2 KONINGS 12:2
2 KONINGS 12:2 Bybel vir almal (ABA)
Joas het dinge gedoen waarvan die Here hou. Dit was so in die tyd toe die priester Jojada vir Joas geleer het.
2 KONINGS 12:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.
2 KONINGS 12:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die jare wat die priester Jojada sy leermeester was, het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here.
2 KONINGS 12:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jehoas het gedoen wat reg is in die oë van die HERE solank as wat die priester Jojada hom onderrig het.
2 KONINGS 12:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE al sy dae waarin die priester Jojada hom onderrig het.