2 KONINGS 9:15-37

2 KONINGS 9:14-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi, het met hulle saamgesweer teen koning Joram van Israel. Hy was toe in Jisreël waar hy gaan herstel het van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het toe hy teen koning Gasael van Aram geveg het. Dit het gebeur terwyl Joram en die Israeliete besig was om Ramot in Gilead te verdedig teen koning Gasael van Aram. Jehu het gesê: “As julle aan my kant is, sorg dat niemand wegkom uit Ramot uit om die nuus in Jisreël te gaan vertel nie.” Daarna het Jehu op sy wa geklim en Jisreël toe gery waar Joram siek gelê het en koning Ahasia van Juda vir Joram gaan besoek het. Waar die wag op die toring in Jisreël gestaan het, het hy Jehu se aanhangers sien aankom. Hy het opgemerk: “Ek sien 'n klomp mense.” Toe sê Joram: “Beveel 'n ruiter om hulle tegemoet te ry en te vra of hulle in vrede kom.” Die perderuiter het Jehu tegemoet gegaan en gesê: “Die koning vra of jy in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.” Die man het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.” Koning Joram stuur toe 'n tweede perderuiter. Toe hy by hulle kom, sê hy: “Die koning vra of jy in vrede kom?” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.” Die wag het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Die een wat die wa dryf, moet Jehu seun van Nimsi wees, want hy dryf soos 'n mal mens!” Koning Joram van Israel het toe opdrag gegee: “Span die wa in.” Hulle het sy wa ingespan en hy het opgeklim. Koning Ahasia van Juda het op sy eie wa geklim. Hulle het na Jehu toe gery en by hom gekom by die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. Toe Joram vir Jehu sien, vra hy: “Kom jy in vrede, Jehu?” Maar hy antwoord: “Wat? Vrede? Met al hierdie hoerery en toordery van jou ma Isebel se afgodsdiens?” Toe Joram die wa ompluk om te vlug, skree hy vir Ahasia: “Verraad, Ahasia!” Jehu het sy boog gespan en Joram tussen die blaaie getref. Die pyl is deur sy hart; daar op sy wa het hy inmekaargesak. Jehu het sy adjudant Bidkar beveel: “Tel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. Onthou jy toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab aangery het hoe die Here hierdie oordeel oor hom aangekondig het? Die Here het toe gesê: ‘So seker as Ek die vergieting van die bloed van Nabot en van sy seuns gister gesien het, sal Ek jou daarvoor vergelding laat doen op hierdie selfde stuk grond.’ Vat hom nou en gooi hom op dié stuk grond, net soos die Here gesê het.” Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy in die rigting van Bet-Gan gevlug. Jehu het hom agtervolg en opdrag gegee: “Skiet hom ook!” Op die hoogte van Gur, by Jibleam, het hulle hom op sy wa raakgeskiet. Hy het nog tot by Megiddo gevlug, maar daar het hy gesterf. Sy dienaars het hom op sy wa na Jerusalem toe vervoer en hom daar in die Dawidstad in die familiegraf begrawe. In die elfde regeringsjaar van Joram seun van Agab het Ahasia koning geword oor Juda. Isebel het gehoor dat Jehu na Jisreël toe op pad is. Sy het oogverf aangesmeer en haar hare mooi gemaak. Sy het by die venster gaan staan en uitkyk. Toe Jehu by die poort inkom, het sy vir hom gesê: “Kom jy in vrede, Simri , koningsmoordenaar?” Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant? Wie?” Twee, drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe. Hy het beveel: “Gooi haar af!” Toe gooi hulle haar af. Van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en hulle het haar doodgetrap. Hy het in die paleis ingegaan en gaan eet en drink. Daarna het hy gesê: “Sien tog maar om na hierdie vervloekte vrou. Begrawe haar, sy is darem 'n koning se dogter.” Hulle is weg om haar te gaan begrawe, maar hulle kon net die kopbeen, die voete en die hande kry. Toe hulle dit aan Jehu kom rapporteer, het hy gesê: “Dit is die woord van die Here wat deur sy dienaar Elia die Tisbiet gekom het: ‘Op die oop stuk grond in Jisreël sal die honde die vleis van Isebel opvreet.’ Op die oop stuk grond in Jisreël sal die lyk van Isebel wees soos mis in 'n land. Niemand sal kan sê dit is Isebel nie.”

