1 TIMOTEUS 5:23-25
1 TIMOTEUS 5:23-25 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie aanhou om net water te drink nie. Jy moet ook 'n bietjie wyn drink vir jou maag, want jy is baie maal siek. 'n Mens kan party mense se sondes maklik sien, jy weet dat God hulle sal oordeel. Maar ander mense se sondes sien jy later. So kan 'n mens ook baie maklik sien dat party mense goeie dinge doen. En as 'n mens dit nie nou kan sien nie, dan sal jy dit later sien.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede. Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna. Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie langer net water drink nie. Gebruik 'n bietjie wyn vir die maag en vir jou herhaalde ongesteldhede. Party mense sondig so openlik dat hulle sondes hulle vooruitloop na die oordeel toe. By ander kom die sondes eers later aan die lig. So is dit ook met goeie dade: almal kan dit sien. En dié wat nie sigbaar is nie, kan nie verborge gehou word nie.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie langer net water drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn vir jou maag en jou gereelde ongesteldhede. Die sondes van sommige mense is baie duidelik, en loop hulle daarom vooruit op pad na die oordeel; maar ander se sondes agtervolg hulle. Net so is goeie werke baie duidelik sigbaar, en wanneer dit nie die geval is nie, kan dit nie vir lank verborge bly nie.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Drink nie meer water nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou dikwels swakhede. Sommige mense se sondes is vooraf oop en gaan voor die oordeel uit; en 'n paar manne wat hulle agtervolg. Net so is ook die goeie werke van sommige vooraf openbaar; en die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Die Boodskap (DB)
Jy hoef nie net water te drink nie. Jy kan maar ook ’n bietjie wyn drink vir jou maag en al die ander kwale wat jy kort-kort het. In die gemeente werk dit so: party mense doen sommer oop en bloot dinge waarvan God nie hou nie. Almal weet daarvan nog voor die saak behoorlik ondersoek is. Ander doen dit weer stilletjies en in die geheim. ’n Mens hoor eers later daarvan as dit ondersoek word. Dieselfde geld vir die goeie dinge wat ’n mens doen. Almal kan dit sien en weet daarvan. Maar selfs al weet mense nie dadelik daarvan nie, sal hulle wel die een of ander tyd agterkom wat gedoen is.
1 TIMOTEUS 5:23-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie aanhou om net water te drink nie; drink ’n bietjie wyn ter wille van jou maag omdat jy so dikwels siek word. Onthou, sommige mense lei openlik sondige lewens, en almal weet dat hulle geoordeel sal word. Ander weer se sondes sal eers later aan die lig kom. Net só weet almal hoeveel goed sommige mense doen; ander weer se goeie dade is minder sigbaar, maar hulle kan nie verborge bly nie.