jesus moet doodmaak. En nadat die Jode en hulle leiers alles gedoen het wat daar in die Ou Testament geskryf is oor Jesus, het vriende van Jesus Hom afgehaal van die kruis en hulle het Hom begrawe. Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe. Jesus het in 'n lang tyd verskillende male verskyn aan die mense wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou Jesus se getuies by die volk. En óns bring vir julle die goeie boodskap oor die dinge wat God vir ons voorouers belowe het. God het nou gedoen wat Hy belowe het, Hy het dit gedoen vir ons wat die nageslag van ons voorouers is. Hy het dit gedoen toe Hy vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het, soos daar in die tweede Psalm geskryf is: “ Jy is my Seun, Ek is van vandag af jou Vader. “Ons wil ook vir julle die goeie boodskap bring dat God vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het en dat Jesus nie weer sal sterf nie. God het dit so in die Ou Testament gesê: “ Ek sal vir julle die dinge gee wat Ek vir Dawid belowe het, en julle moet weet dat die dinge wat Ek belowe het, waar is. “Daarom sê Dawid ook in 'n ander Psalm: “ Ek is aan U gewy, U sal my nie laat sterf nie. “Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy voorvaders en daar het niks van hom oorgebly nie, sy liggaam het stof geword. Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe, en sy liggaam het nie stof geword nie. Vriende, Jesus het dit alles gedoen, en daarom moet julle weet dat ons vir julle kan preek dat God sondes vergewe. Die Wette van Moses kon julle nie vryspreek nie, maar God vergewe ook al hierdie sondes. En God spreek elkeen vry wat in Jesus glo. Julle moet nou oppas dat die dinge wat die profete gesê het, nie met julle gebeur nie. Hulle het gesê: “ Julle wat dink dat die Here nie belangrik is nie, julle moet kyk na wat sal gebeur, julle moet verbaas wees en verdwyn want Ék sal nou iets doen, iets wat julle nie sal glo wanneer iemand dit vir julle vertel nie.”

HANDELINGE 13:16-41 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister! Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei. En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra. En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel. En daarna omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet. En van toe af het hulle 'n koning begeer, en God het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis, 'n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank. En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek, nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het. En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie. Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur. Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word. En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word. En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê. Maar God het Hom uit die dode opgewek. En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk. En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is. Daarom sê Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie. Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien, maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie. Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie: Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

HANDELINGE 13:16-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

Paulus het opgestaan, met 'n handbeweging aandag gevra en gesê: “Israeliete en godvresendes, luister! Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies en hulle 'n groot volk gemaak toe hulle as vreemdelinge in Egipte gewoon het. Hy het hulle deur sy groot mag daarvandaan uitgelei en hulle in die woestyn ongeveer veertig jaar lank geduldig verdra. Daarna het Hy sewe nasies in die land Kanaän uitgewis en hulle land aan die Israeliete gegee. Dit alles het omtrent vier honderd en vyftig jaar lank geduur. “Daarna het Hy rigters oor die land laat regeer tot die tyd van die profeet Samuel. Toe die Israeliete daarna 'n koning wou hê, het God vir Saul, seun van Kis uit die stam Benjamin, aan hulle gegee. Hy het veertig jaar lank geregeer. Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai 'n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer.’ Uit hierdie man se nageslag het God, volgens sy belofte, Jesus as Verlosser vir Israel laat voortkom. Voor Jesus se koms het Johannes die hele Israel opgeroep om hulle te bekeer en te laat doop. En toe hy aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: ‘Wie dink julle is ek? Ek is nie Hy nie. Maar kyk, Hy kom ná my. Ek is selfs nie werd om sy skoene los te maak nie.’ “Broers, nakomelinge van Abraham, en julle, godvresendes, aan ons het God hierdie boodskap van die verlossing gestuur. Die inwoners van Jerusalem en hulle leiers het vir Jesus nie erken nie. Deur Hom te veroordeel het hulle die uitsprake van die profete, wat elke sabbatdag voorgelees word, in vervulling laat gaan. En alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon kry nie, het hulle tog vir Pilatus gevra om Jesus om die lewe te bring. Nadat hulle aan Jesus alles gedoen het wat van Hom in die Skrif geskrywe staan, is Hy van die kruis afgehaal en begrawe. Maar God het Hom uit die dood opgewek. Hy het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea af na Jerusalem toe gegaan het. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk. “En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe: “Jy is my Seun, vandag het Ek aan jou die lewe gegee. “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit vergaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: “Ek sal vir julle die heilige en betroubare beloftes vervul wat Ek aan Dawid toegesê het. “Daarom sê God ook op 'n ander plek: “U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. “En volgens die besluit van God het Dawid tog gesterwe nadat hy die mense van sy tyd gedien het. Hy is by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het vergaan. Maar Jesus se liggaam het nie vergaan nie; God het Hom uit die dood opgewek. “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. Pas dan op dat wat die profete gesê het, nie met julle gebeur nie: “Kyk, julle verag God! Julle sal verstom staan en te gronde gaan, want in julle tyd doen Ek iets wat julle beslis nie sal glo as iemand dit vir julle vertel nie! ”

HANDELINGE 13:16-41 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Paulus het opgestaan, 'n handgebaar gemaak en gesê: “Israeliete en godvresendes, luister! Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers uitverkies, en het hulle tydens hulle verblyf as •vreemdelinge in Egipteland tot 'n volk verhef, hulle met 'n uitgestrekte arm daar uitgelei, en hulle ongeveer veertig jaar lank in die woestyn verduur. In die land Kanaän het Hy sewe nasies uitgedelg en hulle land as erfdeel aan ons voorouers gegee. Dit het ongeveer vierhonderd-en-vyftig jaar geduur. En daarna het Hy rigters gegee, tot by die profeet Samuel. Hierna het hulle aangedring op 'n koning, en God het Saul, die seun van Kis, 'n man uit die stam van Benjamin, vir veertig jaar aan hulle gegee. Nadat God hom as koning verwyder het, het Hy Dawid tot hulle koning gemaak. Oor hom het Hy soos volg getuig, ‘In Dawid, die seun van Isai, het Ek 'n man na my hart gevind, wat al my wilsbesluite sal uitvoer. ’ Uit hierdie man se nageslag het God vir Israel, in ooreenstemming met sy belofte, Jesus as Verlosser voortgebring. Voor Jesus se openbare optrede het Johannes aan die hele volk Israel die doop van bekering verkondig. Toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê, ‘Wie dink julle is ek? Ek is nie Hy nie! Maar kyk, ná my kom iemand wie se sandale ek nie werd is om van sy voete los te maak nie. ’ “Broers, kinders van Abraham se geslag, en die godvresendes onder julle, aan ons is die boodskap van hierdie verlossing gestuur. Want die inwoners van Jerusalem en hulle leiers het Hom nie herken nie; en deur Hom te veroordeel, het hulle die uitsprake van die profete, wat elke Sabbatdag gelees word, in vervulling laat gaan. Alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon vind nie, het hulle tog by •Pilatus daarop aangedring dat Hy tereggestel word. Toe hulle alles uitgevoer het wat oor Hom geskryf staan, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê. Maar God het Hom uit die dood opgewek. In die loop van baie dae het Hy verskyn aan hulle wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gereis het en wat nou as sy getuies teenoor die volk optree. En ons verkondig aan julle die goeie boodskap dat God die belofte wat aan die voorvaders gemaak is, vir ons, hulle kinders, vervul het deurdat Hy Jesus laat opstaan het, soos daar in die tweede psalm geskryf staan: “ ‘Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.’ “En omdat Hy Hom uit die dood sou opwek, sodat Hy nooit weer na ontbinding terugkeer nie, het Hy soos volg gesê: “ ‘Ek sal aan julle die heilige en betroubare beloftes van Dawid gee.’ “Daarom sê Hy ook in 'n ander psalm: “ ‘U sal u Heilige nie ontbinding laat beleef nie.’ “Want Dawid het, nadat hy sy eie geslag volgens God se raadsbesluit gedien het, gesterf, en is by sy voorvaders begrawe – en hy het ontbinding beleef; maar Hy vir wie God opgewek het, het nie ontbinding beleef nie. Julle moet dus weet, broers, dat dit deur hierdie Man is dat die vergewing van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die •Wet van Moses nie geregverdig kon word nie. Sorg dat wat in die Profete gesê is, nie met julle gebeur nie: “ ‘Kyk, julle spotters, staan verstom en gaan ten gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, 'n daad wat julle beslis nie sal glo as iemand dit vir julle vertel nie.’ ”

HANDELINGE 13:16-41 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe staan Paulus op en wink met sy hand en sê: Manne van Israel en julle wat God vrees, luister. Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle as vreemdelinge in Egipteland gewoon het, en Hy het hulle met 'n hoë arm daaruit uitgelei. En omtrent die tyd van veertig jaar het Hy hulle maniere in die woestyn toegelaat. En nadat hy sewe nasies in die land Kanaän vernietig het, het hy hulle land deur die lot aan hulle verdeel. En daarna het hy aan hulle regters gegee omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar lank tot by die profeet Samuel. En daarna het hulle 'n koning begeer, en God het aan hulle Saul, die seun van Cis, 'n man uit die stam van Benjamin, vir veertig jaar gegee. En nadat hy hom verwyder het, het hy vir hulle Dawid laat opstaan om hulle koning te wees; aan wie hy ook getuig en gesê het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my wil sal vervul. Uit die nageslag van hierdie man het God volgens sy belofte vir Israel 'n Verlosser verwek, Jesus. Toe Johannes eers voor sy koms die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het. En toe Johannes sy weg voltooi het, sê hy: Wie dink julle is Ek? Ek is nie hy nie. Maar kyk, daar kom een agter my aan wie se skoene van sy voete ek nie waardig is om los te maak nie. Manne en broeders, kinders van die geslag van Abraham, en elkeen onder julle wat God vrees, aan julle is die woord van hierdie verlossing gestuur. Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes, omdat hulle Hom nie geken het nie, en ook nie die stemme van die profete wat elke sabbatdag gelees word nie, hulle het dit vervul deur Hom te veroordeel. En al het hulle geen doodsoorsaak by Hom gevind nie, het hulle tog vir Pilatus gevra dat Hy gedood moes word. En nadat hulle alles vervul het wat van hom geskrywe is, het hulle hom van die boom afgehaal en in 'n graf neergelê. Maar God het hom uit die dood opgewek: En hy is baie dae lank gesien van die wat saam met Hom opgetrek het van Galiléa na Jerusalem, wat sy getuies vir die volk is. En ons verkondig aan julle die blye boodskap dat die belofte wat aan die vaders gemaak is, God het dit aan ons, hulle kinders, vervul deurdat Hy Jesus weer opgewek het; soos ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. En aangaande dat Hy hom uit die dode opgewek het, om nou nie meer tot verderflikheid terug te keer nie, het hy op hierdie wyse gesê: Ek sal jou die vaste barmhartighede van Dawid gee. Daarom sê Hy ook in 'n ander psalm: U mag u Heilige nie toelaat om verderwing te sien nie. Want Dawid het, nadat hy sy eie geslag deur die wil van God gedien het, aan die slaap geval en by sy vaders neergelê en verderwing gesien. Maar hy wat God weer opgewek het, het geen verderf gesien nie. Laat dit dan aan julle bekend wees, manne en broeders, dat deur hierdie man die vergewing van sondes aan julle verkondig word. En deur Hom word almal wat glo, geregverdig uit alle dinge waaruit julle nie geregverdig kon word deur die wet van Moses nie. Pas dan op dat dit nie oor julle kom waarvan daar deur die profete gespreek is nie; Kyk, julle veragters, en verwonder julle en vergaan, want Ek doen 'n werk in julle dae, 'n werk wat julle nooit sal glo nie, al sou iemand dit aan julle verkondig.