2 KONINGS 9:15-37 Die Boodskap (DB)

Koning Joram self is egter in die gevegte gewond en moes na Jisreël teruggaan om te herstel. Jehu het gesê: “As julle my steun, sorg dan dat niemand hier uit Ramot vlug om die nuus van wat ons doen in Jisreël te gaan vertel nie.” Jehu het toe op sy strydwa geklim en na Jisreël toe gejaag. Joram was nog in die bed waar Ahasia hom besoek het. ’n Wag op een van die torings het die klomp mense sien aankom en laat weet: “Hier kom ’n klomp mense aan.” Joram het beveel: “Stuur iemand te perd om te gaan vra of hulle in vrede kom.” Toe die perderuiter by Jehu-hulle kom, sê hy: “Die koning vra of julle in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat praat jy van vrede? Val agter my in!” Die wag het vir Joram laat weet: “Die ruiter het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie!” Joram het toe nog ’n boodskapper gestuur, maar presies dieselfde het weer gebeur. Die wag het vir Joram gesê: “Die tweede boodskapper kom ook nie terug nie. En ek dink dit moet Jehu, die seun van Nimsi, wees wat hier aankom, want hy ry soos ’n mal mens!” Die koning het toe beveel: “Kry vir my ’n strydwa gereed!” Koning Joram van Israel en koning Ahasia van Juda het toe op hulle strydwaens vir Jehu tegemoet gery. Hulle het mekaar op die stuk veld ontmoet wat vroeër aan Nabot behoort het. Toe hulle naby aan mekaar was, het Joram geroep: “Jehu, kom jy in vrede?” “Vrede? Wat bedoel jy?” het Jehu gevra. “Hoe kan daar vrede wees terwyl jou ma vreemde gode laat vereer en towery bedryf?” Joram het besef wat aangaan en sy strydwa omgepluk om te vlug. Hy het vir Ahasia geskree: “Dit is verraad, Ahasia!” Jehu het sy boog gespan en Joram tussen die blaaie geskiet. Die pyl het deur sy hart gegaan en hy het net daar bo-op sy strydwa dood inmekaargesak. Jehu het vir Bidkar, sy adjudant, gesê: “Gooi hom net hier op Nabot se stuk grond af. Onthou jy destyds toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab gery het, het Agab die volgende boodskap van die Here af gekry: ‘Ek sweer dat Ek die moord op Nabot en sy seuns gesien het. Ek sal jou en jou familie op hierdie selfde stuk grond laat boet!’ Dus, gooi hom hier op Nabot se grond af, soos die Here gesê het.” Toe Ahasia sien wat gebeur, het hy weggejaag in die rigting van Bet-Gan. Jehu het agter hom aangejaag en vir sy mense geskree: “Skiet hom ook!” By die hoogte van Gur, naby Jiblaim, is hy gewond. Hy kon nog tot by Megiddo wegjaag, waar hy dood is. Sy amptenare het sy lyk op sy strydwa Jerusalem toe geneem en hom daar, in die Stad van Dawid, by sy voorouers begrawe. Ahasia het in Joram se elfde jaar as koning van Israel in Juda begin regeer. Toe Isebel hoor dat Jehu na Jisreël toe op pad was, het sy haar gegrimeer en haar hare versorg. Sy het by die venster gaan staan en buitentoe gekyk. Toe Jehu by die stadspoort inkom, het sy vir hom gevra: “Kom jy in vrede, moordenaar? Jy is net soos Simri wat sy heer vermoor het.” Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant?” Twee of drie van die paleiswerkers het vir hom gekyk. Toe skree hy vir hulle: “Gooi haar daar af!” Hulle het haar toe by die venster uitgegooi. Daar het van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat en Jehu het haar nog verder onder die perdehoewe vertrap. Jehu het toe in die paleis gaan eet en drink. Toe hy versadig was, het hy gesê: “Iemand moet die vervloekte vrou gaan begrawe, want sy was darem ’n koning se dogter.” Toe hulle buite kom, was daar byna niks van haar oor nie. Hulle kon net haar kopbeen, haar voete en haar hande vind. Hulle het vir Jehu gaan vertel wat hulle gekry het. Hy sê toe: “Dit is nou presies wat die Here gesê het met Isebel sou gebeur. Elia, die profeet, het gesê: ‘Honde sal op die oop stuk grond in Jisreël Isebel se vleis eet.’ Haar oorblyfsels sal soos mis op die velde lê en niemand sal weet dit is Isebel se oorblyfsels nie.”

