2 KRONIEKE 20:19
2 KRONIEKE 20:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Leviete uit die nageslag van Kehat en die nageslag van Korag het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met baie harde stemme te loof.
2 KRONIEKE 20:19 Bybel vir almal (ABA)
Toe het die Leviete van die Kehat-familie en die Korag-familie opgestaan om die Here, die God van Israel, te prys. Hulle het baie hard gesing.
2 KRONIEKE 20:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n baie groot stem te prys.
2 KRONIEKE 20:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.
2 KRONIEKE 20:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Leviete uit die nageslag van Kehat en die nageslag van Korag het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met baie harde stemme te loof.
2 KRONIEKE 20:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Leviete, uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Korhiete, het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n groot stem in die hoogte te loof.