HANDELINGE 13:16-41 Die Boodskap (DB)

Paulus het opgestaan en vir almal in die sinagoge beduie om stil te bly. Toe sê hy vir hulle: “Geagte volksgenote, ek kom agter dat julle groot respek vir God het. Daarom moet julle nou baie mooi luister. God het ons voorvaders baie jammer gekry. Daarom het Hy hulle as sy volk uitgekies. Toe hulle nog slawe en vreemdelinge in Egipte was, het Hy hulle daar gaan uithaal en van hulle ’n groot volk gemaak. Veertig jaar lank het Hy vir hulle in die woestyn gesorg. Daarna het Hy sewe volke in Kanaän vernietig en hulle grond aan ons voorouers gegee. Gedurende hierdie tyd van sowat 450 jaar het God ’n hele klomp rigters aangestel om sy volk te lei totdat die profeet Samuel op die toneel verskyn het. “In Samuel se tyd wou die volk ’n koning hê om oor hulle te regeer. God het Saul, die seun van Kis uit die stam van Benjamin, as koning aangestel. Hy het 40 jaar lank regeer. Nadat God hom van die toneel verwyder het, het Hy Dawid as die nuwe koning aangewys. God het van hom gesê: ‘Ek het oral gesoek totdat ek Dawid, Isai se seun, gekry het. Hy is iemand so reg na my hart. Hy sal alles doen wat Ek vir hom sê.’ “Uit Dawid se nageslag het God ’n Redder vir Israel laat voortkom. Sy naam is Jesus. Net voor Hom het Johannes die Doper daar in Galilea opgetree. Hy het vir die volk gesê dat hulle hulle sondes moet laat staan en hulle tot God moet bekeer. Diegene wat bereid was om dit te doen, is toe deur hom gedoop. Toe Johannes amper klaar was met sy werk, het hy gesê: ‘Dink julle dat ek die Een, die Gestuurde van God is? Wel, julle is verkeerd. Ek is nie Hy nie. As ek klaar is met my werk, sal hierdie Een op die toneel verskyn. Hy is so belangrik dat ek nie eens werd is om die werk van ’n slaaf vir Hom te doen deur sy skoene vir Hom vas te maak nie.’” “Broers, julle is Abraham se nageslag. Julle is die mense wat groot respek vir God het. Weet julle, hierdie boodskap van verlossing is spesiaal vir julle bedoel. “Die inwoners van Jerusalem en al hulle leiers het nie ’n idee gehad wie Jesus regtig is nie. Daarom het hulle Hom doodgemaak. So het hulle die woorde van die profete waar laat word wat julle elke sabbat hier in julle sinagoge lees. Daardie mense het glad nie ’n goeie rede gehad om Jesus dood te maak nie, maar nogtans het hulle dit gedoen. Hulle het by die Romeinse goewerneur, Pilatus, gaan soebat dat hy Hom moes teregstel. “Nadat hierdie mense alles aan die Messias gedoen het wat die profete gesê het hulle sou doen, het hulle sy liggaam van die kruis afgehaal en Hom gaan begrawe. “God het Hom weer lewendig gemaak. Daarna het Jesus dikwels aan sy volgelinge verskyn. Dit is hulle wat van die tyd toe Hy in Galilea gepreek het oral saam met Hom rondgegaan het. Daardie mans het met hulle eie oë gesien dat Hy lewe. Hulle is op hierdie selfde oomblik besig om oral onder die Israeliete te preek.” “Ons het vandag baie goeie nuus vir julle: al die beloftes wat God aan ons voorouers gemaak het, het nou waar geword. Ons, hulle kinders, kan nou hoor en sien dat dit waar geword het toe Hy Jesus lewendig gemaak het. Een van die psalms beskryf dit glashelder: ‘Jy is my Seun. Net jy! Vandag verklaar Ek voor almal dat Ek jou Vader is.’ “Toe God Jesus lewendig gemaak het, het Hy dit eens en vir altyd gedoen. Jesus sal nooit weer doodgaan en in die doderyk vergaan nie. So het God alles waar laat word wat Dawid vroeër gesê het: ‘U sal nooit toelaat dat u eie kneg in die doderyk vergaan nie.’ “Dawid het natuurlik nie oor homself gepraat toe hy dit geskryf het nie. Hy is immers lankal dood en begrawe. Van hom het daar niks oorgebly nie. Maar Jesus is deur God lewendig gemaak. Hy sal nooit weer die binnekant van die doderyk met al sy verrotting sien nie. “Vriende, julle moet mooi luister na wat ek vandag vir julle sê: julle moet begryp dat Jesus al julle sondes kan vergewe. Dit is die boodskap wat ek vandag aan julle bring. Ja, Hy kan selfs daardie sondes van julle wegvat wat die wet van Moses nie kan wegvat nie. Elkeen wat in Jesus glo, se saak met God is weer in orde. “Moenie die fout maak om hierdie boodskap te verwerp nie. Dan gaan dit van julle waar wees wat God deur een van sy boodskappers gesê het: ‘Oppas, julle spul spotters. Julle gaan verbaas staan oor wat Ek onder julle gaan doen. Dit gaan so indrukwekkend wees dat julle dit nie sou glo as iemand anders julle daarvan vertel het nie. Maar dan sal dit te laat wees, want Ek gaan julle vernietig.’”

