2 KONINGS 22:1-2
2 KONINGS 22:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Josia was ag jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 31 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Jedida dogter van Adaja, van die stad Boskat. Josia het dinge gedoen waarvan die Here hou. Hy het gelewe presies soos sy voorvader Dawid.
2 KONINGS 22:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JOSÍA was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, 'n dogter van Adája, uit Boskat. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.
2 KONINGS 22:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josia was ag jaar toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jedida, 'n dogter van Adaja uit Boskat. Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.
2 KONINGS 22:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een-en-dertig jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Jedida, dogter van Adaja, uit Boskat. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die HERE. Hy het in alle opsigte die pad van sy voorvader Dawid gevolg en nie links of regs daarvan afgewyk nie.
2 KONINGS 22:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Jedida, die dogter van Adája, uit Boscat. En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, en in die hele weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.
2 KONINGS 22:1-2 Die Boodskap (DB)
Josia was maar agt jaar oud toe hy koning geword het en hy het 31 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jedida, ’n dogter van Adaja uit Boskat. Wat Josia gedoen het, het die Here baie tevrede gestel. Hy het soos sy voorvader Dawid regeer en dit nie eers oorweeg om iets verkeerds te doen nie.
2 KONINGS 22:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het en het 31 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Jedida, die dogter van Adaja uit Boskat. Hy het gedoen wat vir die HERE reg was en het die voorbeeld van sy voorvader Dawid nagevolg sonder om daarvan links of regs af te wyk.