HANDELINGE 13:1-15
HANDELINGE 13:1-15 Die Boodskap (DB)
Die gemeente in Antiogië het ’n klompie knap leiers gehad wat oor die gawe beskik het om God se wil bekend te maak. Barnabas, Simeon (hy is ook “swart Simeon” genoem), Lusius uit Sirene, Manaen, ’n stiefbroer van Herodes en ook Saulus het die gelowiges geleer hoe om tot God se eer te leef. Op ’n dag, terwyl hulle besig was om te vas en ernstig tot die Here te bid, het die Heilige Gees vir hulle kom sê: “Julle moet Barnabas en Saulus nou losmaak van hulle werk in die gemeente. Daar wag ’n nuwe taak op hulle.” Die gelowiges het toe klaar gevas en gebid en daarna het hulle hulle hande op Barnabas en Saulus gesit om hulle aan die Here op te dra. Daarop het die gelowiges van hulle afskeid geneem. Die Heilige Gees het Saulus en Barnabas Seleukië toe gestuur. Daarvandaan het hulle per skip na die eiland Siprus gevaar. Johannes Markus het ook saam met hulle gegaan. In Salamis het hulle begin om God se woord in die godsdienstige bymekaarkomplekke van die Jode bekend te maak. Hulle het die eiland van hoek tot kant deurkruis. Met hulle aankoms by Pafos het hulle ’n Joodse towenaar raakgeloop. Sy naam was Barjesus. Hy het gemaak of hy ’n boodskapper van God was. Die goewerneur, Sergius Paulus, ’n baie intelligente man, het die wêreld van hom gedink. Goewerneur Sergius Paulus het van Barnabas en Saulus te hore gekom en hulle laat haal. Hy wou persoonlik by hulle hoor wat hulle oor God te sê gehad het. Elimas (dit is Barjesus se Griekse naam) was nie baie bly daaroor nie. Hy het die goewerneur probeer keer om na hulle te luister, want hy wou nie hê dat Sergius Paulus ’n Christen moes word nie. Toe Saulus (of Paulus, soos hy ook bekend was) by Sergius Paulus aankom, was Elimas ook daar. Paulus was vol van die Heilige Gees se krag. Hy het Elimas waterpas in die oë gekyk en vir hom gesê: “Ek sien dat jou lewe die ene boosheid is. Jy is ’n kind van die duiwel. Met al jou skewe leringe probeer jy keer dat God se woord op die regte manier bekendgemaak word. Maar nou het jy jou teen God self vasgeloop. Hy gaan jou van hierdie oomblik af blind laat word. Jy sal ’n ruk lank niks kan sien nie.” Dadelik het alles voor Elimas donker geword. Hy het hulpeloos rondgestrompel en gevra dat iemand hom moet weglei. Omdat die goewerneur gesien het wat gebeur het, het hy in Jesus begin glo. Hy was baie opgewonde oor alles wat Paulus-hulle vir hom oor die Here gesê het. Na hierdie gebeure het Paulus en sy metgeselle met ’n skip na Perge in Pamfilië gereis. Johannes Markus het nie kans gesien om verder saam met hulle te gaan nie. Hy het besluit om terug te gaan Jerusalem toe. Intussen het die res van die geselskap van Perge na die stad Antiogië in Pisidië vertrek. Met hulle aankoms het hulle op die sabbatdag na die Joodse aanbiddingsplek gegaan. Nadat die voorganger in die sinagoge uit die Ou Testament voorgelees het, het die hoofde van die sinagoge vir Paulus en Barnabas gevra: “Vriende, ons sien julle is nuut hier. Het julle nie iets op die hart wat julle vir ons wil vertel nie? Dalk ’n woord om ons moed in te praat?”