HANDELINGE 13:16-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Paulus het opgestaan en met ’n handbeweging aandag gevra en gesê: “Geagte Israeliete en julle ander wat vir die ware God ontsag het, luister. “Die God van hierdie volk Israel het ons voorgeslag uitgekies en hulle voorspoedig gemaak toe hulle in Egipte as uitlanders gewoon het. Hy het hulle kragtig daarvandaan uitgelei. Hy het hulle in die woestyn ongeveer 40 jaar lank geduldig verdra. Daarna het Hy sewe nasies in Kanaän uitgewis en hulle land as erfporsie aan die Israeliete gegee. Dit alles het ongeveer 450 jaar geneem. Daarna het Hy rigters voorsien tot die tyd van die profeet Samuel. Toe wou hulle ’n koning hê, en God het Saul, die seun van Kis, ’n man uit die stam Benjamin, vir 40 jaar aan hulle gegee. Nadat God hom verwyder het, het Hy Dawid vir hulle as koning voorsien. Van hom het God getuig: ‘Ek het Dawid, seun van Isai, gekry; hy is ’n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ “Uit hierdie man se nageslag het God die beloofde Verlosser vir Israel, Jesus, laat voortkom! Voor sy koms het Johannes die bekeringsdoop aan die hele volk Israel verkondig. En toe Johannes aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Dink julle miskien ek is die Messias? Nee, ek is nie! Die Messias kom ná my. Ek is selfs nie werd om sy sandale los te maak nie.’ “Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het, aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur! Die mense in Jerusalem en hulle leiers het die uitsprake van die profete in vervulling laat gaan deur Jesus tot die dood te veroordeel. Hulle het Hom nie herken nie en ook nie besef dat dit Hy is oor wie die profete geskryf het nie, al word dit elke Sabbatdag voorgelees. Hulle kon geen grond vir die doodvonnis kry nie, maar nogtans het hulle Pilatus gevra om Hom te laat doodmaak. “Nadat hulle alles gedoen het wat oor sy lyding in die Skrif geskryf staan, het hulle Hom van die kruis afgehaal en in ’n grafkamer neergelê. Maar God het Hom uit die dood opgewek! Jesus het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk. “En nou verkondig ek en Barnabas hierdie Goeie Nuus aan julle: God het die belofte aan ons voorgeslagte waar laat word. Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf: ‘Jy is my Seun; Ék het jou vandag verwek.’ “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’ “Daarom sê God ook elders: ‘U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is tot niet gaan nie.’ Dit verwys nie na Dawid nie, want hy het tog gesterf nadat hy die mense van sy eie tyd gedien het soos God beskik het. Hy is by sy voorgeslagte begrawe, en sy liggaam hét tot niet gegaan. Nee, die verwysing is na Iemand anders: Hóm het God opgewek, sý liggaam het nie tot niet gegaan nie. “Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie, maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek. Pas dan op dat wat in die profete gesê is, nie op julle van toepassing word nie: ‘Sien dit tog raak, julle veragters! Staan verstom en gaan te gronde! Want in julle tyd doen Ek iets, iets wat julle beslis nie sal glo nie, selfs nie as iemand dit vir julle vertel nie.’”