HANDELINGE 12:17
HANDELINGE 12:17 Bybel vir almal (ABA)
Petrus het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly. Toe vertel hy vir hulle hoe die Here hom uit die tronk gelei het. Hy het ook gesê: “Julle moet hierdie dinge vir Jakobus en die ander gelowiges vertel.” Toe het hy uit die huis gegaan na 'n ander plek.
HANDELINGE 12:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy het hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.
HANDELINGE 12:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. “Vertel dit vir Jakobus en die ander gelowiges,” het hy gesê en na 'n ander plek toe vertrek.
HANDELINGE 12:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy het met 'n handgebaar vir hulle beduie om stil te bly en vir hulle beskryf hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. Toe sê hy: “Vertel dit aan Jakobus en die broers.” En hy het buitentoe gegaan en na 'n ander plek vertrek.
HANDELINGE 12:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het hulle met die hand beduie om te swyg, en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk gebring het. En hy sê: Gaan vertel hierdie dinge aan Jakobus en die broeders. En hy het weggegaan en na 'n ander plek gegaan.
HANDELINGE 12:17 Die Boodskap (DB)
Onder al die opgewondenheid deur het Petrus hulle stilgemaak en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk bevry het. “Gaan sê asseblief vir Jakobus en die ander gelowiges wat gebeur het,” het hy bygevoeg. Daarna het hy na ’n ander plek vertrek.