HANDELINGE 13:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die gemeente in Antiogië was daar profete en leraars: Barnabas, Simeon met die noemnaam Niger, Lucius van Sirene, Manaen, wat saam met koning Herodes Antipas grootgeword het, en Saulus. ’n Keer toe hulle bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Ná nog vas en gebed is hulle die hande opgelê en het die gemeente hulle weggestuur. Deur die Heilige Gees uitgestuur, het Barnabas en Saulus na Seleukië toe afgegaan en daarvandaan na die eiland Siprus toe oorgevaar. In Salamis aangekom, het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes as helper gehad. Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle ’n Joodse towenaar teëgekom het, ’n vals profeet met die naam Barjesus. Hy was saam met die goewerneur, Sergius Paulus, wat ’n verstandige man was. Die goewerneur het Barnabas en Saulus genooi om die woord van God van hulle te hoor. Die towenaar Elimas (sy naam word só vertaal) het hulle egter teengestaan omdat hy die goewerneur wou weghou van die Christelike geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom stip aangekyk en gesê: “Duiwelskind! Jy loop oor van al wat skelmstreek en bedrogspul is! Vyand van alles wat reg is! Sal jy nooit ophou om die reguit paaie van die Here vol kronkels te maak nie? Nou is die strawwende hand van die Here op jou. Jy sal blind word en die son ’n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het hy net mistigheid en donkerte gesien, en hy het rondgetas en gesoek na iemand om sy gids te wees. Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy gelowig geword, en hy was verstom oor die Christelike leer. Paulus en sy reisgenote het van Pafos af weggevaar en by Perge in Pamfilië vasgemeer. Daar het Johannes hulle verlaat en teruggegaan Jerusalem toe. Barnabas en Paulus het egter die reis van Perge af voortgesit en in Antiogië in Pisidië aangekom. Op die Sabbatdag het hulle die sinagoge binnegegaan en gaan sit. Ná die gebruiklike voorlesing uit die wet en die profete het die raadslede van die sinagoge hulle laat weet: “Broers, as julle vir ons ’n woord van bemoediging het, kom praat!”
HANDELINGE 13:1-15 Bybel vir almal (ABA)
Daar was profete en leermeesters in die gemeente in die stad Antiogië. Hulle was Barnabas en Simeon, Simeon se naam was ook Niger. Daar was ook Lucius van Sirene, Manaen wat grootgeword het saam met Herodes Antipas, wat oor 'n deel van Palestina regeer het, en ook Saulus. Terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Ek het vir Barnabas en Saulus gekies om werk vir My te doen, julle moet nou vir hulle aanstel om die werk te gaan doen.” Nadat die gemeente gevas en gebid het en hulle hande op Barnabas en Saulus gesit het, het die gemeente hulle gestuur om die werk te gaan doen. Toe die Heilige Gees vir Barnabas en Saulus gestuur het om te gaan preek, het hulle na die hawestad Seleukië gegaan en van daar het hulle met 'n skip na die eiland Siprus geseil. Toe hulle in die stad Salamis kom, het hulle aangehou om vir die mense die boodskap van God te bring in die sinagoges van die Jode. Johannes was ook by Barnabas en Saulus om hulle te help. Hulle het deur die hele eiland gegaan tot by die stad Pafos. Daar het hulle 'n man ontmoet, sy naam was Barjesus. Hy was 'n Joodse towenaar en 'n vals profeet. Barjesus was daar by die goewerneur, Sergius Paulus. Sergius Paulus was 'n verstandige man. Die goewerneur het toe vir Barnabas en Saulus laat roep omdat hy baie graag die boodskap oor God wou hoor. In die Griekse taal was die towenaar se naam Elimas. Hy het vir Barnabas en Saulus probeer keer omdat hy nie wou hê dat die goewerneur in Jesus moet glo nie. Maar die Heilige Gees was in Saulus, Saulus se ander naam was Paulus. Hy het reguit na Elimas gekyk. Paulus het vir hom gesê: “Jy is 'n kind van die duiwel. Jy bedrieg mense en jy doen net verkeerde dinge. Jy is 'n vyand van alles wat reg is, jy moet ophou om die reguit paaie van die Here krom te maak. Die Here sal nou teen jou wees en jy sal blind wees en jy sal 'n tyd lank nie die son kan sien nie.” Elimas het toe dadelik gedink dat dit donker geword het, soos onder 'n wolk, en hy het aangehou soek na mense wat sy hand kan neem om hom te lei. Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy in Jesus geglo, en hy was baie verbaas oor wat die mense oor die Here geleer het. Paulus en sy vriende het met 'n skip weggeseil van die hawe van Pafos en hulle het aangekom by die stad Perge in die provinsie Pamfilië. Johannes het daar weggegaan van hulle en hy het teruggegaan na Jerusalem. Maar Paulus en die ander vriende het van Perge verder gegaan na die stad Antiogië in die provinsie Pisidië. Op die Sabbatdag het hulle in die sinagoge ingegaan en gaan sit. Nadat iemand 'n deel uit die Wette van Moses en 'n deel uit die boeke van die profete gelees het, het die leiers van die sinagoge iemand na Paulus en sy vriende toe gestuur om vir hulle te sê: “Vriende, as iemand van julle iets wil sê om die volk te bemoedig, dan moet julle nou praat.”
