1 SAMUEL 8:1-3
1 SAMUEL 8:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as leiers oor Israel aangestel. Die oudste se naam was Joël en dié van die tweede Abia. Hulle was leiers in Berseba. Maar Samuel se seuns was nie soos hy nie: hulle het hulle verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai.
1 SAMUEL 8:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns gekies en aangestel om regters te wees oor die Israeliete. Die oudste seun se naam was Joël, en die tweede seun se naam was Abia. Hulle was regters in Berseba. Maar Samuel se seuns het nie gedoen soos hy nie. Hulle het gedoen wat die beste was vir hulleself. Hulle het ook omkoopgeld geneem en nie reg ge-oordeel nie.
1 SAMUEL 8:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel. Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Abía, rigters in Berséba. Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.
1 SAMUEL 8:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as leiers oor Israel aangestel. Die oudste se naam was Joël en dié van die tweede Abia. Hulle was leiers in Berseba. Maar Samuel se seuns was nie soos hy nie: hulle het hulle verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai.
1 SAMUEL 8:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel. Sy eersgebore seun se naam was Joël en sy tweede seun se naam was Abia. Hulle was rigters in Berseba. Sy seuns het egter nie in sy voetspore gevolg nie. Hulle was uit op winsbejag, het omkoopgeskenke aanvaar en het die reg verdraai.
1 SAMUEL 8:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Samuel oud was, het hy sy seuns rigters oor Israel aangestel. En die naam van sy eersgeborene was Joël; en die naam van sy tweede was Abía; hulle was regters in Berséba. En sy seuns het nie in sy weë gewandel nie, maar agter gewin afgewyk en omkoopgeskenke aangeneem en die oordeel verdraai.
1 SAMUEL 8:1-3 Die Boodskap (DB)
Toe Samuel ’n ou man was, het hy sy seuns aangestel om regters te wees vir die Israeliete. Sy oudste seun was Joël en die tweede Abia. Hulle was regters in Berseba. Maar hulle het nie hulle pa se voorbeeld gevolg nie. Die twee was net daarop uit om geld te maak. Hulle het omkoopgeskenke by die mense gevat en in die hof sommer net gesê waarvan die mense gehou het.
1 SAMUEL 8:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Samuel ouer begin word, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel. Sy twee oudste seuns, Joël en Abia, was rigters in Berseba. Hulle het anders as Samuel opgetree en was ingestel op eie gewin en omkopery, en selfs in die regspraak was hulle korrup.