2 KONINGS 9:14-37 Bybel vir almal (ABA)

Jehu seun van Nimsi het saam met die offisiere planne gemaak om koning Joram dood te maak. Joram was toe in die stad Jisreël om gesond te word, want die Arameërs het hom raakgeskiet en gewond toe hy die stad Ramot in Gilead wou terugvat. Joram en al die manne van Israel het daar geveg teen koning Gasael van Aram. Jehu het vir die offisiere gesê: “As julle wil hê ek moet koning word, dan moet julle seker maak dat niemand hier uit Ramot wegkom om vir die koning in Jisreël te gaan vertel wat ons wil doen nie.” Jehu het na Jisreël gery, want Joram het daar siek gelê, en koning Ahasia van Juda het vir Joram kom besoek. Die wag op die toring van Jisreël het die klomp mense van Jehu gesien aankom en hy het geskree: “Ek sien 'n klomp mense!” Joram het gesê: “Stuur 'n boodskapper op 'n perd na hulle toe en sê hy moet vra of daar 'n probleem is.” Die boodskapper het na Jehu toe gegaan en gesê: “Die koning vra of daar 'n probleem is.” Jehu het gesê: “Hoekom vra jy of daar 'n probleem is? Dit maak nie saak nie, draai om en kom saam met my.” Die wag het geskree: “Die boodskapper het by die klomp mense gekom, maar hy kom nie terug nie.” Die koning het weer 'n boodskapper op 'n perd gestuur, en hy het by die manne gekom en gesê: “Die koning vra of daar 'n probleem is.” En Jehu het gesê: “Hoekom vra jy of daar 'n probleem is? Dit maak nie saak nie, draai om en kom saam met my.” Die wag het geskree: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom ook nie terug nie. Dit lyk of dit Jehu is wat op die oorlogkar ry, want hy jaag soos 'n mal mens.” Joram sê toe hulle moet sy oorlogkar inspan. Hulle het dit gedoen, en hy en koning Ahasia van Juda het elkeen op sy eie oorlogkar gery om vir Jehu te gaan ontmoet. Hulle het hom gekry op die grond van Nabot van Jisreël. Toe Joram sien dit is Jehu, vra hy: “Jehu, is daar 'n probleem?” Jehu het geantwoord: “Die probleem is dat jou ma Isebel vir die mense leer om afgode te dien en om te toor.” Joram het omgedraai met sy wa en hy het vir Ahasia geskree: “Hulle het ons verraai!” Maar Jehu het sy boog se snaar styfgetrek en hy het vir Joram bo in sy rug geskiet. Die pyl het deur Joram se hart gegaan en hy het op die wa dood neergeval. Jehu het vir sy offisier Bidkar gesê: “Vat hom en gooi hom op die grond van Nabot van Jisreël. Onthou jy dat ek en jy agter sy pa Agab gery het toe die Here gesê het dit sal gebeur? Die Here het gesê: ‘Ek het gisteraand die bloed van Nabot en sy seuns gesien, en Ek belowe Ek sal jou op hierdie selfde grond daaroor straf.’ ” Jehu sê toe: “Vat hom en gooi hom op die grond, soos die Here gesê het.” Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy weggejaag op die pad na die stad Bet-Gan, maar Jehu het hom gevolg en gejaag en gesê: “Hy moet ook sterf.” Jehu se manne het vir Ahasia geskiet op sy wa toe hy na die stad Gur gery het. Dit is naby die stad Jibleam. Ahasia het na die stad Megiddo gevlug, en hy het daar gesterf. Sy amptenare het hom na Jerusalem gebring en hulle het hom begrawe in sy graf by sy voorvaders in die Dawidstad. Ahasia het koning van Juda geword in die elfde jaar nadat Joram seun van Agab koning geword het. Toe Isebel hoor dat Jehu in die stad Jisreël aangekom het, het sy oogverf aan haar oë gesmeer en sy het haar hare mooi gemaak en voor 'n venster gaan staan. Toe Jehu by die poort kom, het Isebel gesê: “Wat is jou probleem? Jy is soos Simri, jy het ook jou koning vermoor.” Jehu het opgekyk na die venster en gevra: “Wie wil vir my help? Wie?” Twee of drie van die paleiswerkers het by vensters afgekyk na Jehu, en hy het gesê: “Gooi Isebel af!” Hulle het haar afgegooi. Haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en die perde het haar doodgetrap. Jehu het ingegaan en geëet en gedrink. Daarna het hy gesê: “Julle moet kyk en seker maak dat iemand daardie slegte vrou begrawe, want sy is 'n koning se dogter.” Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, het hulle net haar kopbeen en voete en hande gekry. Hulle het teruggekom en hulle het dit vir Jehu vertel. Jehu het toe gesê: “Dit was die boodskap wat die Here gestuur het saam met sy dienaar Elia van Tisbe. Elia het gesê: ‘Die honde sal Isebel se vleis vreet op die oop stuk grond by Jisreël, en dit wat van haar oorbly, sal wees soos kraalmis op die land hier by Jisreël, niemand sal kan sê dit is Isebel nie.’ ”

2 KONINGS 9:15-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in Jísreël te gaan vertel nie. Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek. En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede? En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige. Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet. En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is? Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia! Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het. Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het: Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE. Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe. En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid. En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia koning oor Juda geword. En Jehu het in Jísreël gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk. Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer? En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom; en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap. En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter. Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms. Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet. En die lyk van Isébel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.

2 KONINGS 9:14-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi, het met hulle saamgesweer teen koning Joram van Israel. Hy was toe in Jisreël waar hy gaan herstel het van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het toe hy teen koning Gasael van Aram geveg het. Dit het gebeur terwyl Joram en die Israeliete besig was om Ramot in Gilead te verdedig teen koning Gasael van Aram. Jehu het gesê: “As julle aan my kant is, sorg dat niemand wegkom uit Ramot uit om die nuus in Jisreël te gaan vertel nie.” Daarna het Jehu op sy wa geklim en Jisreël toe gery waar Joram siek gelê het en koning Ahasia van Juda vir Joram gaan besoek het. Waar die wag op die toring in Jisreël gestaan het, het hy Jehu se aanhangers sien aankom. Hy het opgemerk: “Ek sien 'n klomp mense.” Toe sê Joram: “Beveel 'n ruiter om hulle tegemoet te ry en te vra of hulle in vrede kom.” Die perderuiter het Jehu tegemoet gegaan en gesê: “Die koning vra of jy in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.” Die man het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.” Koning Joram stuur toe 'n tweede perderuiter. Toe hy by hulle kom, sê hy: “Die koning vra of jy in vrede kom?” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.” Die wag het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Die een wat die wa dryf, moet Jehu seun van Nimsi wees, want hy dryf soos 'n mal mens!” Koning Joram van Israel het toe opdrag gegee: “Span die wa in.” Hulle het sy wa ingespan en hy het opgeklim. Koning Ahasia van Juda het op sy eie wa geklim. Hulle het na Jehu toe gery en by hom gekom by die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. Toe Joram vir Jehu sien, vra hy: “Kom jy in vrede, Jehu?” Maar hy antwoord: “Wat? Vrede? Met al hierdie hoerery en toordery van jou ma Isebel se afgodsdiens?” Toe Joram die wa ompluk om te vlug, skree hy vir Ahasia: “Verraad, Ahasia!” Jehu het sy boog gespan en Joram tussen die blaaie getref. Die pyl is deur sy hart; daar op sy wa het hy inmekaargesak. Jehu het sy adjudant Bidkar beveel: “Tel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. Onthou jy toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab aangery het hoe die Here hierdie oordeel oor hom aangekondig het? Die Here het toe gesê: ‘So seker as Ek die vergieting van die bloed van Nabot en van sy seuns gister gesien het, sal Ek jou daarvoor vergelding laat doen op hierdie selfde stuk grond.’ Vat hom nou en gooi hom op dié stuk grond, net soos die Here gesê het.” Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy in die rigting van Bet-Gan gevlug. Jehu het hom agtervolg en opdrag gegee: “Skiet hom ook!” Op die hoogte van Gur, by Jibleam, het hulle hom op sy wa raakgeskiet. Hy het nog tot by Megiddo gevlug, maar daar het hy gesterf. Sy dienaars het hom op sy wa na Jerusalem toe vervoer en hom daar in die Dawidstad in die familiegraf begrawe. In die elfde regeringsjaar van Joram seun van Agab het Ahasia koning geword oor Juda. Isebel het gehoor dat Jehu na Jisreël toe op pad is. Sy het oogverf aangesmeer en haar hare mooi gemaak. Sy het by die venster gaan staan en uitkyk. Toe Jehu by die poort inkom, het sy vir hom gesê: “Kom jy in vrede, Simri , koningsmoordenaar?” Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant? Wie?” Twee, drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe. Hy het beveel: “Gooi haar af!” Toe gooi hulle haar af. Van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en hulle het haar doodgetrap. Hy het in die paleis ingegaan en gaan eet en drink. Daarna het hy gesê: “Sien tog maar om na hierdie vervloekte vrou. Begrawe haar, sy is darem 'n koning se dogter.” Hulle is weg om haar te gaan begrawe, maar hulle kon net die kopbeen, die voete en die hande kry. Toe hulle dit aan Jehu kom rapporteer, het hy gesê: “Dit is die woord van die Here wat deur sy dienaar Elia die Tisbiet gekom het: ‘Op die oop stuk grond in Jisreël sal die honde die vleis van Isebel opvreet.’ Op die oop stuk grond in Jisreël sal die lyk van Isebel wees soos mis in 'n land. Niemand sal kan sê dit is Isebel nie.”