HANDELINGE 13:1-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus. En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan. So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus. En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad. En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus. Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor. Maar Élimas die towenaar — want so word sy naam vertaal — het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei. Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo. EN Paulus en sy metgeselle het afgevaar van Pafos en by Perge in Pamfílië gekom. En Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer. Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit. En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
HANDELINGE 13:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Onder die profete en leraars in die gemeente in Antiogië was Barnabas, Simeon wat ook Niger genoem is, Lucius van Sirene, Manaen wat saam met die heerser Herodes grootgeword het, en Saulus. Toe hulle op 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan. So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar en in Salamis aangekom. Daar het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes by hulle gehad om hulle te help. Daarna het hulle die hele eiland deurgegaan tot by Pafos, waar hulle 'n Joodse towenaar met die naam Barjesus teëgekom het, wat voorgegee het dat hy 'n profeet is. Hy was by die goewerneur, Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die goewerneur het vir Barnabas en Saulus laat roep, want hy wou graag die woord van God hoor. Die towenaar, Elimas, soos hy in Grieks genoem is, het hulle egter teëgestaan omdat hy wou verhoed dat die goewerneur in Jesus glo. Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom skerp aangekyk en gesê: “Duiwelskind! Deurtrapte skelm en bedrieër! Vyand van alles wat reg is! Sal jy ophou om in die pad van die Here te staan! Die Here gaan jou nou straf. Jy sal blind word en die son 'n tyd lank nie sien nie.” Onmiddellik het alles vir hom vaag en donker geword, en hy het rondgetas na iemand om hom aan die hand te lei. Die goewerneur was diep onder die indruk van die leer van die Here, en toe hy sien wat gebeur het, het hy gelowig geword. Paulus en sy reisgenote het met 'n skip van Pafos af vertrek en by Perge in Pamfilië aangekom. Daar het Johannes hulle verlaat en na Jerusalem toe teruggegaan. Maar hulle het die reis van Perge af voortgesit en in Antiogië in Pisidië gekom. Op die sabbatdag het hulle na die sinagoge toe gegaan en daar gaan sit. Ná die voorlesing uit die wet en die profete het die raadslede van die sinagoge hulle laat weet: “Broers, as julle vir die volk 'n woord van bemoediging het, praat maar.”
