HANDELINGE 12:4
HANDELINGE 12:4 Bybel vir almal (ABA)
Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het Herodes hom in die tronk laat gooi en hy het Petrus vir vier groepe soldate gegee. Daar was vier soldate in elke groep. Die soldate moes vir Petrus oppas. Herodes wou vir Petrus ná die Paasfees voor die volk bring om hom te oordeel.
HANDELINGE 12:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.
HANDELINGE 12:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het hy hom in die tronk gesit en hom deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná die paasfees voor die volk bring.
HANDELINGE 12:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hy hom laat arresteer het, het hy hom in die tronk laat gooi en oorgegee aan vier afdelings van vier soldate elk, met die bedoeling om hom ná die Pasga voor die volk te bring.
HANDELINGE 12:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nadat hy hom gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en hom aan vier kwartiere soldate oorgegee om hom te bewaar; met die bedoeling om hom na Paasfees na die volk uit te bring.