2 KONINGS 9:15-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Koning Joram het egter teruggekeer om in Jisreël te herstel van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het in sy geveg met Gasael, koning van Aram. Toe sê Jehu: “As dit julle goedkeuring wegdra, laat niemand uit die stad wegkom om dit in Jisreël te gaan bekend maak nie.” Jehu klim toe op sy wa en gaan na Jisreël, want Joram het daar siek gelê, en Ahasia, koning van Juda, het afgegaan om Joram te besoek. Die wag wat op die uitkyktoring in Jisreël gestaan het, het Jehu se troepemag sien aankom. Hy sê toe: “Ek sien troepe!” Daarop sê Joram: “Kry 'n ruiter en stuur hom om hulle tegemoet te gaan en te vra, ‘Is alles reg?’ ” Die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: “So sê die koning, ‘Is alles reg?’ ” Jehu het geantwoord: “Wat het dit met jou te doen of alles reg is? Val agter my in!” Die wag doen toe verslag: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy keer nie terug nie!” Joram stuur toe 'n tweede perderuiter, en toe hy by hulle kom, sê hy: “So sê die koning, ‘Is alles reg?’ ” Jehu het geantwoord: “Wat het dit met jou te doen of alles reg is? Val agter my in!” Die wag doen toe weer verslag: “Hy het tot by hulle gekom, maar hy keer nie terug nie. En die manier van ry, is soos dié van Jehu, seun van Nimsi, want hy jaag soos 'n besetene!” Toe sê Joram: “Span in!” Hy het sy strydwa ingespan, en Joram, koning van Israel, het saam met Ahasia, koning van Juda, uitgegaan, elkeen op sy strydwa. Hulle het uitgegaan om Jehu te ontmoet, en hulle het hom aangetref by die stuk grond van Nabot, die man uit Jisreël. Toe Joram vir Jehu sien, sê hy: “Is alles reg, Jehu?” Maar Jehu antwoord: “Hoe kan alles reg wees solank die hoerery van Isebel, jou ma, en haar eindelose heksery voortduur? ” Toe ruk Joram sy wa om en vlug. Hy skree vir Ahasia: “Verraad, Ahasia!” Maar Jehu span sy boog en tref Joram tussen sy blaaie. Die pyl het sy hart deurboor en hy het op sy strydwa inmekaargesak. Jehu sê toe vir Bidkar, sy adjudant: “Tel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot, die man uit Jisreël, want onthou, ek en jy het langs mekaar agter sy pa Agab gery toe die HERE die volgende profesie oor hom aangekondig het, ‘Gewis het Ek gisteraand die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns raakgesien, is die uitspraak van die HERE, en Ek sal dit op hierdie stuk grond aan jou vergeld, is die uitspraak van die HERE.’ Tel hom dan nou op en gooi hom op die stuk grond, ooreenkomstig die woord van die HERE.” Toe Ahasia, koning van Juda, dit sien, het hy gevlug met die pad na Bet-Gan. Maar Jehu het hom agtervolg en gesê: “Skiet hom ook!” Hulle het hom geskiet in sy strydwa teen die opdraande van Gur wat by Jibleam is. Hy het na Megiddo gevlug, maar het daar gesterf. Sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy voorouers in die Stad van Dawid begrawe. Dit was in die elfde regeringsjaar van Joram, seun van Agab, dat Ahasia koning geword het oor Juda. Jehu het in Jisreël aangekom. Toe Isebel dit hoor, het sy haar oë grimeer, haar hare netjies gemaak en deur die venster afgekyk. Terwyl Jehu by die stadspoort inkom, sê sy: “Is alles reg, Simri, moordenaar van sy heer? ” Jehu het opgekyk na die venster en gesê: “Wie is aan my kant, wie?” Twee of drie van die eunugs het na hom afgekyk. Hy sê toe: “Gooi haar af!” Hulle het haar afgegooi, en van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en dié het haar vertrap. Hy het binnetoe gegaan en geëet en gedrink. Toe sê hy: “Gee tog aandag aan hierdie vervloekte vrou en begrawe haar; sy was immers die dogter van 'n koning. ” Hulle het gegaan om haar te begrawe, maar hulle het van haar niks gekry nie, behalwe die kopbeen, die voete en die hande. Hulle het teruggekeer en dit vir Jehu vertel. Toe sê hy: “Dit is die vervulling van die woord van die HERE wat Hy by monde van sy dienskneg, Elia, die man uit Tisbe, gespreek het, ‘Op die stuk grond in Jisreël sal honde die liggaam van Isebel verslind,’ en Isebel se lyk sal op die stuk grond in Jisreël wees soos uitwerpsel in die veld. Hulle sal nie kan sê, ‘Dit was Isebel’ nie.”

