2 SAMUEL 22:3
2 SAMUEL 22:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos.
2 SAMUEL 22:3 Bybel vir almal (ABA)
God wat my Rots is, ek voel veilig by U, U is vir my soos 'n skild, U is sterk en U red my, U is vir my 'n veilige plek, ek kan na U toe vlug, U is my Redder, U red my van mense wat my aanval
2 SAMUEL 22:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.
2 SAMUEL 22:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die horing van my redding, my toevlugsoord, my skuilplek, my verlosser – van geweld het U my verlos.
2 SAMUEL 22:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die God van my rots; op Hom sal ek vertrou: Hy is my skild en die horing van my heil, my hoë toring en my toevlug, my redder; U red my van geweld.