2 JOHANNES 1:12-13
2 JOHANNES 1:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie ander dinge wat ek ook vir julle wil sê, maar ek wil dit nie in 'n brief skryf nie. Ek hoop ek sal na julle toe kan kom. Dan kan ons met mekaar praat en dan sal ons almal baie bly wees. God het ook ons gemeente gekies. Al die gelowiges in ons gemeente stuur groete vir julle.
2 JOHANNES 1:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees. Die kinders van u uitverkore suster groet u. Amen.
2 JOHANNES 1:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees. Die kinders van jou uitverkore suster stuur vir jou groete.
2 JOHANNES 1:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met ink op papirus doen nie, maar ek hoop om na julle te kom, en van aangesig tot aangesig te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees. Die kinders van jou uitverkore suster groet jou.
2 JOHANNES 1:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat ek baie dinge het om aan julle te skryf, wil ek nie met papier en ink skryf nie; maar ek vertrou om na julle te kom en van aangesig tot aangesig te spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees. Die kinders van jou uitverkore suster groet jou. Amen.
2 JOHANNES 1:12-13 Die Boodskap (DB)
Ek het nog so baie om aan julle te skryf. Dit gaan egter vir ons almal baie lekkerder wees om dit persoonlik met mekaar te bespreek. Ek hoop daarom om binnekort by julle te kom kuier. Ek skryf dus nie verder nie. Die gemeente hier - of, soos gelowiges ook kan sê, “die kinders van jou uitverkore suster” - stuur groete.
2 JOHANNES 1:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het nog baie dinge om aan julle te skryf, maar ek wil dit nie met papier en ink doen nie, omdat ek hoop om by julle uit te kom en van aangesig tot aangesig met julle te praat, sodat ons ten volle gelukkig kan wees. Die kinders van jou suster, die vrou wat uitgekies is, stuur vir jou groete.