2 KONINGS 9:15-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maar koning Joram is teruggekeer om in Jísreël genees te word van die wonde wat die Arameërs hom gegee het toe hy teen Hásael, die koning van Aram geveg het.) En Jehu het gesê: As dit jou bedoel is, laat niemand dan uittrek of uit die land ontsnap nie. Jehu het toe op 'n wa gery en na Jisreël gegaan; want Joram het daar gelê. En Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te sien. En daar het 'n wag op die toring in Jísreël gestaan, en hy het die skare van Jehu bekyk terwyl hy aankom, en gesê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom sê: Is dit vrede? Daarop het iemand te perd hom tegemoetgegaan en gesê: So sê die koning: Is dit vrede? Toe sê Jehu: Wat het jy met vrede te doen? draai jou agter my. En die wag het dit meegedeel en gesê: Die boodskapper het na hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Toe het hy 'n tweede te perd uitgestuur, wat na hulle gekom het en gesê het: So sê die koning: Is dit vrede? En Jehu antwoord: Wat het jy met vrede te doen? draai jou agter my. En die wag het dit vertel en gesê: Hy het tot by hulle gekom en nie teruggekom nie; want hy dryf verwoed. En Joram sê: Maak gereed. En sy wa is gereed gemaak. En Joram, die koning van Israel, en Ahásia, die koning van Juda, het uitgetrek, elkeen op sy strydwa, en hulle het uitgetrek teen Jehu en hom teëgekom op die gebied van Nabot, die Jisreëliet. En toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? En hy antwoord: Watter vrede, solank die hoererye van jou moeder Isebel en haar towerye so baie is? En Joram het sy hande omgedraai en gevlug en vir Ahásia gesê: Daar is verraad, o Ahásia! En Jehu het met sy volle krag 'n boog getrek en Joram tussen sy arms geslaan, en die pyl het by sy hart uitgegaan, en hy het in sy strydwa neergesak. Toe sê Jehu vir Bidkar, sy owerste: Neem op en gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; Waarlik, Ek het gister die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns gesien, spreek die HERE; en Ek sal jou op hierdie plat vergelde, spreek die HERE. Neem dan nou en gooi hom op die plat grond, volgens die woord van die HERE. Maar toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug na die tuinhuis toe. En Jehu het hom gevolg en gesê: Slaan hom ook in die wa. En hulle het dit gedoen by die opgang na Gur, wat by Jibleam is. En hy het na Megiddo gevlug en daar gesterf. En sy dienaars het hom in 'n strydwa na Jerusalem gebring en hom in sy graf by sy vaders in die stad van Dawid begrawe. En in die elfde jaar van Joram, die seun van Agab, het Ahásia oor Juda koning geword. En toe Jehu in Jisreël aankom, het Isébel daarvan gehoor; en sy het haar gesig geverf en haar hoof moeg gemaak en by 'n venster uitgekyk. En toe Jehu by die poort ingaan, sê sy: Het Simri vrede gehad, wat sy heer gedood het? En hy het sy aangesig na die venster opgelig en gesê: Wie is aan my sy? WHO? En daar het twee of drie eunugs na hom uitgekyk. En hy sê: Gooi haar neer. En hulle het haar neergegooi, en van haar bloed is teen die muur en op die perde gesprinkel, en hy het haar vertrap. En toe hy inkom, het hy geëet en gedrink en gesê: Gaan kyk tog na hierdie vervloekte vrou en begrawe haar, want sy is 'n koning se dogter. En hulle het gegaan om haar te begrawe, maar hulle het niks meer van haar gekry as die skedel en die voete en die handpalms nie. Daarom het hulle weer gekom en hom vertel. En hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, deur te sê: In die deel van Jísreël sal die honde die vleis van Isebel eet. En die lyk van Isebel sal wees soos mis op die veld in die deel van Jísreël; sodat hulle nie sal sê: Dit is Isébel nie.

