1 TESSALONISENSE 5:13
1 TESSALONISENSE 5:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:13 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet julle leiers respekteer en baie lief wees vir hulle, want hulle doen belangrike werk. Julle moet só lewe dat daar vrede is tussen julle.
1 TESSALONISENSE 5:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en om, op grond van hulle werk, in liefde en met die hoogste agting teenoor hulle op te tree. Leef in vrede met mekaar.
1 TESSALONISENSE 5:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En om hulle in liefde baie hoog te ag ter wille van hulle werk. En wees in vrede onder mekaar.