HANDELINGE 13:1-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die plaaslike •gemeente in Antiogië was daar profete en leermeesters, onder andere Barnabas, Simeon bekend as Niger, Lucius van Sirene, Manaen, 'n jeugvriend van Herodes die tetrarg, en Saulus. Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.” Toe die gemeente klaar gevas en gebid het, het hulle hulle die hande opgelê en weggestuur. So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees gestuur, en hulle het afgereis na Seleukië en daarvandaan weggevaar na Ciprus. Toe hulle in Salamis aankom, het hulle die woord van God in die Joodse •sinagoges verkondig, met Johannes as hulle helper. Hulle het deur die hele eiland gereis tot in Pafos, waar hulle 'n sekere Joodse towenaar aangetref het, 'n vals profeet met die naam Barjesus. Hy was die metgesel van die prokonsul Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die prokonsul het Barnabas en Saulus laat roep, omdat hy graag die woord van God wou hoor. Maar die towenaar Elimas – want so word die naam Barjesus vertaal – het hulle teengestaan, omdat hy die prokonsul van die geloof wou weghou. Maar Saulus, oftewel Paulus, het hom stip aangekyk en, vervul met die Heilige Gees, gesê: “O, kind van die Duiwel, vyand van alle •geregtigheid, en vol allerlei listighede en elke soort bedrog – sal jy nie ophou om die reguit paaie van die Here te verdraai nie? Maar kyk, nou gaan die hand van die Here jou tref en jy sal 'n ruk lank blind wees en die son nie sien nie.” Onmiddellik het 'n mistigheid en duisternis hom oorval en hy het rondgestrompel en mense gesoek om hom aan die hand te lei. Toe die prokonsul sien wat gebeur het, het hy, verstom oor die leer van die Here, gelowig geword. Paulus en sy reisgenote het van Pafos af weggevaar en Perge in Pamfilië bereik. Daar het Johannes hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer. Hulle het van Perge verder gegaan en by Antiogië in Pisidië aangekom, en op die Sabbat die •sinagoge binnegegaan en gaan sit. Ná die voorlesing van die Wet en die Profete, het die leiers van die sinagoge 'n boodskap na hulle gestuur met die woorde: “Broers, as julle 'n woord van bemoediging vir die volk het, sê dit!”
HANDELINGE 13:1-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou was daar in die gemeente wat in Antiogië was sekere profete en leraars; soos Barnabas en Simeon wat Niger genoem word, en Lucius van Cirene en Manaen wat by Herodes die viervors grootgemaak is, en Saul. Terwyl hulle die Here dien en vas, het die Heilige Gees gesê: Skei Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het. En nadat hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, het hulle hulle weggestuur. Hulle het toe, uitgestuur deur die Heilige Gees, na Seleucia vertrek; en daarvandaan het hulle na Ciprus gevaar. En toe hulle in Salamis was, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as hul bedienaar gehad. En toe hulle deur die eiland gegaan het tot by Pafos, het hulle 'n sekere towenaar, 'n valse profeet, 'n Jood gevind met die naam van Barjesus. Hy was saam met die adjunk van die land, Sergius Paulus, 'n verstandige man; wat Barnabas en Saul geroep het en die woord van God wou hoor. Maar Elimas, die towenaar (want so is sy naam deur uitlegging) het hulle teëgestaan en probeer om die plaasvervanger van die geloof af te keer. Toe het Saulus, (wat ook Paulus genoem word), vervul met die Heilige Gees, sy oë op hom gerig, en gesê: O vol van alle listigheid en alle onheil, kind van die duiwel, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die regte weë van die Here te verdraai nie? En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en vir 'n tyd lank nie die son sien nie. En dadelik het 'n mis en 'n duisternis op Hom geval; en hy het rondgegaan en sommige gesoek om hom aan die hand te lei. Toe die plaasvervanger toe hy sien wat gebeur het, het hy geglo, verbaas oor die leer van die Here. En toe Paulus en sy geselskap van Pafos losgemaak het, het hulle by Perge in Pamfilië aangekom; en Johannes het van hulle af weggegaan en na Jerusalem teruggekeer. Maar toe hulle van Perge af vertrek het, het hulle in Antiogië in Pisidië gekom en op die sabbatdag in die sinagoge ingegaan en gaan sit. En ná die voorlesing van die wet en die profete het die owerstes van die sinagoge na hulle gestuur om te sê: Manne en broeders, as julle 'n woord van vermaning vir die volk het, sê verder.