2 KONINGS 9:15-37 Die Boodskap (DB)

Koning Joram self is egter in die gevegte gewond en moes na Jisreël teruggaan om te herstel. Jehu het gesê: “As julle my steun, sorg dan dat niemand hier uit Ramot vlug om die nuus van wat ons doen in Jisreël te gaan vertel nie.” Jehu het toe op sy strydwa geklim en na Jisreël toe gejaag. Joram was nog in die bed waar Ahasia hom besoek het. ’n Wag op een van die torings het die klomp mense sien aankom en laat weet: “Hier kom ’n klomp mense aan.” Joram het beveel: “Stuur iemand te perd om te gaan vra of hulle in vrede kom.” Toe die perderuiter by Jehu-hulle kom, sê hy: “Die koning vra of julle in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat praat jy van vrede? Val agter my in!” Die wag het vir Joram laat weet: “Die ruiter het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie!” Joram het toe nog ’n boodskapper gestuur, maar presies dieselfde het weer gebeur. Die wag het vir Joram gesê: “Die tweede boodskapper kom ook nie terug nie. En ek dink dit moet Jehu, die seun van Nimsi, wees wat hier aankom, want hy ry soos ’n mal mens!” Die koning het toe beveel: “Kry vir my ’n strydwa gereed!” Koning Joram van Israel en koning Ahasia van Juda het toe op hulle strydwaens vir Jehu tegemoet gery. Hulle het mekaar op die stuk veld ontmoet wat vroeër aan Nabot behoort het. Toe hulle naby aan mekaar was, het Joram geroep: “Jehu, kom jy in vrede?” “Vrede? Wat bedoel jy?” het Jehu gevra. “Hoe kan daar vrede wees terwyl jou ma vreemde gode laat vereer en towery bedryf?” Joram het besef wat aangaan en sy strydwa omgepluk om te vlug. Hy het vir Ahasia geskree: “Dit is verraad, Ahasia!” Jehu het sy boog gespan en Joram tussen die blaaie geskiet. Die pyl het deur sy hart gegaan en hy het net daar bo-op sy strydwa dood inmekaargesak. Jehu het vir Bidkar, sy adjudant, gesê: “Gooi hom net hier op Nabot se stuk grond af. Onthou jy destyds toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab gery het, het Agab die volgende boodskap van die Here af gekry: ‘Ek sweer dat Ek die moord op Nabot en sy seuns gesien het. Ek sal jou en jou familie op hierdie selfde stuk grond laat boet!’ Dus, gooi hom hier op Nabot se grond af, soos die Here gesê het.” Toe Ahasia sien wat gebeur, het hy weggejaag in die rigting van Bet-Gan. Jehu het agter hom aangejaag en vir sy mense geskree: “Skiet hom ook!” By die hoogte van Gur, naby Jiblaim, is hy gewond. Hy kon nog tot by Megiddo wegjaag, waar hy dood is. Sy amptenare het sy lyk op sy strydwa Jerusalem toe geneem en hom daar, in die Stad van Dawid, by sy voorouers begrawe. Ahasia het in Joram se elfde jaar as koning van Israel in Juda begin regeer. Toe Isebel hoor dat Jehu na Jisreël toe op pad was, het sy haar gegrimeer en haar hare versorg. Sy het by die venster gaan staan en buitentoe gekyk. Toe Jehu by die stadspoort inkom, het sy vir hom gevra: “Kom jy in vrede, moordenaar? Jy is net soos Simri wat sy heer vermoor het.” Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant?” Twee of drie van die paleiswerkers het vir hom gekyk. Toe skree hy vir hulle: “Gooi haar daar af!” Hulle het haar toe by die venster uitgegooi. Daar het van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat en Jehu het haar nog verder onder die perdehoewe vertrap. Jehu het toe in die paleis gaan eet en drink. Toe hy versadig was, het hy gesê: “Iemand moet die vervloekte vrou gaan begrawe, want sy was darem ’n koning se dogter.” Toe hulle buite kom, was daar byna niks van haar oor nie. Hulle kon net haar kopbeen, haar voete en haar hande vind. Hulle het vir Jehu gaan vertel wat hulle gekry het. Hy sê toe: “Dit is nou presies wat die Here gesê het met Isebel sou gebeur. Elia, die profeet, het gesê: ‘Honde sal op die oop stuk grond in Jisreël Isebel se vleis eet.’ Haar oorblyfsels sal soos mis op die velde lê en niemand sal weet dit is Isebel se oorblyfsels nie.”

