2 KONINGS 23:31-37
2 KONINGS 23:31-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jehoagas was drie-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Gamutal, dogter van Jeremia, uit Libna. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE, net soos sy voorvaders gedoen het. Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou – hy kon nie in Jerusalem regeer nie. Nego het ook die land 'n boete opgelê van honderd kikkar silwer en 'n kikkar goud. Farao Nego het Eljakim, 'n seun van Josia, koning gemaak in die plek van sy vader Josia, en het sy naam verander na Jojakim. Jehoagas het hy geneem en met hom na Egipte gegaan. Jehoagas het daar gesterf. Die silwer en die goud het Jojakim aan die farao gelewer. Hy moes egter die land belas om die geld op bevel van die farao te kon lewer. Volgens elkeen se geskatte waarde, het hy die silwer en die goud by die volk van die land ingevorder om dit aan farao Nego te lewer. Jojakim was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Sebida, dogter van Pedaja, uit Ruma. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE, net soos sy voorvaders gedoen het.
2 KONINGS 23:31-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, 'n dogter van Jeremia uit Libna. Joahas het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg. Farao Neko het vir Joahas gevang en in Ribla, in Hamat, in die tronk gehou sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. Neko het die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud. Daarna het farao Neko vir Eljakim seun van Josia koning gemaak in sy pa se plek, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas na Egipte toe gevat, en hy is daar dood. Jojakim het die goud en die silwer aan die farao betaal. Om te betaal wat die farao geëis het, moes hy die land aanslaan. Hy het die goud en die silwer van die burgers van die land geëis, van elkeen volgens sy aanslag, en dit aan farao Neko betaal. Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sebida, 'n dogter van Pedaja uit Ruma. Jojakim het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg.
2 KONINGS 23:31-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem regeer. Sy ma was Gamutal, dogter van Jeremia uit Libna. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE, net soos sy voorvaders gedoen het. Farao Neko het Joahas in Ribla, in die land Hamat, gevange geneem sodat hy nie verder kon regeer nie. Hy het Juda ook ’n boete opgelê van drie en ’n halwe ton silwer en 34 kilogram goud. Farao Neko het toe vir Eljakim seun van Josia as koning in die plek van sy pa aangestel. Die farao het Eljakim se naam verander na Jojakim. Joahas is as gevangene na Egipte toe geneem, waar hy gesterf het. Ten einde die silwer en goud wat farao Neko as boete opgelê het, te betaal, het Jojakim ’n belasting op die burgers van die land gelê. Elkeen moes volgens hulle vermoëns betaal. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Sebida, ’n dogter van Pedaja uit Ruma. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE, net soos sy voorouers gedoen het.
2 KONINGS 23:31-37 Bybel vir almal (ABA)
Joahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was drie maande lank koning in Jerusalem. Sy ma was Gamutal dogter van Jeremia, van die stad Libna. Joahas het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos party van sy voorvaders. Die farao Neko het vir Joahas gevang en hy het vir Joahas in Ribla in die land Hamat gehou, sodat Joahas nie koning kon wees in Jerusalem nie. Die farao het gesê die land Juda moet vir hom 100 talente silwer en een talent goud betaal. Die farao Neko het vir Eljakim seun van Josia koning gemaak ná Josia. Hy het Eljakim se naam verander, hy het vir hom die naam Jojakim gegee. Die farao het vir Joahas na Egipte geneem en Joahas het daar gesterf. Jojakim moes die silwer en die goud vir die farao betaal, en hy het gesê elke persoon in die land moet iets gee sodat hy dit kan betaal. Jojakim was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Sebida, dogter van Pedaja, van die stad Ruma. Jojakim het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos party van sy voorvaders.
2 KONINGS 23:31-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DRIE-EN-TWINTIG jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, die dogter van Jeremia, uit Libna. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vaders gedoen het. Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud. En Farao Nego het Éljakim, die seun van Josía, koning gemaak in die plek van sy vader Josía en sy naam verander in Jójakim, maar Jóahas saamgeneem. So het hy dan in Egipte gekom en daar gesterwe. En die silwer en die goud het Jójakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer. Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, 'n dogter van Pedája, uit Ruma. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vaders gedoen het.
