1 TIMOTEUS 5:1-3
1 TIMOTEUS 5:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Ouer man moet jy nie skerp berispe nie, maar vermaan hom soos 'n vader, en vermaan jonger mans soos broers, ouer vroue soos moeders, jonger vroue soos susters – en dit alleen met suiwer bedoelings. Betoon eer aan weduwees wat werklik weduwees is.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie kwaai praat met 'n man wat baie ouer as jy is nie. Jy moet vir hom sê hoe hy moet lewe, maar jy moet met hom praat soos jy met jou pa praat. Jy moet met die jonger mans praat soos jy met jou broers praat. Jy moet ook met ouer vroue praat soos jy met jou ma praat. Wanneer jy met jonger vroue praat, dan moet jy met hulle praat soos jy met jou susters praat, jy moenie aan onsedelike dinge dink nie. Daar is weduwees wat nie familie het wat vir hulle kan sorg nie. Jy moet hulle respekteer en vir hulle sorg.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEJAARDE man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers, bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid. Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Ouer man moet jy nie skerp teregwys nie, maar vermaan asof hy jou vader is. Vermaan die jonger mans soos jou broers, die ouer vroue soos moeders, en die jonger vroue soos susters, in alle eerbaarheid. Versorg die weduwees wat werklik alleen agtergelaat is.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Ouer man moet jy nie skerp berispe nie, maar vermaan hom soos 'n vader, en vermaan jonger mans soos broers, ouer vroue soos moeders, jonger vroue soos susters – en dit alleen met suiwer bedoelings. Betoon eer aan weduwees wat werklik weduwees is.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bestraf 'n ouderling nie, maar smeek hom as 'n vader; en die jonger manne as broers; Die ouer vroue as moeders; die jonger as susters, met alle reinheid. Eer weduwees wat waarlik weduwees is.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Die Boodskap (DB)
Moenie te kwaai met ’n ouer man praat nie. Praat liewer mooi met hom asof hy jou eie pa is. Jonger mans moet jy behandel asof hulle jou broers is, ouer vroue asof hulle jou ma is en jonger vroue asof hulle jou susters is. Jy moet hulle altyd so behandel dat hulle jou sal respekteer. Kyk mooi na die weduwees wat werklik niemand het om vir hulle te sorg nie.
1 TIMOTEUS 5:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moet nooit onbeskof met ’n ouer man praat nie, maar spoor hom met respek aan asof hy jou eie pa is. Praat met die jonger mans soos wat jy met jou eie broers sou praat. Vermaan die ouer vroue soos jou ma, en vermaan die jonger vroue met alle eerbied soos jou eie susters. Respekteer en versorg dié weduwees wat niemand anders het om na hulle om te sien nie.