2 KONINGS 9:15-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Maar Joram het na Jisreël toe teruggegaan om te herstel van die wonde wat hy opgedoen het in die geveg teen Gasael van Aram. Jehu sê vir die manskappe by hom: “As julle met my saamstem, sorg dan dat niemand wegkom uit die stad om dit in Jisreël te vertel nie.” Jehu het toe op sy strydwa geklim en na Jisreël toe gery. Koning Joram het daar van sy wonde herstel en koning Ahasia van Juda het hom daar gaan besoek. Terwyl die wag op die toring van Jisreël gestaan het, sien hy Jehu en sy geselskap naderkom. Hy sê: “Ek sien ’n afdeling soldate aankom!” “Stuur ’n perderuiter uit om vas te stel of hulle in vrede kom,” antwoord Joram. Die perderuiter het Jehu tegemoetgegaan en gesê: “Die koning wil weet of jy in vrede kom.” Jehu antwoord hom: “Wat weet jy van vrede af? Val in hier agter my!” Die wag sê toe vir die koning: “Die boodskapper het by hulle aangekom, maar hy kom nie terug nie.” Toe stuur die koning ’n tweede perderuiter. Hy het tot by hulle gery en gevra: “Die koning wil weet of jy in vrede kom.” Jehu het weer geantwoord: “Wat weet jy van vrede af? Val in hier agter my!” Die wag sê weer: “Die perderuiter het by hulle aangekom, maar hy kom ook nie terug nie! Die een wat voor ry, lyk soos Jehu seun van Nimsi, want hy ry soos ’n besetene.” “Gou, kry my strydwa gereed!” beveel koning Joram. Die perde is ingespan en koning Joram van Israel het hom tegemoetgegaan. Koning Ahasia van Juda het ook op sy wa geklim en saamgery. Hulle het Jehu by die grond wat aan Nabot van Jisreël behoort het, ontmoet. Toe koning Joram vir Jehu sien, vra hy: “Kom jy in vrede, Jehu?” Jehu antwoord: “Wat praat jy van vrede terwyl jou ma, Isebel, al hierdie afgodery en toordery beoefen?” Toe draai koning Joram sy strydwa om en vlug terwyl hy vir koning Ahasia skree: “Verraad, Ahasia!” Maar Jehu het sy boog gespan en Joram tussen sy blaaie getref. Die pyl het sy hart deurboor sodat hy op sy strydwa inmekaargesak het. Jehu beveel toe vir Bidkar, sy luitenant: “Vat hom en gooi hom op die grond van Nabot van Jisreël. Onthou jy toe ek en jy saam agter sy pa, Agab, aangery het? Die HERE het toe hierdie uitspraak gemaak: ‘So seker as Ek gister die bloed van Nabot en sy seuns gesien het, so seker sal Ek hom hier op dieselfde stuk grond vergeld.’ Daarom, vat hom en gooi hom op Nabot se grond soos die HERE gesê het.” Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, vlug hy in die rigting van Bet-Gan. Jehu het hom agternagesit en geskreeu: “Skiet hom ook!” By die hoogte van Gur naby Jibleam het hulle hom op sy strydwa gewond. Hy kon tot by Megiddo vlug, maar het daar gesterf. Sy dienaars het hom op ’n strydwa na Jerusalem toe geneem en hom daar in die familiegraf in die Stad van Dawid begrawe. Ahasia het in die elfde jaar van koning Joram se bewind in Israel koning van Juda geword. Toe Isebel, die koninginmoeder, hoor dat Jehu na Jisreël toe gekom het, het sy haar oë geverf, haar hare mooi gemaak en by ’n venster uitgekyk. Toe Jehu die poort binnekom, roep sy na hom: “Kom jy in vrede, jou moordenaar? Jy is nes Simri wat sy koning vermoor het.” Jehu het opgekyk en toe hy haar by die venster sien, roep hy: “Wie is aan my kant? Ja, wie?” Twee of drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe. “Gooi haar af!” skree Jehu. Hulle gooi haar toe daar af sodat haar bloed teen die muur en die perde gespat het. Die perde het haar daar vertrap. Jehu het toe die paleis binnegegaan en daar geëet en gedrink. Daarna sê hy: “Iemand moet tog aandag gee aan hierdie vervloekte vrou. Gaan begrawe haar. Sy is immers ’n koningsdogter.” Hulle het gegaan om haar te begrawe, maar net haar kopbeen, voete en handpalms gekry. Toe hulle terugkom en dit vir Jehu vertel, sê hy: “Dis volgens die woord van die HERE toe Hy deur sy dienaar, Elia die Tisbiet, gesê het: ‘By die stuk grond in Jisreël sal die honde Isebel opvreet. Haar liggaam sal soos mis verstrooi word op die stuk grond in Jisreël sodat niemand haar meer sal kan herken nie.’”