2 KONINGS 23:31-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, 'n dogter van Jeremia uit Libna. Joahas het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg. Farao Neko het vir Joahas gevang en in Ribla, in Hamat, in die tronk gehou sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. Neko het die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud. Daarna het farao Neko vir Eljakim seun van Josia koning gemaak in sy pa se plek, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas na Egipte toe gevat, en hy is daar dood. Jojakim het die goud en die silwer aan die farao betaal. Om te betaal wat die farao geëis het, moes hy die land aanslaan. Hy het die goud en die silwer van die burgers van die land geëis, van elkeen volgens sy aanslag, en dit aan farao Neko betaal. Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sebida, 'n dogter van Pedaja uit Ruma. Jojakim het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg.
2 KONINGS 23:31-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jehoagas was drie-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Gamutal, dogter van Jeremia, uit Libna. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE, net soos sy voorvaders gedoen het. Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou – hy kon nie in Jerusalem regeer nie. Nego het ook die land 'n boete opgelê van honderd kikkar silwer en 'n kikkar goud. Farao Nego het Eljakim, 'n seun van Josia, koning gemaak in die plek van sy vader Josia, en het sy naam verander na Jojakim. Jehoagas het hy geneem en met hom na Egipte gegaan. Jehoagas het daar gesterf. Die silwer en die goud het Jojakim aan die farao gelewer. Hy moes egter die land belas om die geld op bevel van die farao te kon lewer. Volgens elkeen se geskatte waarde, het hy die silwer en die goud by die volk van die land ingevorder om dit aan farao Nego te lewer. Jojakim was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Sebida, dogter van Pedaja, uit Ruma. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE, net soos sy voorvaders gedoen het.
2 KONINGS 23:31-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Joahas was drie en twintig jaar oud toe hy koning geword het; en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Hamutal, die dogter van Jeremia, uit Libna. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, net soos sy vaders gedoen het. En Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, in bendes opgestel, sodat hy nie in Jerusalem sou regeer nie; en gee aan die land 'n belasting van honderd talente silwer en 'n talent goud. En Farao Nego het Eljakim, die seun van Josia, koning gemaak in die kamer van sy vader Josia, en sy naam verander na Jójakim en Joahas weggeneem; en hy het in Egipte gekom en daar gesterf. En Jojakim het die silwer en die goud aan Farao gegee; maar hy het die land belas om die geld te gee volgens die bevel van Farao; hy het die silwer en die goud van die mense van die land, van elkeen volgens sy belasting, geëis om dit aan Farao Nego te gee. Jojakim was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het; en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Sebuda, die dogter van Pedaja uit Ruma. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, net soos sy vaders gedoen het.
2 KONINGS 23:31-37 Die Boodskap (DB)
Joahas was 23 toe hy koning geword het en hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Gamutal, ’n dogter van Jeremia uit Libna. Die Here was nie tevrede met die dinge wat Joahas gedoen het nie. Hy het die slegte voorbeeld van sy voorouers gevolg. Farao Neko het Joahas gevang en in Ribla in die land Hamat opgesluit, sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. As straf het Neko drie en ’n half ton silwer en 34 kilogram goud van Juda geëis. Hy het toe vir Eljakim, ’n ander seun van Josia, in Jerusalem koning gemaak en sy naam na Jojakim verander. Hy het ook vir Joahas saamgevat Egipte toe, waar hy later dood is. Jojakim moes die boete aan farao Neko betaal. Om dit te kon doen moes almal in Juda belasting betaal. Elkeen moes betaal volgens hulle rykdom. Jojakim was 25 toe hy koning geword het en hy het elf jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Sebida, ’n dogter van Pedaja uit Ruma. Die Here was nie tevrede met wat Jojakim gedoen het nie. Hy het die slegte voorbeeld van sy voorouers gevolg.