2 SAMUEL 22:32-34
2 SAMUEL 22:32-34 Die Boodskap (DB)
Daar is nie nog ’n god behalwe die Here nie, en ’n mens is nêrens so veilig soos by ons God nie. God maak my sterk; Hy maak my pad gelyk. Hy maak my so rats soos ’n ribbok sodat ek op ’n steil krans kan staan.
2 SAMUEL 22:32-34 Bybel vir almal (ABA)
Die Here is die enigste God, net ons God is 'n Rots. Hy is die God wat sterk is, ek is veilig by Hom, Hy maak my lewe veilig. Hy laat my so vas staan soos 'n ribbok, Hy laat my veilig staan op hoë plekke.
2 SAMUEL 22:32-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God? Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
2 SAMUEL 22:32-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.
2 SAMUEL 22:32-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, wie is God behalwe die HERE? Wie is 'n rots buiten ons God? God is my sterk toevlug; Hy maak my pad volmaak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan.