Handelinge 12:17

Handelinge 12:17 AFR20

Maar hy het met 'n handgebaar vir hulle beduie om stil te bly en vir hulle beskryf hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. Toe sê hy: “Vertel dit aan Jakobus en die broers.” En hy het buitentoe gegaan en na 'n ander plek vertrek.